Wat ‘n mal oggend!

DSC020711

[English readers, please slide down] Sjoe! Ek het ‘n woeste en deurmekaar oggend gehad! Ek lyk behoorlik soos ‘n wille weghol wolf hier, so moes ek rondspring en bont spring om vir Poplap besig te hou. Sy weet nog nie hoe om haarself besig te hou nie en hier moes ek dit doen. Aarde! Dit was uitputtend! Ek het om haar gehardloop, met tye bo-oor haar gespring – so vinnig dat Ounooi nie eens ‘n foto kon neem nie – en ander kere wou ek sommer net haar die hele tyd in die nek en gesig lek om haar te kielie met my tong! Sy het nie geweet wat om te doen nie en ek het haar lekker moeg gehad. Dan was sy op haar rug, dan’s sy weer op haar maag, dan trek sy haar bene agtertoe op terwyl sy op haar maag lê, dan keer sy weer woes met haar hande en soms was haar warm toppie se kappie sommer bo-oor haar kop getrek. Sjoe, sy is harde werk, ek hoop nie ek het weer so ‘n besig dag more nie, ek sal dit nooit kan uithou nie.

DSC020691

Hier is ek agter haar rug! Ek probeer ‘n stoute hand beetkry!

DSC020761

Daar’s die stoute hand! …ek was naderhand raadop en het nie meer idees gehad nie!

DSC020781

Jitte! Kyk net wat gebeur as ek haar moet besig hou! Ek wonder of alle Poplappe sulke hard werk is.

DSC020801

Ek glo nie julle het al ‘n vaak honne gesien nie. Ek het gedink ek wys julle net gou. Ek moes net keer of die donkerte wil net agter my oë kom lê.

DSC020811

En skielik moes ek gou iets byt. Askies dat ek julle hier so “flash”, ek het dit nou regtig nie lelik bedoel nie! Ek is nie een van “daai” honne nie, wil hê dat  julle net mooi moet weet!

English readers: This was a mad day for me! You can see me playing with my little Poplap on the carpet. She’s driving me mad. She can’t keep herself busy and I must do it. Look at me, jumping over her and going this way and that. Oh, it is such hard work playing with kids! I was so tired and exhausted! Just look at me, I don’t know if I will cope with her all the time. She’s just hard work! At the bottom you can see me, very sleepy just before bed. I sleep in the kitchen – for the moment and I couldn’t keep my eyes open!