Malhuis

malhuis

DSC01760

Ounooi sê dit gaan bietjie mal op die oomblik, alles is bietjie deurmekaar en onderstebo en sy probeer uitmaak wat aangaan by die skool. Die vorige mens-meneer het so droog gemaak – ek wonder wat was nat wat hy opgevee het? Ounooi het nou nie vir my gesê wat hy natgemaak het nie – dat dit haar seker twee jaar gaan vat om die poplappe en boetas reg te kry in die mense-skool. Sy het mooi aan my verduidelik hoe dit by die skool gaan en die boonste prentjie vir my gewys. Sjoe, ek kon nie uitmaak wat daar aangaan nie en het maar net doodstil gesit – soos julle hier kan sien – en gekyk. Ek het eintlik niks verstaan nie, maar nie vir haar dit gesê nie, anders is dinge vir haar nog maller. Sy gaan seker nou net tyd kry om so nou en dan – naweke veral – ietsie op my blog te skryf, want die poplappe en boetas moet nou mooi geleer word en sy praat ook van die menere van inspeksie wat na die mense-skool toe gaan kom. Ek sal nog moet uitvind wat “inspeksie” is, ek weet nog nie mooi nie, maar dit het ook vir my mal geklink. Dit klink vir my Ounooi gaan baie besig wees. As ek na die foto kyk, dan verstaan ek mal so bietjie, maar ek is nie seker of ek dit reg verstaan nie. Ek wonder of dit by julle ook so mal gaan soos in hierdie prentjie. Arme Ounooi, ek het net haar hand so bietjie gelek en gehoop Poplap sal vir haar tee maak.

8 Responses

  1. Hi Zandie, ek ken van Malhuise! Dit gaan hier ook maar dol. Ek hoop poplap het vir Ounooi darem toe tee gemaak. Ons verstaan as jy net af en toe blog. Ounooi moet nou eers die poplappe en boetas help voor die inspeksie omies kom. Lekker speel!

    • hi Oubaas Connie, ek is bly jy ken ook van Malhuise, Ounooi sê sy ken ook ‘n paar. Poplap het darem vir haar tee gemaak en ek het nog ‘n paar keer haar gelek en haar met my nat snoet ‘n drukkie gegee en ek lek haar aanmekaar in haar nek as sy vir my hallo sê, ek hoop dit help darem.🙂

  2. Tee!😆

    • Hallo Oubaas/Ounooi illuminerend. Welkom hier op my hondeland-blog! Ja, Ounooi is verslaaf aan tee, sy drink tot groen tee ook, so erg is sy oor tee.🙂

  3. Sterkte om kinders te leer is ‘n moewiese verantwoordelikheid!

    • Hi Ounooi Boervrou, welkom aan jou ook hier in honneland!-Woef! Ja, Ounooi stem saam, toe sy jou moewiese woord hier lees, toe sê sy dat dit die woord is wat sy nou die dag vir my wou leer. Sy probeer die woord “verantwoordelikheid” vir die boetas en poplappe leer, maar hulle leer maar moeilik aan die woord. Hulle sê die woord is te lank!🙂

  4. Hulle het darem eers vir jou ‘n bietjie geleer voordat die kinders beurt kry en nou gaan jy weet om mooi soet te wees.

    Sterkte ook vir jou ounooi met al die harde werk wat voorle.

    • Hi Ounooi Sandra! Ja, Ounooi-hulle sê ook hulle is bly hulle kon my eerste leer voordat sy die poplappe en boetas moet leer. Sy sê ek leer sommer makliker as hulle en dat sy baie lank gaan neem om hulle te leer. Ek probeer als mooi onthou wat ek geleer het. Ek is nou baie, baie slim met die deurtjie wat Oubaas aangesit het en ek doen nou al my “besigheid” buitekant, ek is sommer nou al groot.🙂 Dankie, ek het vir Ounooi ‘n groot Woef gegee vir haar harde werk wat jy haar mee sterkte toewens, sy sê ook baie dankie! Sy sê sy het al die sterkte in die wêreld nodig.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: