Koningskind – 2

Koningskind

Keiser en sy ma, Sheba – voordat hy aangeneem is

Die storietjie gaan Ounooi nie heeltemal inskandeer nie. Daarvoor het sy nie tyd nie [en daar’s iets soos kopiereg ook] en nog minder tyd om als op te tik. Sy sal vir julle slegs dele oplaai en veral dele wat baie snaaks is. Hierdie is hoofstuk 1 – met ‘n halwe bl 1 nie ingeskandeer nie. Julle kan vir Keiser hier ontmoet en dan sal Ounooi so nou en dan vir julle dele skandeer. Natuurlik gaan Ounooi vir my lekker lees van Keiser. Ek dink ek en Keiser sou lekker gespeel het. Vasti lyk vir my nie prettig nie en ek glo nie ons sou lekker saamgespeel het nie. Ek wonder wat julle dink. [Ek hoop Ounooi Vlam gaan darem tevrede wees, want ek moes Ounooi se alie darem lek om hierdie paar goed ingeskandeer te kry! Liewe aarde, sy sit heeltemal te vas voor die rekenaar met haar skooldinge vir die boetas en sussas. Dink sy nie sy’t ‘n lewe out there nie!][woef! Dit lyk vir my en Ounooi dat die bladsye weer ingeskandeer moet word, laat weet vir ons as dit moeilik leesbaar is…]

OK! Ounooi het julle jammer gekry met bl 1  nie hier nie, so, hier kom bl1 wat sy gou-gou vir julle hier intik. Sy tik so vinnig, jy sien net kneukels op-en-af spring.

Ek is koningskind. En my naam is Keiser.

Dit is so, want Poplap het self so gesê … daardie eerste dag al …toe hulle my kom haal het.

Ons was ‘n hele paar saam met Sheba in die hok. Sy was baie vriendelik en heerlik warm wanneer ons teen haar lyf lê en drink het. Sy was ook baie belangrik, want almal het van haar gepraat.

“Daniel, het Sheba haar kos gekry? Is haar hok skoon?”

“Sheba is reg, Mevrou. Daardie los draad wat die kleintjies so gekrap het, het ek afgeknip. Die Sheba is darem mooi, ne my hond. ‘n Regte Engelse bulhond.”

Na ‘n rukkie het ons al hoe minder geword. Die ander het een-een verdwyn. Ek weet nie waarheen hulle gegaan het nie, maar elke nou en dan het daar mense by Sheba se hok aangekom, ons almal bekyk, aan ons lywe gevoel en ons laat regop staan en dan een van ons weggeneem…sien bl2 vir die res…

Koningskind bl 2

 Bladsy 2

Koningskind  bl 3

Koningskind bl 3

Keiser by die waterbak

Keiser by die voëldrinkbak

Koningskind 001

Koningskind bl 4-5

Vasti - die ander brakkie

Vasti, die ander brakkie by die familie
Koningskind bl 6

Koningskind bl 6

Koningskind bl 7
Koningskind bl 7

Koos die kat

Keiser ontmoet Koos, die kat

Koningskind bl 8

Koningskind bladsy 8

Koningskind bl 9

Koningskind bl 9

Keiser

Keiser, nog lomp op sy voete

Hierdie bladsye kom uit die boek – sien die vorige inskrywings – getitel: Koningskind deur Anita du Plessis, Uitgewer Daan Retief, 1985. Illustrasies: Alida Carpenter ISBN Nr 07959 0488 6 [Die boek was ook in Engels uitgegee onder die titel: Prince] Die boek is tweedehands verkry vanaf Neels van Maroelaboeke – sien hul link in my vorige inskrywing. Maroelaboeke is in Bellville.

Koningskind 1

Koningskind deur Anita du Plessis

Hallo alle kinderboekliefhebbers – my Ounooi is die grootste van almal, niemand kan haar wen nie – woef! Hier is hoe die boekie lyk. Ounooi het twee van die boekies, maar o weë, hulle is weggepak tussen al die miljuisende bokse goete van haar en sy’t toe besluit dit sou makliker wees om te google vir ‘n ander een en na ‘n baie, baie lang gegoogle, het sy die boek by Maroela-boeke in die Kaap opgespoor. Baie e-posse is heen-en-weer gestuur tussen Ounooi en Oubaas Neels van Maroela-boeke, want op ‘n stadium was die boek nie meer beskikbaar nie en toe laat weet Oubaas Neels haar later hulle het weer een ingekry. Sjoe, dit het Ounooi lank geneem, ek dink ek was nog nie gebore nie toe die eerste e-posse heen-en-weer gestuur is! Die boek is toe vir Ounooi se sus gepos, want Ounooi moes meer as R500 se boeke gekoop het vir Maroela om dit na die ukay te stuur. Toe kon Ounooi se sussa dit weer vir haar pos. Ounooi was so baie bly. Hierdie einste boek het trane in haar oë gebring – van al die gelag! –  toe sy vir die eerste keer uit hom voorgelees het  vir gr5-jkinners in SA toentertyd. Die kinders het net so lekker gelag vir ou Keiser. Hulle wou net elke week weer en weer en weer van Keiser hoor en Ounooi het altyd net die laaste 5 minute van die les vir hulle gelees. Partykeer het sy hulle bederf en dan dit 10 minute gemaak. Ek dink van daardie jkinnertjies het al moedeloos geraak, want hulle wou net die hele boek op een slag hoor! Ounooi gaan vir julle bietjie dele uit hierdie boek hier plaas, maar as ek julle is, kry ek hom sommer in die hande – as hy ooit nog iewers beskikbaar gaan wees, want Ounooi het al haar dae gehad om die boek in die hande te kry.