So wakker soos ‘n rakker

DSC02778

DSC02779

DSC02783

DSC02786

DSC02785

DSC02794

DSC02795

DSC02796

Sjoe! as ek julle als moet vertel wat die week gebeur het, gaan julle nie dit glo nie! Eintlik weet julle nog nie watse stoute honne ek nog die hele tyd is nie…en dis dat ek hierdie probleem het om my eie poefies te eet! Ag sies, ek wonder hoe kry ek dit reg! En Ounooi hulle moet altyd by my wees om als op te tel om seker te maak ek doen dit nie. Toe gaan Ounooi-hulle weer na die veearts toe en sy sê hulle moet so bietjie pynappelsap oor my kossies strooi, want dit sal ‘n baie, baie slegte smaak los en ek sal dit nie wil eet nie. En toe’s daar drama! Toe het ek vir so drie dae ‘n maagprobleem! Julle wil nie weet hoe erg nie. Ounooi-hulle is toe terug veearts toe, die keer met my saam. Daar word ek toe allerlei medisynes gegee en dis toe wat Ounooi-hulle heeltyd gedink het…dat ek nog al die tyd – van die begin af – een of ander maagontsteking  gehad het en dat dit nou opgelos is. Dit het veroorsaak dat my kos nie verteer het nie en dit basies “heel” uitgekom het en dis waarom ek dit weer wou eet…want dit was my pille! [yuk, ek hoop nie iemand het sover al hier rond op my blog gekotties nie, want Ounooi wil dit aanmekaar doen!]

Nou sien julle foto’s van ‘n eers-lewendige honne! Almal hier in hierdie huis dink ek is sommer nou meer piekfyn as vantevore! Kyk hoe moeg speel ek vir Poplap hier op die foto’s. Sy moes net woes met haar bene rondstaan gisteraand en selfs Oubaas het sy hande volgehad [soos julle kan sien] met my. Op die tweede foto kan julle sien hoe ek die afgelope tyd gegroei het. Ek is sommer nou ‘n groot honne!

Ek wonder wat dink julle wat dink ek op daardie tweede-laaste foto, my linkeroog is so leepoog. Ek gee tien woefe vir die snaakste gedagtes!

Trolle!

DSC00943

Toe Ounooi hierdie foto tussen haar foto’s sien toe was sy darem weer baie, baie lus vir so ‘n lekker roomys! Sjoe, toe maak sy my net so lus. Ek weet nog nie van roomys nie, maar Ounooi het dit so baie, baie lekker laat klink!

DSC02411

Hier is ek weer in die bos! Ek het julle annerdag vertel hoe goed ek is om deur hierdie woud te stap.

DSC02410

Ek het natuurlik vir Ounooi moedeloos gehad en het met ons stappie daarheen letterlik elke korreltjie grond beruik.

DSC02422

Hier by hierdie hekkie – wat natuurlik gesluit is – het ek ook gaan ruik. Natuurlik moes Ounooi weer staan en wag vir my om elke liewe stukkie van die hek te beruik. Ai tog, ek moet dit mos beruik om seker te maak ons is veilig…sê nou net hier is trolle in die woud! Ek moet darem van hulle weet as hulle hier is!

DSC02692

Hierdie nuwerige paadjie was darem erg begroei en Ounooi-hulle moes die hele tyd oppas vir daardie brandnetel-goete! Sy wou sommer ‘n hele bos vir Ounooi Brandnetel stuur vir haar blog. Haar blog sal darem mooi lyk as hy vol brandnetels is. [nê Ounooi Vlam! [Brandnetel?]

DSC02690

Hierdie foto is bietjie “anders“, ek hoop julle weet wat dit is, ek het net so gekyk en ‘n woef gegee.

DSC027409

Hier het ek sommer tien woefe gegee toe ek daardie honne sien. Dis natuurlik ek! Ek was weer besig om te snuffel…dalk was daar grastrolle of mol-trolle…ek moet altyd aan alles snuffel. Julle kan ook sien dat ek op hierdie foto sonder my leiband is. Dis te heerlik!

Van wolke en groot word

DSC02746

DSC02736

Sjoe, Ounooi het die afgelope tyd maar bitter min tyd gehad om by my blog uit te kom. Ek kom maak altyd vir haar “boude” en vra haar mooi, maar elke keer kry ek net ‘n Ounooi wat voor die rekenaar sit met groot skoolwerk en as ek daardie Dida-website weer op haar rekenaar gaan kry, gaan ek sommer tien harde woefe gee sodat julle my almal kan hoor. Ek dink ek raak nou moeg om daardie website voor haar oge te sien. Sy sien my amper nie eers meer raak nie. Woef! Ek moet darem sê dat sy my nie afskeep met drukkies en “treats” nie en sy leer my selfs nou om te “staan”. Sjoe, ek kry dit amper al reg! Hierdie twee foto’s oor die wolke het ek Ounooi help uitkies. Ek het net vir die ene woef gesê en toe kies Ounooi ook een. Julle sal onthou met die vorige inskrywing dat Ounooi gesê het dat sy nog van Poplap se foto’s sal plaas. Julle kan ook op die volgende foto’s sien hoe groot het ek geword! Ek het selfs saam met Oubaas in die kar baie, baie soet gery toe ons Poplap gaan aflaai het en weer vandag gaan kry het. Sy was by ‘n Sondagskoolkamp en sy moes die klein boetas en poplappies gaan speletjies leer en sjoe! Toe hulle my sien, het hulle almal my bestorm en my so moeg gespeel, ek wou niks van treats en al sulke dinge af weet nie. Ek het reguit vir my bank-bed gegaan en daarop plat neergeval. Ek dink ek was poot-uit en tong-uit en alles was sommer net uit. Ek wonder of julle ook sulke dae kry wat maak dat alles sommer ook net “uit” en weg is. Die donkerte het so gou oor my ogies gekom en skielik was almal net “weg”!  Op hierdie eerste foto van my in die straat kan julle sien hoe veilig en versigtig ek vir al daardie nare brrrrmmm-brrrrmmm’s is. Ek wonder of julle op die ander twee foto’s raaksien dat ek byna my baba-hare afgegooi het. Ek hoor Poplap-hulle praat so aanmekaar van my pels, ek moet nog leer van pelse en al sulke dinge. Op die ander twee foto’s kan julle seker sien hoe ek weer my kos uitrol. Julle sal ‘n vorige inskrywing van Ounooi onthou oor die kos-balletjie. Ek stoot hom sommer nou so vinnig met my neus rond, een-twee-drie en al my pille is opgeëet.

DSC026811

DSC02776

DSC02777

Dis donker, donker middernag!

DSC02775

Lees die GEDIG hier! Die gedig se naam is ‘Middernag’. Die link sal oopmaak in ‘n nuwe bladsy. Die gedig is geskryf deur DF Malherbe.

Hierts! Kyk net hoe spoggerig lyk ek hier in die donker met my pen-orent oortjies. Oubaas probeer al ‘n paar dae om altwee my oortjies so regop te kry, maar o weë, ek hou my een oortjie aanhoudend af. Ounooi het gedink dis ‘n bakgat-foto wat Poplap geneem het. Poplap-hulle het baie laat met my gaan stap en sjoe, ek was maar bietjie skrikkerig. Ek het maar net naby almal gebly wanneer die leiband bietjie afgehaal is. Ek is darem nog altyd baie soet.

DSC02774

Hierdie is ‘n foto van my speelplek – die agtertuin, nou nie dat ons rêrig ‘n tuin aan die voorkant het nie – soos Ounooi sal sê.

DSC02759

Foto’s van plekke op my staproete! Ounooi sê die winter is oppad, want dit raak al vroeër donkerder.

DSC02761

DSC02753

En hier sit die uwe, met Oubaas besig om my bietjie van my leiband af te kry, sodat ek bietjie vry kan rond hardloop! Ai, dis tog te heerlik vir my!

DSC02744

DSC02726

Ek dink Poplap het nogal oulike foto’s geneem, ek wys vir julle later nog! Ek gaan nou eers doeks.

Toppetade

wilwies_00940121-0001-thumb4

wilwies_00940121-0008-thumb4

Ounooi het hierdie oulike honne-boek op haar rekenaar gekry en te heerlik vir my ‘n honne-storie gelees, maar sy het gesê sy het so bietjie TLC nodig en toe gee ek vir haar bietjie TLC. Die van julle wat nie weet waarvoor TLC staan nie…vra maar net vir my, ek is ‘n slim honne.

DSC02643

Sjoe, eina, brrrrrrr…watse knoppies kry ek nou hier op my honne-maag! O, Ounooi sê dis hoenervleis! Hoenervleis! Ek het die hoeners gesien, ek kan nie hulle vleis ook kry nie! Nee, ek dink Ounooi het dit mis, maar dalk is sy ook bietjie slimmer as ek. Hierdie spinnetop het Ounooi hier by ons voordeur afgeneem! O, nou wil julle weet hoekom ek spinnetop sê? Ounooi het my mooi vertel dat Poplap nie “spinnekop” kon sê toe sy so 2 jaar oud was nie, sy het ook met die rrrrr gesukkel en sy was lief vir haar wye looi lokkie wat so in die londte opgelig het as sy so vinnig in die londte gelaai het. Sy het Oubaas eendag in die garage geroep toe sy baie toppetade gesien het. Oubaas het lekker vir haar gelag.

DSC02634

Hierdie foto het baie toppetade! Ek hou daarvan om vir Poplap te na-aap! Ek dink sy is slim.

DSC02663

Oeeee!! Ek wonder wie onthou my maatjie se naam! Vyf woefe vir jou! Leidraad: kyk na my vorige poot-spoortjies!

DSC02513

En wie is hierdie haas wat lyk of die koplamp se lig in sy oë skyn! sjoe, kyk net daardie ole van my!

Wha!

DSC02678

Yikes, hier’s ek weer! Ounooi was weer so ‘n skelm gewees, sy roep my so ewe en ek het gedink ek moet kom “boude” maak, toe kliek-kliek sy so vinnig toe ek ingestorm kom, maar nou kan julle sien hoe lyk ek vandag, 5 kg swaarder as toe ons hier ingetrek het! Aita, ek weeg nou ‘n mooi ronde 10kg. Sjoe, ek weet nie mooi of dit vet of swaar is nie en of dit meen ek moet op ‘n dieet gaan nie, ek sal maar vir Ounooi moet vra wat dit beteken!

DSC02194

Hier kan julle my kossies sien wat ek eet, maar ek eet ook nie meer die kossies van die pak aan die regterkant nie, nee, ek is nou bietjie groter en ek eet nou net die pak aan die linkerkant se pille. Ek “gobble” dit so vinnig op – o ja, ek het vergeet om uit te vind wat “gobble” is, Oubaas sou nog vir my gesê het, maar nou kry ek dit in daardie rooi balletjie wat julle op my inskrywing van “Waa’s die kos dan nou” gesien het. Partykeer strooi Poplap dit die hele vloer vol, sodat ek dit nie so vinnig moet eet nie, dit maak my lam! Kan iemand asseblief hier vir haar ‘n boodskap los en net vir haar sê. Ek is seker julle gaan almal vir haar hier dit kan doen, ek sal tog so bly wees, want ek vat  so baie lank om al die pilletjies opgeëet te kry.

Vanoggend het Ounooi so lekker vir my gelag. Oubaas het my geleer net om so saggies te woef as ek nie regtig seker is of ek moet blaf nie. Vanoggend het sy langs my op my bank gesit en tee drink – dit was nog toe die hele familie gelê en slaap het! – toe maar ek sulke woef-woef geluidjies net so bo-langs en soms was dit net so ‘n geblaas deur my neus. Ounooi het baie vir my gelag en gedink dis baie snaaks. Sy het ook sommer hard gelag toe ek op die bank “boude” maak en amper agteroor val, sy moes net baie woes keer sodat ek nie afval en dalk my kop seermaak nie. Ek moet nog my balans baie oefen en kan dit nog nie op my eie regkry nie, sjoe, dis darem swaar om ‘n honne te wees wat nog leer. [as jy hier lees en nie weet wat “boude” is nie, maak seker dat jy my inskrywing oor “boude” lees sodat jy kan weet waaroor dit als gaan]

DSC02195

Hier sien julle nou wat Oubaas-hulle moet saamneem as ons gaan stap. Elke keer as ek ‘n nommer-2-glipsie kry, moet hulle dit optel en in ‘n sakkie binne-in die honne-asblik sit. [julle het ook al die rooi honne-asblik-foto gesien wat Ounooi vir julle gewys het] Dis nie baie lekker vir Oubaas-hulle nie, veral Boeta hou net mooi niks daarvan nie en hou altyd die sakkie ver voor hom uit aan ‘n punt as hy dit moet doen, ek weet nie eintlik hoekom nie, want Oubaas sê vir hom dat “dit als in die sakkie is en jy net die sakkie dra,” maar Boeta wil nie luister nie, hy trek sy neus ook so baie snaaks as hy dit moet doen. Ounooi hoef dit gelukkig nooit te doen nie, sy is baie happy, want Poplap en Boeta het haar belowe hulle gaan mooi na my kyk as sy “ja”  sou sê vir ‘n woefie.

DSC02197

Op hierdie foto kan julle sien hoe my halsband and leiband van naby lyk, dit kan verstel word en ek kan lekker ver vooruit loop. Soms maak Ounooi-hulle my sommer helemal los en loop ek vry rond. Dit is sommer baie, baie lekker! Ounooi het iets belowe van “nog foto’s van die omgewing bietjie later”, ek weet nie mooi wat sy daarby bedoel nie, miskien sal julle beter weet. Ek dink julle moet ook weer later kom kyk wat sy hier doen, sy is bietjie baie moeg na al die groot boetas en poplappe wat sy leer, sy maak en praat bietjie snaaks.[hehe]

Een oor op en een oor af

DSC02674

DSC02672

Ounooi sê vanaand ek werk op haar hartsnare! Ek wonder of iemand my tog bietjie kan help en meer verduidelik. Sy is nou te besig met boeta-en poplapwerk en sê sy sal my “later” verduidelik wat dit is. As Ounooi eers sê “later”, dan moet ek weet…O ja, ek hoop julle kyk mooi na my ore op die twee foto’s. Eintlik het ek ‘n nuwe oor-styl en my een oortjie is meeste van die tyd af, ek weet nie wat het die kamera hier aangevang nie.

Hier sit ek in die studeerkamer reg langs Ounooi, ek kom maar bitter selde hier, want ek weet al wat “studeer” is en dis nie lekker nie. Deesdae kom ek hier, want ek het nou baie gou [veral na gisteraand se “boude”] agtergekom dat ek hier ietsie lekkers kan kry. [sjoe, ek is ‘n slim honne] Ek het baie gou agtergekom dat ek net gou hier moet kom en “boude” maak – wat Ounooi skielik “kom-kom” begin noem en ek weet sommer al klaar wat dit is. Sy hou net haar hand vir my en dan spring my twee pootjies [ ek weet nie hoekom nie, dit gebeur sommer net vanself!] na haar hand! Ai, dan word daar dadelik vir my ‘n lekker ietsie gegee. Ek hoor Ounooi-hulle gebruik die woord “treat”. Sjoe, daardie woord beteken baie beslis iets lekkers, julle moet dit asseblief ook leer. Ek wonder of Zuma van Ounooi Vlam ook daardie woord gaan leer en of hy ‘n “swart” woord gaan leer vir dit. [hehe]. Ounooi sê dat Ounooi Vlam moet maar kyk of “monate” gaan werk moet Zuma, sy is nie seker of hy Noord-Sotho sal verstaan nie, sy dink dalk gaan hy eerder Xhosa verstaan…[bwhabwhabwha!][sorry, Ounooi Vlam, ek meen nie om vir Zuma te boelie nie, dis Ounooi wat sulke goete uitdink hier, ek is ‘n soet honne!]

Boude

DSC02667

Liewe genade! Ek het darem vreeslike goete gehoor van groot boetas en poplappe vandag. Eintlik die afgelope week al! Ounooi vertel so baie, my kop draai al behoorlik. Sy vertel van die boetas en poplappe wat sy moet leer en hulle is nou in hul laaste jaar van verpligte skool, hmm…dit maak hulle so sestien jaar oud en hulle sal dan sewentien wees teen die einde van die jaar.

Nou vra julle wat het die spul engelse boetas en poplappe met ‘n Afrikaanse honne te doen, wel alles, sê ek vir julle! Ek is sommer baie slimmer as hulle. My Afrikaans is sommer baie, baie beter as hulle s’n ook! Wat weet hulle nou van “sit” en “poot” en al die dinge! Ek is ‘n honne en ek weet baie meer. Ounooi het my nou iets nuuts begin leer, sommer net gisteraand so gou-gou en ek ken dit al! Sjoe, as julle wil hê Ounooi moet julle leer, dan moet julle net weet, sy leer jou sommer in ‘n paar sekondes enige iets!

Ounooi het my vertel van haar Jackie-honne. Dis die klein Jack Russeltjie wat julle die ander dag hier op my blog gesien het. Sy het vertel hoe het sy vir Jackie binne twintig minute – maar met rosyntjies! – geleer het om te “boude!” Ai, wat leer sy tog ons honne om te doen! (ek bloos nou bloedrooi hier, julle moet dit net weet! – enige honne sal vir enige iets bloos) Sy het vir my nou geleer om te “sit”, lankal al. Nou wil sy graag hê ek moet op my agterstewe gaan sit met my twee pootjies opgelig en sy sê sy kon nie aan iets anders dink as om “boude” te sê nie…[hehe Sy lag nou heerlik oor al die searches wat hier by my blog gaan uitkom met hierdie woord!]

Ok, [nou hoop ek Ounooi Vlam lees nou mooi die instruksies hier! hehe] eerstens het sy haar hand vir my gehou en ek het my poot gegee – soos gewoonlik – en toe sê sy vir my “boude” (stadig in lettergrepe sodat ek mooi moes luister wat sy wou hê) en ek het aan die begin niks gedoen nie, maar sy het my gewys dat ek my ander poot moes optel en my soort van gehelp-op-stoot en toe sit ek met twee pootjies in haar hand. Ounooi het dit ‘n paar keer gedoen – met ‘n “treat” natuurlik en ek het dit meer kere gedoen – vir die treat, nê [julle moet net dit weet ook!]

Vanmiddag toe Ounooi klaar geëet het [eintlik vanaand], vat sy toe weer treats en sy “boude” my aanmekaar en ek het sommer flink en vinnig myself opgehys en die ander pootjie ook vir haar gegee [natuurlik net om die treat te kry, hoe anders dink julle mense nou!] Sjoe, Ounooi is geweldig beindruk dat ek “boude” van gisteraand kon onthou het tot vanmiddag.  Ek stem saam met Ounooi, ek dink ek het ‘n IK van ‘n tienjarige kind! – alhoewel ek eintlik nog nie mooi weet van IK nie, maar dit klink sommer baie lekker, soos ‘n treat. Al wat Ounooi nou nog sê, – sy moet my ook nog meer daarvan leer en vertel – is dat my balans nog nie so goed is nie en dat ek later sommer mooi self sal sit sonder Ounooi se hande om my pootjies in te sit. Julle moet my net dophou! Dit gaan nie lank neem nie!

DSC02668

Ek hoop Ounooi Vlam sien my linkeroortjie raak! Hy staan nog steeds regop – nadat ek besluit het om my oor-styl te verander!

Mutley

P060909_17.42

Hmmm…. soos julle kan sien, ek het gister ‘n maatjie gehad! Mutley en sy Ounooi het kom kuier en ek het te heerlik met Mutley gespeel. Mutley is ‘n kruis tussen ‘n poedel en ‘n Yorkshire Terrier. Natuurlik het beide van ons vreeslik aandag gekry en het ek Mutley baie geniet. Mutley se Ounooi het gedink ek is sommer baie slim en hier probeer sy vir Mutley iets gee, maar ek kan sommer sien daar’s niks in daardie hand van haar Ounooi nie, of wat dink julle? Ek wonder wat dink julle wat sit ek hier en dink as ek so na haar kyk? Vyf woefe vir die een wat hier lees wat die oorspronklikste sê-goed kan uitdink en ‘n foto van my – natuurlik kan jy dit hier sommer net aflaai [hehe]. Ai, ek was poegaai gespeel en gestap toe Mutley en haar Ounooi hier weggery het. O ja, ek hoop julle het my oortjies opgemerk! My linker oortjie staan steeds regop!

Vir Ounooi Vlam en julle ander

DSC02633

Ounooi Vlam het gister vir my oortjies “geproes” en ek dink sy “bedrieg” my. Die van julle wat nie weet wat ek met “bedrieg” meen nie, moet asseblief my voetspoortjies volg na die “bedrieg”-spore. Ek wil net vir Ounooi Vlam wys hoe kan ek my oortjies verander. Ounooi sê my oortjies verander soos die weer, maar Poplap sê hulle is soos ‘n nuwe haarstyl. Ek weet ook nou nie meer wie om te glo nie, al wat ek weet, my oortjies lyk vir myself oulik en ek probeer baie aristokraties lyk met hulle, want ek is ‘n slim honne.

DSC02630

Hier kan julle sien hoe ek vanuit die “conservatory” in die eetkamervenster vir myself kyk, net om seker te maak my oortjies is nog soos ek hulle wil hê. Ek het ook eintlik vir Ounooi deur die venster gekyk, want ek het geweet sy’s oppad om die kamera te kry vir hierdie nuwe oorstyl van my.

DSC02631

Aits, kyk net hoe pose ek hier nou, sommer my een pootjie ook in ‘n posisie wat my oorstyl komplementeer!

DSC02632

En so lyk ek in ‘n staande posisie met my nuwe oorstyl. Ek hoop julle dink die nuwe oorstyl – na gister se foto’s waaroor Ounooi Vlam my bedrieg, lyk net so oulik.[hehe]

Waghonne

P030909_07.06

P030909_07.06[01]

Oubaas het hierdie twee foto’s van my geneem met sy selfoon, hy dink my oortjies is nou net te oulik. Die foto’s mag dalk vir julle bietjie snaaks lyk, want hy het dit deur die glas skuifdeure geneem. Hy sê hy was bang ek spring van die bank af as hy eers die deure sou oopmaak. Ek lê graag op hierdie bank van my in die “conservatory” as ek uitkyk buitekant toe en waghonne is. Dit is so ‘n lekker plekkie vir my om seker te maak daardie stoute groot ouboetas spring nie weer oor die muur nie. Ek het julle nooit vertel van verlede naweek nie. Groot boetas – sommer baie van hulle – het in hulle erf gespeel en toe beland hulle bal in ons erf. Ek het so hard en baie vir hulle geblaf, spesiaal vir die boeta wat toe oor die hoë muur spring om sy bal te kry. Ek dink ek het hom lekker laat skrik, hy moes in die peer-en appelbome klim om weer oor te kom na hulle kant. Oubaas moes my baie gou stil kry, want hy sê ek het die hele buurt laat weet dat ek ‘n goeie waghond is. Ek het sommer hier vir julle ‘n gediggie gekry waarvan party van julle sal hou. Ek dink hierdie gediggie is vir my geskryf.

WAGHONDJIES (Jan F. Celliers)

Ek is hier, en Ma is hier,
Ons twee lê op Baas se baadjie.
Wie is jy?
Kom, loop verby,
Anders word ons knor ‘n daadjie –
Kry jou bene dalk ‘n hap.
Kry jou broekspyp dalk ‘n gaatjie.
Mooipraat? Nee, ons ken jou nie.
Weg jou hand en raak ons nie!
“Oppas,” het die baas gesê,
“Tot ek weer kom, hier bly lê.”
Op ons pootjies lê ons kop,
Maar ons hou jou darem dop.
Toe-oog slaap ons op die baadjie,
Maar ons loer nog deur ‘n gaatjie –
Een oor plat, en een oor op,
PAS-OP!!

Beeste kyk en slimgeid

DSC02446

DSC02443

DSC02423

DSC02427

DSC02425

DSC02395

Ounooi het gelukkig so ‘n paar minute gehad wat sy kon steel om vir julle te bederf. Ek het natuurlik vir haar mooi poot gegee en haar knie ‘n lekker nat lek gegee. Julle het nou al die beeste-kyk foto’s gesien en hierdie boonste foto’s is almal nog deel daarvan. Julle sal ook onthou hoe soet honne ek is met die stappery en al die dinge. Hier is so baie rigtings waarheen daar met my gestap word, dat ek nou nie vir julle kan sê of hierdie een ‘n noordelike of oostelike rigting is nie, ek’s te deurmekaar gestap! Al wat ek weet – soos julle in die laaste foto kan sien – is dat ek heeltyd net snuf-snuf soos ons stap. Dis geen wonder Poplap sê ek’s ‘n stofsuierhonne nie, ek moet altyd aan als ruik en seker maak dis veilig en dat dit my nie gaan opeet nie. Hier het Ounooi skoon moedeloos geraak, want ek het letterlik elke blaartjie beruik, maar Oubaas het gesê sy moet my net dophou sodra ons omdraai en sê kom ons gaan “huistoe”. Sjoe! en toe gebeur dit! Toe ons omdraai, toe sê Oubaas net vir my, “kom Zandie, ons gaan huistoe, kom, huistoe!” Woef, sê ek vir julle regte mense wat hier lees, dit was toe ‘n hond van ‘n ander kleur! Ek het sommer nie meer geruik nie, net so hier en daar my neus grond toe laat gaan en reguit die paadjie gestap wat ons gekom het sonder dat Oubaas of Ounooi een woord vir my gesê het om my te herinner watter bos-afdraaipaadjie om te vat! Sjoe, Ounooi kon dit skaars glo. Sy was skoon in vervoering oor my slimgeid en het eers gedink Oubaas praat sommer. Woef, ek is ‘n honne-honne en nie ‘n bobbejaan-honne nie! Ek is slim as dit by “huistoe” kom en ek weet presies hoe ons gekom het en sal net die regte paadjie terugneem huistoe. Julle regte mense wat hier lees, julle moet vir julle almal ‘n Kollie-honne kry. Ounooi sê sy het nog altyd gedink haar Jack Russel was die slimste, maar nou dink sy bietjie anders. Woef!

Woef, amper vergeet ek. Iemand het vandag gesoek na “hoe lank leef Collie-honde!” op my blog. Sjoe, ek raak nou bekend. Die anner dag het iemand gesoek na die soort kos wat marmotte eet en ek het toe vir hulle die antwoord gegee. Nou gaan ek vir julle vertel hoe lank gaan ek nog leef…en dis maar net 12 jaar. Eina, dis nie baie lank nie. Die oudste Kollie-honne het 17 jaar geword. Sjoe, ek wens ek kan ook so oud word. Ai tog, hoekom moet almal en alles doodgaan!

DSC02435

Ounooi het baie gehou van hierdie foto, Oubaas sê sy wil altyd sulke “snaakse” goed afneem, goed wat gewone mense nie wil afneem nie, Ounooi sê sy hou daarvan om sulke “snaakse” goed af te neem, sy dink dis deel van jou persoonlikheid om bietjie “anders” te wees, Oubaas moet maar daarmee saamleef, hy het ook haar maar gelos, want hy ken haar al as sy eers begin kliek-kliek.

DSC02142

Hier kan julle sien hoe sommige mense die paadjies ry wat hulle nie mag ry nie. Julle sal seker nog die waarskuwing onthou. Oubaas het self die anderdag hier gery. Nou kan julle sien watse paadjies ek partykeer moet loop! Hier het ek en Ounooi teen die verste kant links op die gras probeer loop, Ounooi het net-net nie in die modder getrap nie en Oubaas het darem polite probeer wees deur te maak asof hy wil seker maak dat sy nie gaan val nie, maar sy het darem hom verseker dat haar balans baie goed is. Ek het nie balans mooi verstaan nie en gewonder of ek ook balans het en of myne ook goed is. Ounooi sal seker nog vir my sê wat dit is. Sy vertel my van alles wat ek moet weet.

DSC02124

Op hierdie foto kan julle die skuinste sien waar ek meeste van die tyd my stappies begin. Die bome doer in die verte, is waar ons deurkom en dan loop ons al die pad die skuinste af en dis juis hier waar ek so baie daarvan hou om in die lang grasse plat neer te val. Julle sal my vorige foto’s daaroor onthou. Dan kom ons by hierdie plaasskuur uit, wat vir Ounooi-hulle lyk of dit nie gebruik word nie. Links op die foto sal julle my hekkie sien waardeur ek moet gaan en dan’s ons direk in ‘n smal teerpaadjie. Die foto van die trekker sal julle nog onthou – waar ek so eenkant toe gesit het – dis nou daardie paadjie en daardie teerpaadjie bring mens ook uit by die modderige waterpaadjie wat julle ook hierbo sien. Die teerpad gaan aan oor ‘n tipe van ‘n bult wat ons nog nie gaan stap het nie. Die skuinste is nogal harde werk as jy teruggaan en Ounooi blaas partykeer soos ‘n os – moenie dat sy weet ek sê dit hier van haar nie!! – as sy doer bo uitkom. Ek dink sy het ‘n kierie nodig om daardie opdraende te loop!

DSC02373

Ek wonder wie van julle kan raai wat hierdie goete is! Ounooi kry hulle partykeer teen haar arms en dan gebeur daar iets vreesliks…sy moet ook ‘n pels soos ek kry, dan sal die iets vreesliks nie met haar gebeur nie! Dis sommer stoute plante, Woef!

Malhuis

malhuis

DSC01760

Ounooi sê dit gaan bietjie mal op die oomblik, alles is bietjie deurmekaar en onderstebo en sy probeer uitmaak wat aangaan by die skool. Die vorige mens-meneer het so droog gemaak – ek wonder wat was nat wat hy opgevee het? Ounooi het nou nie vir my gesê wat hy natgemaak het nie – dat dit haar seker twee jaar gaan vat om die poplappe en boetas reg te kry in die mense-skool. Sy het mooi aan my verduidelik hoe dit by die skool gaan en die boonste prentjie vir my gewys. Sjoe, ek kon nie uitmaak wat daar aangaan nie en het maar net doodstil gesit – soos julle hier kan sien – en gekyk. Ek het eintlik niks verstaan nie, maar nie vir haar dit gesê nie, anders is dinge vir haar nog maller. Sy gaan seker nou net tyd kry om so nou en dan – naweke veral – ietsie op my blog te skryf, want die poplappe en boetas moet nou mooi geleer word en sy praat ook van die menere van inspeksie wat na die mense-skool toe gaan kom. Ek sal nog moet uitvind wat “inspeksie” is, ek weet nog nie mooi nie, maar dit het ook vir my mal geklink. Dit klink vir my Ounooi gaan baie besig wees. As ek na die foto kyk, dan verstaan ek mal so bietjie, maar ek is nie seker of ek dit reg verstaan nie. Ek wonder of dit by julle ook so mal gaan soos in hierdie prentjie. Arme Ounooi, ek het net haar hand so bietjie gelek en gehoop Poplap sal vir haar tee maak.

Flap Flap

DSC02613

DSC02614

DSC02615

DSC02621

DSC02622

Ek wed julle het nie geweet van die deurtjie wat ek gekry het nie. Oubaas is darem oulik as dit kom by sulke dinge. Net gistermiddag baie laat het hy die deurtjie vir my ingesit, hy het geweet dit gaan vir my lekker wees om in-en-uit te gaan deur ‘n deurtjie soos hierdie. Poplap was ook weer met my doenig met honne-skool nadat Oubaas die deurtjie aangesit het. Sy was weer ‘n groot skelm en het my in-en-uit geleer-lok met ‘n “treat” en hoe kon ek nou anders as om vir haar te luister as ek geweet het ek gaan ‘n “treat” kry. Ek is seker julle sal ook enige iets doen vir sjokolade!

Gisteraand het Oubaas besluit hy moet my oefen om die deurtjie te gebruik en julle kan nou mooi op die foto’s sien hoe hard het ek geoefen. Ounooi het lekker gelag vir die een foto, sy sê ek lyk soos ‘n massiewe muis wat daardeur wil kom! Ek moet nogal saam met haar stem.Woef! maar ek glo nie muise het sulke wit vlekke in hul gesigte nie.

Reg bokant die flap is daar ‘n groterige venster en Oubaas het daardeur die bal vir my gegooi en ek was naderhand baie slim, ek het al begin uithardloop voordat hy die bal begin gooi het. Soms was ek weer lui, dan het ek net die bal deurgegooi binne toe, dan het Oubaas die bal gelos en my geroep, ek moes maar my luigeit los en ingaan, maar ek het geweet ek moet net weer daar omdraai en uithol! Ai, kan die Oubaas-man dan nou nie verstaan hoeveel werk hy vir my maak nie! Ek dink Ounoois is slimmer, hulle sou my sommer net daar gelos het, want hulle sou weet ek moes net weer uitgaan. Woef!

Spinnegoeters

P310809_17.30[01]

Sorry! Jammer dat ek julle weer so “flash”! Oubaas het my weer ‘n keer beet gehad, die foto is ook weer – soos gister s’n – deur die eetkamervenster geneem wat uitkyk op my “bed” – soos julle hier kan sien. Ai, ek het darem te heerlik gelê en slaap en eers agterna gehoor hoe almal vir my gelag het. Ag nee, wat het ek gemis! Ek hoor almal sê ek is so snaaks soos hierdie hond-plakkaat op die volgende foto, ek hoor Oubaas sê ek moet volgende keer gaan “pose” vir so ‘n plakkaat…hehe…

DSC02246

DSC02610

DSC02611

Op hierdie foto’s kan julle sien hoe Oubaas my vandag besig gehou het, sjoe, ek moes net koes en hol vir al die balle! Hulle het sommer na alle rigtings gegaan en ek het met tye sommer hoog gespring – soos julle kan sien op die volgende foto – en ander tye het ek die bal sommer direk in my bek gevang. Ounooi was net nie vinnig genoeg om my af te neem waar ek so vinnig was om die bal te vang nie. Sy was ook net betyds vir die aksie-foto wat julle hier sien. Ek is ‘n vinnige honne, ek dink julle sal saamstem as julle hier kyk en sien hoe mooi ek konsentreer om die balle te vang.

DSC02612

Maar o weë, wie het gepraat dat ons in Suid-Afrika sulke “creepy crawlers” het! Ounooi sê sy het in haar lewe nog nie sulke spinnekoppe gesien soos hier nie en sy het baie jare op ‘n plaas gebly. Sjoe, Oubaas was in die kombuis doenig – besig om tee te maak vir Ounooi (sy’s verslaaf aan tee, julle moet net dit weet – dis eintlik ‘n geheim) toe hy skielik skreeu soos ‘n wille hond se blaf en ‘n mens-skree. Ons almal het gewonder watse snaakse hond het iewers ingekom, toe kom ons agter dis hy wat so skree! Hy het nog so gestaan en toe sien hy die “ding” in die hoek van sy oog en dog dis ‘n muis en toe hy weer so kyk, toe sien hy dis hierdie vieslike spinnekop! Ek dink Oubaas het so geskree soos twee aande terug toe hulle my so teen 8uur die aand op ‘n stappie vat al langs die straat af. Skielik kom daar ‘n gedierte uit die donkerte en ek skrik my boeglam en blaf/skree tegelyk. Oubaas-hulle het sooooooo vir my gelag, maar hulle het nie geweet hoe lelik ek geskrik het nie!

DSC02608