Dis donker, donker middernag!

DSC02775

Lees die GEDIG hier! Die gedig se naam is ‘Middernag’. Die link sal oopmaak in ‘n nuwe bladsy. Die gedig is geskryf deur DF Malherbe.

Hierts! Kyk net hoe spoggerig lyk ek hier in die donker met my pen-orent oortjies. Oubaas probeer al ‘n paar dae om altwee my oortjies so regop te kry, maar o weë, ek hou my een oortjie aanhoudend af. Ounooi het gedink dis ‘n bakgat-foto wat Poplap geneem het. Poplap-hulle het baie laat met my gaan stap en sjoe, ek was maar bietjie skrikkerig. Ek het maar net naby almal gebly wanneer die leiband bietjie afgehaal is. Ek is darem nog altyd baie soet.

DSC02774

Hierdie is ‘n foto van my speelplek – die agtertuin, nou nie dat ons rêrig ‘n tuin aan die voorkant het nie – soos Ounooi sal sê.

DSC02759

Foto’s van plekke op my staproete! Ounooi sê die winter is oppad, want dit raak al vroeër donkerder.

DSC02761

DSC02753

En hier sit die uwe, met Oubaas besig om my bietjie van my leiband af te kry, sodat ek bietjie vry kan rond hardloop! Ai, dis tog te heerlik vir my!

DSC02744

DSC02726

Ek dink Poplap het nogal oulike foto’s geneem, ek wys vir julle later nog! Ek gaan nou eers doeks.

10 Responses

  1. Zandie, dis regtig baie oulike foto’s. Hier word die dae weer langer en dis heerlike weer. Die blare en blomme het al begin uitkom en dit word darem nou groener, amper soos daar by julle. Lyk my die fotograaf gene loop in die familie! Wat sal ons haar noem? Hoe klink Poplapparazzi? 🙂

    • Oubaas Connie, dis so ‘n oulike woord wat jy daar gemaak het, ek dink dit is wat Poplap genoem kan word.🙂 Dis seker mooi as die blare en blomme so uitkom daar by julle. Dit was weer kouerig hier vandag en bietjie gereen ook.

      • Die appel val rerig nie ver van die boom af nie! Ek sien daar is tot doringdraad in die een foto. Die foto van jou en Oubaas is rerig besonders. Die kleure en komposisie is fantasties. Moes seker met sononder gewees het. Welgedaan Poplap!! Al wat julle nou nog moet doen is om Ounooi se oulike kamera te gaps as sy nie kyk nie, en in die pos gooi hier na my toe. My bek water so vir ‘n goeie kamera……. amper soos wanneer jy nie jou kos vinnig genoeg uit die rooi balletjie kry nie

        • Oubaas Connie, baie dankie vir die kompliment, ek sal vir Poplap so se. Ja, die foto’s is so skrams na sononder geneem. Ek sal ook vir Ounooi se van die kamera, maar ek weet nie of sy dit sal wil aanstuur nie.🙂

  2. Hiert! Kyk hoe regop staan daai oortjies! 😯 Ek het nie geweet jy het dit in jou nie, Zandie!

    Sterkte met die winter wat oppad is. Ek dink nie jy ken dit al nie, Zandietjie… 😆

    • Ounooi Vlam! Ek het baie goed in my waarvan jy net nie weet nie.😆
      Woef! Nee, ek weet nog nie mooi van winter nie, Ounooi het juis gese sy sal my nog mooi vertel en vir my ‘n lekker kombersie moet kry, maar Oubaas se nee, ek het ‘n pels! Ounooi wil net niks van die pels weet nie, ek weet nog nie wat ‘n pels is, maar ek weet net dat as Ounooi wil sorg, dan is dit baie goed.🙂

  3. Die oortjies laat jou mooi wakker en soos ‘n regte waghond lyk.

  4. Wow, those ears! LOL! They’re even bigger than our late Scottie’s ears. 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: