Kwaaitjie

Sjoe, sulke honne het ek nog nie gesien hier waar ons bly nie. Ounooi wys my altyd allerlei soorte honnes op youtube, maar hierdie ene het ek nog nie gesien nie. Ounooi-hulle was gister na die Science museum toe en toe hulle uitkom, staan die honne by die straatnaambordjie en wag vir sy baas. Ek is bly sy het hom afgeneem, maar hy lyk so kwaai, ek weet nie of ander honnes [soos ek] naby hom mag kom nie. Ek wil darem nie geëet word nie. Ounooi het juis die ander dag vertel hoedat sy gesien het dat ‘n vrou se groot woef twee baba woefies wou hap en hap. Die baba woefies se baas het hulle nie eers opgetel nie, net weggepluk aan hul leibande. Sie a, daardie oubaas van die baba woefies het darem nie breins nie. Ounooi was woedend toe sy sien wat hy doen en die groot woef was nie eers aan ‘n leiband nie. Sommige mense moet ook eers na ‘n skool toe gaan waar hulle van troeteldiere leer.

2 Responses

  1. Ek dink nie jy moet kommer nie, daai honde se blaf is erger as hulle byt. Ek was die naweek op ‘n hondeskou en het ‘n ou grote wat so lyk afgeneem vir my blog. Hy wou net met almal speel en maats maak🙂

  2. Hi Ounooi Sandra! Dis wat my ounooi ook se. Ek sal dit moet glo want dis nou twee van julle wat dit se.🙂 Ek sal moet kom kyk na daardie grote op jou blog!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: