Flap Flap

DSC02613

DSC02614

DSC02615

DSC02621

DSC02622

Ek wed julle het nie geweet van die deurtjie wat ek gekry het nie. Oubaas is darem oulik as dit kom by sulke dinge. Net gistermiddag baie laat het hy die deurtjie vir my ingesit, hy het geweet dit gaan vir my lekker wees om in-en-uit te gaan deur ‘n deurtjie soos hierdie. Poplap was ook weer met my doenig met honne-skool nadat Oubaas die deurtjie aangesit het. Sy was weer ‘n groot skelm en het my in-en-uit geleer-lok met ‘n “treat” en hoe kon ek nou anders as om vir haar te luister as ek geweet het ek gaan ‘n “treat” kry. Ek is seker julle sal ook enige iets doen vir sjokolade!

Gisteraand het Oubaas besluit hy moet my oefen om die deurtjie te gebruik en julle kan nou mooi op die foto’s sien hoe hard het ek geoefen. Ounooi het lekker gelag vir die een foto, sy sê ek lyk soos ‘n massiewe muis wat daardeur wil kom! Ek moet nogal saam met haar stem.Woef! maar ek glo nie muise het sulke wit vlekke in hul gesigte nie.

Reg bokant die flap is daar ‘n groterige venster en Oubaas het daardeur die bal vir my gegooi en ek was naderhand baie slim, ek het al begin uithardloop voordat hy die bal begin gooi het. Soms was ek weer lui, dan het ek net die bal deurgegooi binne toe, dan het Oubaas die bal gelos en my geroep, ek moes maar my luigeit los en ingaan, maar ek het geweet ek moet net weer daar omdraai en uithol! Ai, kan die Oubaas-man dan nou nie verstaan hoeveel werk hy vir my maak nie! Ek dink Ounoois is slimmer, hulle sou my sommer net daar gelos het, want hulle sou weet ek moes net weer uitgaan. Woef!

2 Responses

  1. Dis nou ‘n baie oulike deurtjie wat oubaas ingesit het! Jou Ounooi is baie slim maar ek dink Oubase is bietjie slimmer. Jou Ounooi gaan seker nie saamstem nie 🙂

    • Dankie Oubaas Connie, jy moenie dat Ounooi lees wat jy hier sê van Oubase nie, ek sal haar vanaand weghou van my blog!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: