Van stappies en moo’s en bene kruis

DSC02179

English readers…please slide down

Ons het nie gister so baie gaan stap nie, Oubaas en Poplap was weer die hele dag in London. Die keer by ‘n ander Ounooi, ek het net iets gehoor van Victoria. Ek weet nie of dit die koningin was nie, ek weet darem so bietjie van haar, want ek het gehoor dat party huise na haar vernoem is. Ek wonder of ek my huis ook so kan noem, dan bly ek in ‘n koningin-huis. Woef, ek het ook van ‘n koningin gehoor wat rondwoerts op ‘n skaakbord, miskien sal ek nog vir julle kan wys hoe sy lyk. Op die foto sit ek by Ounooi en julle kan sommer sien hoe lief is ek vir Ounooi, ek byt nie haar vingers baie hard  nie, net so liggies. Sy hou daarvan, ek weet sommer.

DSC021669

Vyf woefe vir iemand wat kan raai wat in hierdie foto saam met Oubaas se hand is. Leidraad, dis nie ek nie. Ek is bly ek lyk nie soos ‘n hand nie. Ounooi het die foto geneem toe ons eergister in ‘n nuwe veld gaan stap het. Ounooi is so bly oor al die baie stapplek hier, sy sê dit voel vir haar asof sy weer op ‘n plaas bly. Ek wonder toe nog wat ‘n plaas is, toe wys sy my hierdie moo! Sjoe, ek het baie groot geskrik vir hierdie moo wat so naby ons was. Hy wou net aan my kom ruik het.

 DSC021349

DSC02150

Vir die van julle wat nog nie perde ken nie, hulle eet grassies. Kyk net hierdie een se masker. Oubaas sê dis om die goggas van hulle oë te keer. Ek wonder hoe sal ek lyk met ‘n masker. Ek dink Poplap moet vir my een maak. Poplap het nog nie hierdie masker gesien nie. Sy ken van perde en ry al baie jare op perde. Sy het al begin toe sy 6 jaar oud was en kan al baie goed met perde spring en sy laat hulle sommer vinnig draf, net soos vir my. Sy weet wat is goed vir ons.

DSC02173

Oops, maar hierdie woef op hierdie prentjie is darem nie mooi nie. Ek wonder of julle op die bordjie die £500 kan lees. Dit is wat Oubaas moet betaal as hy nie my poefies optel nie, maar ek is ‘n soethonne, ek gaan ver in die veld as ek “sulke dinge” wil doen. Mens kry so baie soorte woefe, ek het net gehoor ek is ‘n Kollie-gekruis. Ek weet van Kollie, maar nog nie van kruis nie. Ek hoor net partykeer dat Poplap sê sy wil haar bene kruis. Dit klink darem baie lekker om bene te kruis. Ek het ook ‘n been, miskien kan ek hom ook kruis.

DSC02213

Kyk, hier is my been, ek probeer hom kruis! Ounooi het so gesukkel om die foto te neem waar ek hom kruis. Ek gebruik my snoet en wil hom kruis met grond, maar dit wil nie so lekker werk nie, die grond is bietjie hard en droog. Ek sal moet ‘n ander plan maak. O ja, Ounooi was bang ek sien haar toe sy die foto wou neem, sy het baie ver gestaan. Ek wil my been langs Ounooi-langsaan se heining kruis. Ek glo nie sy sou omgegee het nie.

English readers: Here you can see I learnt about moos on the farm. I wonder if you know what a moo is! I like them, but that one scared me. There are tiny new borns and they are so cute. They are called calves. I know about calves, I’m a clever pup. I can sit and stay, but I still find it hard to paw. Do you know about horses? They like to eat grass. Look at the mask on the horse’s head, I wonder if you know why it’s there. I was told it was to keep the flies from their eyes. I think I need one too. Would you like to have one too?

Baie Afrikaans!

DSC01535

Die trekkery het my sommer baie op-en-af laat hardloop. Ek het nie mooi geweet wat aan die gang was nie. Ounooi het baie met my mooi gepraat en elke nou en dan het Poplap of Boeta met my buite gaan sit en moes ek die geel ronde skapie gaan optel. Ek weet nie van “bring” nie. Ek het nou al baie woorde geleer. Dit is seker hoekom Ounooi sê dat ek ‘n slim honne is. Ek het nou al geleer om te sit. Ek weet goed wat Poplap wil hê ek moet doen as sy “sit” sê. Ek weet ook al wat “doedoe” is. Kyk net hoe heerlik doedoe ek hier op Ounooi se skoot! Poplap is besig om my te leer van “bly”. Ek leer baie Afrikaans!

DSC01469

Ounooi het my eerste van “doedoe” geleer. Ek het haar ook hoor sê dat haar ander honne ook doedoe geken het. Hulle was ook seker slim honne, nes ek. Slim honne is seker lekker. Ek wonder wie nog ‘n slim honne is. Ek wil nou net die donker oor my oë laat kom, want ek weet nog nie van trek nie, maar ek weet dat trek honne moeg maak.

DSC01532

Ounooi kon my nie baie lank laat doedoe op haar skoot nie. Ek wonder nog steeds of trek lekker is. Ek het net geweet dat hierdie matjie baie lekker warm vir my kop is, die lekkerte begin sommer by my tong en dan gaan lê dit agter my ore. Ounooi en Poplap het my nat gemaak. Ek het hulle hoor iets sê van bad, maar ek weet nog nie mooi van bad nie. Ounooi leer my nog van bal en dit klink vir my amper soos bad. Ek vat die geel ronde skapie en sit dit dan graag agter hierdie hout kassie neer. Gister het ek ook die eerste keer geleer van marmotte. Ek weet nog nie mooi van dit nie, maar ek weet Poplap en Boeta sal my mooi leer van marmotte. Boeta-hulle kyk na die marmotte en dan wil ek ook kyk. Die marmotte lyk vir my soos skapies. Ek dink Ounooi is ook ‘n slim honne. Sy weet dat ek skapies wil hê. Boeta-hulle verstaan nie mooi hoekom ek nie die ronde geel skapie vir hulle wil gee nie. Ek kom net hier sit en hulle moet dan vir my weer vertel wat om te doen. Boeta weet nie mooi van slim honne nie. Poplap ook nie. Slim honne bring nie ronde geel skapies nie. Slim honne wag mooi soos ‘n slim honne. Die marmotte hou van my, hulle weet dat ek hulle moet bring. Hulle hardloop nie vir my weg nie.

DSC01483

Ek sit die ronde geel skapie net neer en wag. Boeta en Poplap moet dan vir my sê waarheen ek die geel ronde skapie moet vat, maar hulle tel dit net weer op en gooi dit weg! Ek moet dan die geel ronde skapie gaan optel! Ek weet nog nie van haal en bring nie.

DSC01654

Ai tog, ek is pootuit. Ek is in my nuwe huis en Ounooi-hulle het vir my die groot warm kamer gegee. Ounooi het iets gesê van “conservatory”. Boeta het gesê dat dit vir my lekker warm gaan wees. Ek weet baie van die woord lekker. Ek het gaan lê en dan kom die donkerte oor my oë. Trek is baie harde werk. Dit het ek ook nou gesien. Ek moes in die masjien lê wat so harde geraas maak. Die geraas het my maag so bietjie snaaks laat voel. Poplap het my by haar voete laat lê en ek het nie omgegee nie. Poplap het vir my lekker kossies gegee. Ounooi het my mooi geleer van doedoe, sy het net doedoe gesê toe voel ek hoe die donker oor my oë kom. Boeta het  ook ‘n slim honne geword. Hy het vir my sy lekker raaskas met sagte geluide kom neersit en ek het lekker gevoel. Die sagte geluide het die donker oor my oë baie vinniger laat kom.