Koningskind 1

Koningskind deur Anita du Plessis

Hallo alle kinderboekliefhebbers – my Ounooi is die grootste van almal, niemand kan haar wen nie – woef! Hier is hoe die boekie lyk. Ounooi het twee van die boekies, maar o weë, hulle is weggepak tussen al die miljuisende bokse goete van haar en sy’t toe besluit dit sou makliker wees om te google vir ‘n ander een en na ‘n baie, baie lang gegoogle, het sy die boek by Maroela-boeke in die Kaap opgespoor. Baie e-posse is heen-en-weer gestuur tussen Ounooi en Oubaas Neels van Maroela-boeke, want op ‘n stadium was die boek nie meer beskikbaar nie en toe laat weet Oubaas Neels haar later hulle het weer een ingekry. Sjoe, dit het Ounooi lank geneem, ek dink ek was nog nie gebore nie toe die eerste e-posse heen-en-weer gestuur is! Die boek is toe vir Ounooi se sus gepos, want Ounooi moes meer as R500 se boeke gekoop het vir Maroela om dit na die ukay te stuur. Toe kon Ounooi se sussa dit weer vir haar pos. Ounooi was so baie bly. Hierdie einste boek het trane in haar oë gebring – van al die gelag! –  toe sy vir die eerste keer uit hom voorgelees het  vir gr5-jkinners in SA toentertyd. Die kinders het net so lekker gelag vir ou Keiser. Hulle wou net elke week weer en weer en weer van Keiser hoor en Ounooi het altyd net die laaste 5 minute van die les vir hulle gelees. Partykeer het sy hulle bederf en dan dit 10 minute gemaak. Ek dink van daardie jkinnertjies het al moedeloos geraak, want hulle wou net die hele boek op een slag hoor! Ounooi gaan vir julle bietjie dele uit hierdie boek hier plaas, maar as ek julle is, kry ek hom sommer in die hande – as hy ooit nog iewers beskikbaar gaan wees, want Ounooi het al haar dae gehad om die boek in die hande te kry.

4 Responses

  1. Jou Ounooi gee my sommer trane in my oe – van frustrasie! 👿

    Hoekom het sy nog nie dele van die boek geplaas nie, he? Wee’jy, daai Ounooi van jou… 🙄

  2. My ma soek nou Zandie, sy soek aamekaar. Sy se dit help nie jou ma bedye lat sy die ekstra boek kan kry, mar sy kom nooit kyer nie.

    Van Emily

  3. hi Emily!
    Ounooi se ‘Eendag is Eendag’ dan gaan sy vir jou kom kuier! Sy se jy moet net die Kaap Hollands hou, dan gaan sy regtig kom.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: