Al die veld is vrolik

Ons het twee dae terug weer Ounooi ‘n ander stappaadjie gaan wys. Hier is so baie stappaadjies en as jy eers begin stap, voel dit vir jou asof jy iewers op ‘n plaas rondloop. Poplap was natuurlik opgewonde, want ‘n gedeelte van hierdie paadjie het sy saam met maats so drie jaar terug gestap toe hulle op hul eie gelaat was. Sy was besig met die Duke of Edinburgh-award en deel daarvan was om ‘n kamp te doen. Julle kan oor die DoE-award meer hier lees. Dis ‘n drie-jaar program en die toekennings begin van brons na goud.

Om ‘n hond te wees in hierdie bos is groot werk, want die familie stap nie heeltyd saam nie, Poplap is heeltemal te fiks vir die res en ek moet net heeltyd tussen die twee groepe hardloop om seker te maak almal agter is nog wel! Op hierdie foto kan jul vir Poplap ver vorentoe so half en half sien.

Sjoe, dis darem mooi hoor!

Hierdie is pragtige perde. Hulle is so mak, hulle kom eintlik nader na jou toe sodra hulle jou sien aankom. Hulle moet baie van mense hou, want hulle laat jou toe om byna tot teenaan hulle te kom.

Pienk blomme. Ounooi sê sy is baie sleg met blomname, in Suid-Afrika al was sy so, dus met die Engelse s’n sal sy pateties wees! Sy sê haar ma het ‘n blom/plant net een kyk gekyk en dadelik geweet wat die naam was en sy het al so baie keer gewens sy was ook so met plant/blomname!

‘n Lekker tonneltjie – wat die bos vorm.

Hier loer ons deur na lande wat lyk asof daar koring geplant is, maar dit is nie koring nie.

Iemand het 30 jaar oud geword en sy/haar ballon hier vergeet! Ai, die morsjorse!

Sjoe, kyk net hoe hang my tong uit. Darem word daar vir my gestop sodat ek ‘n tweede asem kan skep en net my tong weer korter kan maak.

Poplap is stout! Hier sit sy in die boom op ‘n tak en ek kan nie opklim nie!

Hierdie mense is kwaai. Hulle sê jy mag net hier afstap wanneer die hekke oop is…sjoe. Gelukkig is die hekke oop en kan ons afloop.

‘n Lekker loer-plekkie.

En nog ‘n loer-plekkie. Ek wonder of julle die stofwolkie kan sien wat daar trek? Hierdie land is so vol klippe! Die arme boer sukkel seker sy dinges af om van die klippe ontslae te raak.

Hier is die boer! Die trekker was eintlik seker so ‘n halwe myl van ons af! Gelukkig met die kamera kan mens als nader bring…en lyk dit asof ons by hom was. Ounooi was so vinnig om die foto te neem.

Ai, Ounooi het gedink die foto is nogal kleurvol.

Die een ook! Gelukkig het ek ver weg gebly van die steek-goete af. Poplap is morsdoodbang vir die goeters en Boeta hardloop dat jy net sien stof trek as hy die woord by hoor! Hulle altwee is soos magnete as dit by bye kom en ek weet al om die goeters sommer stukkend te byt as hulle naby hulle kom.

Nog mooi pers blomme met hul saad wat soos wolle lyk.

Mooi pienk blommetjie, né?

‘n Ou gebou. Dit lyk nie asof dit vir iets gebruik word nie.

Ounooi het nog gedink hierdie lyk soos ‘n private mini-golfbaan, toe help Boeta haar reg en sê dis waar die plaaslike miniatuur-vliegtuigliefhebbers bymekaar kom. Dit is sommer so klein stukkie landingstrokie, dat dit lyk asof daar net-net vyf persone daarop gaan pas met hul speelgoedjies.

‘n Soenhekkie – kissing gate.

Hier kom die Skim!

Ligene – mooi geel

Hierdie lyk na ‘n mooi patroontjie van ligene.

Hierdie sak werk amper soos ‘n Skip. Ek wonder of julle daarop kan lees. Dis ‘n Hippo-Bag.  Al die takkies langsaan moet seker daarin gaan.

AL DIE VELD IS VROLIK

Woorde: C. LOUIS LEIPOLDT
Musiek: J. WEBER; verwerk: PIETER DE VILLIERS

Al die veld is vrolik; al die voëltjies sing;
al die kriekies kriek daarbuit’; elke sprinkaan spring.
Al die koggelmannetjies kom om fees te vier;
hier galop ‘n goggatjie, daarso dans ‘n mier.

[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!

Selfs die vissies spartel teen die kafferskuil;
in die groot ou eikeboom droom ‘n oupa-uil.
Oral in Karooland is ‘n ruik versprei:
boegoeblom en appelkoos–kan jy beter kry?

[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!

Bind vir my tesame katjiepiering wit,
bobbejaantjies blou en bont, rose in gelid,
varings van die klippe, oral, ai só mooi,
rooi kalkoentjies uit die vlei–blomme uitgestrooi.

[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!

Vrolik is die wêreld, vrolik rant en vlei!
Elke koggelmannetjie het sy maat gekry.
Elke gons’rig’ goggatjie is getroud of vry:
vrolik is die wêreld hier, vrolik veld en vlei!

[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!

As jy weet hoe om “background sound” op ‘n site te gebruik, hier is ‘n gedeelte van die link wat jy gebruik en die res is die website-link hierna. Dan kan jy die musiek wat jy op die link hoor, gebruik. Geniet dit.

<bgsound src=”../midi/052.mid” loop=”-1″>

http://www.busyhands.co.za/lyrics/la_aldieveld.htm

Water! Water! Water!

Sjoe, ons het ‘n paar baie warm dae gehad en ek kon die hitte net nie meer weerstaan nie. Soos julle hier sien, geniet ek myself gate uit met die sproeier wat Oubaas vir my opgekoppel het. Natuurlik kon ek dit nie vir te lank doen nie, want anders sou ek sopnat gewees het, maar ai, dit was groot lekkerte!

Bahonne Bahonne!

DSC00801

Aitsa! Ek is gekies vir die Bahonne Bahonne team! Hier is my nuwe bal – nogal Action Ball – nou gaan julle my in aksie sien! [Oubaas sê dis die Bampša Bampša-team, want  mpša is Sotho vir honne, maar ek hou meer van ‘honne’]

DSC00802

Posisie 1 – linker poot voor…

DSC00803

Posisie 2 – laag afbuk!

DSC00813

Posisie 3 – en rol!

DSC00817

Posisie 4 – en lê!

DSC00805

Posisie 5 – en hardloop vorentoe, jou lyf baie reguit!

DSC00812

Posisie 6 – regterpoot op – hou vir wat jy kan!

DSC00820

Posisie 7- en RUS! – nou ken jy ook die Diski-dans! Probeer gerus! Resultate die moeite werd!

Pantoffels

Ek moes darem vir julle weer hier kom vertel het hoe slim honne ek nog steeds is. Oubaas het gisteraand vir my geleer van pantoffels bring. Ek leer darem vreeslik vinnig – het Ounooi gedink. Oubaas het 5 treat-koekies gebruik om my te leer van pantoffels-bring. Op die foto kan julle nog die ander pantoffel sien. Dis waar Oubaas hulle neersit, net so aan die onderpunt van die trap. Hy sit dan lekker agteroor op die sitkamerbank en orders skree. Eers laat hy my in die sitkamer en bly. Dan loop hy om die pantoffels daar neer te sit en ek wag dan totdat hy terugkom en vir my die opdrag gee van: bring pantoffel! Soms wag ek nie eers vir hom om dit te sê nie, ek begin sommer klaar opspring om dit een vir een te gaan haal. Vanaand het Oubaas gedink ek het vergeet van pantoffel-bring. Hy het vir Ounooi gesê hy dink ek gaan vergeet, want hy het dit net gisteraand gedoen en nie weer nie, maar nee! Ek het nie! Ek het sommer dadelik geweet dis wat hy wil hê ek moet doen! Ek dink ek is ‘n werk-honne, want ek hou daarvan om werkies te doen. Sjoe! en hoe hou ek daarvan om enige iets te soek! Julle moet net sien hoe word dinge vir my weggesteek en dan moet ek soek! Dis my lekkerste speletjie en ek kan dit sommer heeldag speel. Ek het ‘n email van my honne-maatjie [Mutley – party van julle sal sy kuier hier onthou – hy is ook hier iewers op my blog ] gekry. Hy bly nou in Rusland! In Novosibirsk! En ek hoor dis -27 grade daar en dat hy nie baie van die koue hou nie en sy besigheid sommer baie gou op baie dik, harde ys moet doen, sjoe, dit klink nie lekker nie. Ek dink Mutley kry bietjie baie kouer as ek hier, gelukkig het ek ‘n lekker dik pels.

My vrot lap

DSC08288

Haai oe! Kyk net daardie voorpootjie! Dis hoe ek baie keer staan as ek in spanning wag dat my vrot lap – soos Ounooi dit noem – [of my bal] vir my gegooi word sodat ek dit kan gaan haal. Saans veral, omdat Oubaas-hulle almal meeste van die tyd nie by die huis is nie, is dit my aandag-tyd hier in die een deel van die sitkamer. Soms word tafels en banke weggeskuif vir my spelery, want ek kan nogal woes tekere gaan met my vrot lap! Ounooi wil natuurlik nie aan dit vat nie, sy sê sy gril te veel vir die ding wat eers ‘n was nodig het. Soms gooi Poplap dit vir my die gang af en dan skaats ek verby die studeerkamer waar Ounooi sit en werk en as ek dit te veel doen, dan maak sy haar stem bietjie dik, want ek skaats net mooi tot by haar werks-deur en sy sê daardie geluid kan nogal irriterend raak. [ ek het ook al so gedink, maar dan gaan Poplap net aan en ek gee natuurlik nie om nie!]

DSC08286

Kyk hoe gaan ek vir die vrot lap. Ounooi en Oubaas het by die eettafel gesit en net klaar geëet, toe besluit Oubaas hy wil sommer gou bietjie speel. Ek het probeer snaaks wees en Ounooi baie laat lag deur so nou en dan ‘n klomp kere in die rondte te draai met die vrot lap. Ek is bly ek kon haar laat lag, want haar stem is helemal weg, sy fluister-fluister so as sy met my praat. Ek dink sy het ‘n dag in die bed nodig, maar sy wil nie luister nie.

DSC08276

Sie a! Hier is die vrot lap!

DSC08284

Hierdie is een van my staan-posisies…net reg om weg te spring en as ek die vrot lap nie naby genoeg vir Oubaas neersit nie, dan sê hy net: NEE, dan weet ek ek moet die lap optel en nog nader sit sodat hy dit maklik kan bykom en kan optel. Sjoe, ek is darem baie, baie slim.

DSC08270

Hier het Ounooi my afgeneem. Sy het gedink dat
Zumie
baie van die foto gaan hou. Zumie het ook wit voetjies soos ek en sy stert se puntjie is ook wit. Ai, ek dink ek lyk so skoon op hierdie foto. Zumie sal seker met my beindruk wees, ek wonder wat dink julle?[hehehe]

Ek wil net vir Ounooi Vlam sê, ek doen nie meer daardie yukkie-goete nie! [Ounooi-hulle is so bly daaroor!]

Dis donker, donker middernag!

DSC02775

Lees die GEDIG hier! Die gedig se naam is ‘Middernag’. Die link sal oopmaak in ‘n nuwe bladsy. Die gedig is geskryf deur DF Malherbe.

Hierts! Kyk net hoe spoggerig lyk ek hier in die donker met my pen-orent oortjies. Oubaas probeer al ‘n paar dae om altwee my oortjies so regop te kry, maar o weë, ek hou my een oortjie aanhoudend af. Ounooi het gedink dis ‘n bakgat-foto wat Poplap geneem het. Poplap-hulle het baie laat met my gaan stap en sjoe, ek was maar bietjie skrikkerig. Ek het maar net naby almal gebly wanneer die leiband bietjie afgehaal is. Ek is darem nog altyd baie soet.

DSC02774

Hierdie is ‘n foto van my speelplek – die agtertuin, nou nie dat ons rêrig ‘n tuin aan die voorkant het nie – soos Ounooi sal sê.

DSC02759

Foto’s van plekke op my staproete! Ounooi sê die winter is oppad, want dit raak al vroeër donkerder.

DSC02761

DSC02753

En hier sit die uwe, met Oubaas besig om my bietjie van my leiband af te kry, sodat ek bietjie vry kan rond hardloop! Ai, dis tog te heerlik vir my!

DSC02744

DSC02726

Ek dink Poplap het nogal oulike foto’s geneem, ek wys vir julle later nog! Ek gaan nou eers doeks.

Toppetade

wilwies_00940121-0001-thumb4

wilwies_00940121-0008-thumb4

Ounooi het hierdie oulike honne-boek op haar rekenaar gekry en te heerlik vir my ‘n honne-storie gelees, maar sy het gesê sy het so bietjie TLC nodig en toe gee ek vir haar bietjie TLC. Die van julle wat nie weet waarvoor TLC staan nie…vra maar net vir my, ek is ‘n slim honne.

DSC02643

Sjoe, eina, brrrrrrr…watse knoppies kry ek nou hier op my honne-maag! O, Ounooi sê dis hoenervleis! Hoenervleis! Ek het die hoeners gesien, ek kan nie hulle vleis ook kry nie! Nee, ek dink Ounooi het dit mis, maar dalk is sy ook bietjie slimmer as ek. Hierdie spinnetop het Ounooi hier by ons voordeur afgeneem! O, nou wil julle weet hoekom ek spinnetop sê? Ounooi het my mooi vertel dat Poplap nie “spinnekop” kon sê toe sy so 2 jaar oud was nie, sy het ook met die rrrrr gesukkel en sy was lief vir haar wye looi lokkie wat so in die londte opgelig het as sy so vinnig in die londte gelaai het. Sy het Oubaas eendag in die garage geroep toe sy baie toppetade gesien het. Oubaas het lekker vir haar gelag.

DSC02634

Hierdie foto het baie toppetade! Ek hou daarvan om vir Poplap te na-aap! Ek dink sy is slim.

DSC02663

Oeeee!! Ek wonder wie onthou my maatjie se naam! Vyf woefe vir jou! Leidraad: kyk na my vorige poot-spoortjies!

DSC02513

En wie is hierdie haas wat lyk of die koplamp se lig in sy oë skyn! sjoe, kyk net daardie ole van my!

Wha!

DSC02678

Yikes, hier’s ek weer! Ounooi was weer so ‘n skelm gewees, sy roep my so ewe en ek het gedink ek moet kom “boude” maak, toe kliek-kliek sy so vinnig toe ek ingestorm kom, maar nou kan julle sien hoe lyk ek vandag, 5 kg swaarder as toe ons hier ingetrek het! Aita, ek weeg nou ‘n mooi ronde 10kg. Sjoe, ek weet nie mooi of dit vet of swaar is nie en of dit meen ek moet op ‘n dieet gaan nie, ek sal maar vir Ounooi moet vra wat dit beteken!

DSC02194

Hier kan julle my kossies sien wat ek eet, maar ek eet ook nie meer die kossies van die pak aan die regterkant nie, nee, ek is nou bietjie groter en ek eet nou net die pak aan die linkerkant se pille. Ek “gobble” dit so vinnig op – o ja, ek het vergeet om uit te vind wat “gobble” is, Oubaas sou nog vir my gesê het, maar nou kry ek dit in daardie rooi balletjie wat julle op my inskrywing van “Waa’s die kos dan nou” gesien het. Partykeer strooi Poplap dit die hele vloer vol, sodat ek dit nie so vinnig moet eet nie, dit maak my lam! Kan iemand asseblief hier vir haar ‘n boodskap los en net vir haar sê. Ek is seker julle gaan almal vir haar hier dit kan doen, ek sal tog so bly wees, want ek vat  so baie lank om al die pilletjies opgeëet te kry.

Vanoggend het Ounooi so lekker vir my gelag. Oubaas het my geleer net om so saggies te woef as ek nie regtig seker is of ek moet blaf nie. Vanoggend het sy langs my op my bank gesit en tee drink – dit was nog toe die hele familie gelê en slaap het! – toe maar ek sulke woef-woef geluidjies net so bo-langs en soms was dit net so ‘n geblaas deur my neus. Ounooi het baie vir my gelag en gedink dis baie snaaks. Sy het ook sommer hard gelag toe ek op die bank “boude” maak en amper agteroor val, sy moes net baie woes keer sodat ek nie afval en dalk my kop seermaak nie. Ek moet nog my balans baie oefen en kan dit nog nie op my eie regkry nie, sjoe, dis darem swaar om ‘n honne te wees wat nog leer. [as jy hier lees en nie weet wat “boude” is nie, maak seker dat jy my inskrywing oor “boude” lees sodat jy kan weet waaroor dit als gaan]

DSC02195

Hier sien julle nou wat Oubaas-hulle moet saamneem as ons gaan stap. Elke keer as ek ‘n nommer-2-glipsie kry, moet hulle dit optel en in ‘n sakkie binne-in die honne-asblik sit. [julle het ook al die rooi honne-asblik-foto gesien wat Ounooi vir julle gewys het] Dis nie baie lekker vir Oubaas-hulle nie, veral Boeta hou net mooi niks daarvan nie en hou altyd die sakkie ver voor hom uit aan ‘n punt as hy dit moet doen, ek weet nie eintlik hoekom nie, want Oubaas sê vir hom dat “dit als in die sakkie is en jy net die sakkie dra,” maar Boeta wil nie luister nie, hy trek sy neus ook so baie snaaks as hy dit moet doen. Ounooi hoef dit gelukkig nooit te doen nie, sy is baie happy, want Poplap en Boeta het haar belowe hulle gaan mooi na my kyk as sy “ja”  sou sê vir ‘n woefie.

DSC02197

Op hierdie foto kan julle sien hoe my halsband and leiband van naby lyk, dit kan verstel word en ek kan lekker ver vooruit loop. Soms maak Ounooi-hulle my sommer helemal los en loop ek vry rond. Dit is sommer baie, baie lekker! Ounooi het iets belowe van “nog foto’s van die omgewing bietjie later”, ek weet nie mooi wat sy daarby bedoel nie, miskien sal julle beter weet. Ek dink julle moet ook weer later kom kyk wat sy hier doen, sy is bietjie baie moeg na al die groot boetas en poplappe wat sy leer, sy maak en praat bietjie snaaks.[hehe]

Boude

DSC02667

Liewe genade! Ek het darem vreeslike goete gehoor van groot boetas en poplappe vandag. Eintlik die afgelope week al! Ounooi vertel so baie, my kop draai al behoorlik. Sy vertel van die boetas en poplappe wat sy moet leer en hulle is nou in hul laaste jaar van verpligte skool, hmm…dit maak hulle so sestien jaar oud en hulle sal dan sewentien wees teen die einde van die jaar.

Nou vra julle wat het die spul engelse boetas en poplappe met ‘n Afrikaanse honne te doen, wel alles, sê ek vir julle! Ek is sommer baie slimmer as hulle. My Afrikaans is sommer baie, baie beter as hulle s’n ook! Wat weet hulle nou van “sit” en “poot” en al die dinge! Ek is ‘n honne en ek weet baie meer. Ounooi het my nou iets nuuts begin leer, sommer net gisteraand so gou-gou en ek ken dit al! Sjoe, as julle wil hê Ounooi moet julle leer, dan moet julle net weet, sy leer jou sommer in ‘n paar sekondes enige iets!

Ounooi het my vertel van haar Jackie-honne. Dis die klein Jack Russeltjie wat julle die ander dag hier op my blog gesien het. Sy het vertel hoe het sy vir Jackie binne twintig minute – maar met rosyntjies! – geleer het om te “boude!” Ai, wat leer sy tog ons honne om te doen! (ek bloos nou bloedrooi hier, julle moet dit net weet! – enige honne sal vir enige iets bloos) Sy het vir my nou geleer om te “sit”, lankal al. Nou wil sy graag hê ek moet op my agterstewe gaan sit met my twee pootjies opgelig en sy sê sy kon nie aan iets anders dink as om “boude” te sê nie…[hehe Sy lag nou heerlik oor al die searches wat hier by my blog gaan uitkom met hierdie woord!]

Ok, [nou hoop ek Ounooi Vlam lees nou mooi die instruksies hier! hehe] eerstens het sy haar hand vir my gehou en ek het my poot gegee – soos gewoonlik – en toe sê sy vir my “boude” (stadig in lettergrepe sodat ek mooi moes luister wat sy wou hê) en ek het aan die begin niks gedoen nie, maar sy het my gewys dat ek my ander poot moes optel en my soort van gehelp-op-stoot en toe sit ek met twee pootjies in haar hand. Ounooi het dit ‘n paar keer gedoen – met ‘n “treat” natuurlik en ek het dit meer kere gedoen – vir die treat, nê [julle moet net dit weet ook!]

Vanmiddag toe Ounooi klaar geëet het [eintlik vanaand], vat sy toe weer treats en sy “boude” my aanmekaar en ek het sommer flink en vinnig myself opgehys en die ander pootjie ook vir haar gegee [natuurlik net om die treat te kry, hoe anders dink julle mense nou!] Sjoe, Ounooi is geweldig beindruk dat ek “boude” van gisteraand kon onthou het tot vanmiddag.  Ek stem saam met Ounooi, ek dink ek het ‘n IK van ‘n tienjarige kind! – alhoewel ek eintlik nog nie mooi weet van IK nie, maar dit klink sommer baie lekker, soos ‘n treat. Al wat Ounooi nou nog sê, – sy moet my ook nog meer daarvan leer en vertel – is dat my balans nog nie so goed is nie en dat ek later sommer mooi self sal sit sonder Ounooi se hande om my pootjies in te sit. Julle moet my net dophou! Dit gaan nie lank neem nie!

DSC02668

Ek hoop Ounooi Vlam sien my linkeroortjie raak! Hy staan nog steeds regop – nadat ek besluit het om my oor-styl te verander!

Mutley

P060909_17.42

Hmmm…. soos julle kan sien, ek het gister ‘n maatjie gehad! Mutley en sy Ounooi het kom kuier en ek het te heerlik met Mutley gespeel. Mutley is ‘n kruis tussen ‘n poedel en ‘n Yorkshire Terrier. Natuurlik het beide van ons vreeslik aandag gekry en het ek Mutley baie geniet. Mutley se Ounooi het gedink ek is sommer baie slim en hier probeer sy vir Mutley iets gee, maar ek kan sommer sien daar’s niks in daardie hand van haar Ounooi nie, of wat dink julle? Ek wonder wat dink julle wat sit ek hier en dink as ek so na haar kyk? Vyf woefe vir die een wat hier lees wat die oorspronklikste sê-goed kan uitdink en ‘n foto van my – natuurlik kan jy dit hier sommer net aflaai [hehe]. Ai, ek was poegaai gespeel en gestap toe Mutley en haar Ounooi hier weggery het. O ja, ek hoop julle het my oortjies opgemerk! My linker oortjie staan steeds regop!

Vir Ounooi Vlam en julle ander

DSC02633

Ounooi Vlam het gister vir my oortjies “geproes” en ek dink sy “bedrieg” my. Die van julle wat nie weet wat ek met “bedrieg” meen nie, moet asseblief my voetspoortjies volg na die “bedrieg”-spore. Ek wil net vir Ounooi Vlam wys hoe kan ek my oortjies verander. Ounooi sê my oortjies verander soos die weer, maar Poplap sê hulle is soos ‘n nuwe haarstyl. Ek weet ook nou nie meer wie om te glo nie, al wat ek weet, my oortjies lyk vir myself oulik en ek probeer baie aristokraties lyk met hulle, want ek is ‘n slim honne.

DSC02630

Hier kan julle sien hoe ek vanuit die “conservatory” in die eetkamervenster vir myself kyk, net om seker te maak my oortjies is nog soos ek hulle wil hê. Ek het ook eintlik vir Ounooi deur die venster gekyk, want ek het geweet sy’s oppad om die kamera te kry vir hierdie nuwe oorstyl van my.

DSC02631

Aits, kyk net hoe pose ek hier nou, sommer my een pootjie ook in ‘n posisie wat my oorstyl komplementeer!

DSC02632

En so lyk ek in ‘n staande posisie met my nuwe oorstyl. Ek hoop julle dink die nuwe oorstyl – na gister se foto’s waaroor Ounooi Vlam my bedrieg, lyk net so oulik.[hehe]

Waghonne

P030909_07.06

P030909_07.06[01]

Oubaas het hierdie twee foto’s van my geneem met sy selfoon, hy dink my oortjies is nou net te oulik. Die foto’s mag dalk vir julle bietjie snaaks lyk, want hy het dit deur die glas skuifdeure geneem. Hy sê hy was bang ek spring van die bank af as hy eers die deure sou oopmaak. Ek lê graag op hierdie bank van my in die “conservatory” as ek uitkyk buitekant toe en waghonne is. Dit is so ‘n lekker plekkie vir my om seker te maak daardie stoute groot ouboetas spring nie weer oor die muur nie. Ek het julle nooit vertel van verlede naweek nie. Groot boetas – sommer baie van hulle – het in hulle erf gespeel en toe beland hulle bal in ons erf. Ek het so hard en baie vir hulle geblaf, spesiaal vir die boeta wat toe oor die hoë muur spring om sy bal te kry. Ek dink ek het hom lekker laat skrik, hy moes in die peer-en appelbome klim om weer oor te kom na hulle kant. Oubaas moes my baie gou stil kry, want hy sê ek het die hele buurt laat weet dat ek ‘n goeie waghond is. Ek het sommer hier vir julle ‘n gediggie gekry waarvan party van julle sal hou. Ek dink hierdie gediggie is vir my geskryf.

WAGHONDJIES (Jan F. Celliers)

Ek is hier, en Ma is hier,
Ons twee lê op Baas se baadjie.
Wie is jy?
Kom, loop verby,
Anders word ons knor ‘n daadjie –
Kry jou bene dalk ‘n hap.
Kry jou broekspyp dalk ‘n gaatjie.
Mooipraat? Nee, ons ken jou nie.
Weg jou hand en raak ons nie!
“Oppas,” het die baas gesê,
“Tot ek weer kom, hier bly lê.”
Op ons pootjies lê ons kop,
Maar ons hou jou darem dop.
Toe-oog slaap ons op die baadjie,
Maar ons loer nog deur ‘n gaatjie –
Een oor plat, en een oor op,
PAS-OP!!