Vir Ounooi Vlam en julle ander

DSC02633

Ounooi Vlam het gister vir my oortjies “geproes” en ek dink sy “bedrieg” my. Die van julle wat nie weet wat ek met “bedrieg” meen nie, moet asseblief my voetspoortjies volg na die “bedrieg”-spore. Ek wil net vir Ounooi Vlam wys hoe kan ek my oortjies verander. Ounooi sê my oortjies verander soos die weer, maar Poplap sê hulle is soos ‘n nuwe haarstyl. Ek weet ook nou nie meer wie om te glo nie, al wat ek weet, my oortjies lyk vir myself oulik en ek probeer baie aristokraties lyk met hulle, want ek is ‘n slim honne.

DSC02630

Hier kan julle sien hoe ek vanuit die “conservatory” in die eetkamervenster vir myself kyk, net om seker te maak my oortjies is nog soos ek hulle wil hê. Ek het ook eintlik vir Ounooi deur die venster gekyk, want ek het geweet sy’s oppad om die kamera te kry vir hierdie nuwe oorstyl van my.

DSC02631

Aits, kyk net hoe pose ek hier nou, sommer my een pootjie ook in ‘n posisie wat my oorstyl komplementeer!

DSC02632

En so lyk ek in ‘n staande posisie met my nuwe oorstyl. Ek hoop julle dink die nuwe oorstyl – na gister se foto’s waaroor Ounooi Vlam my bedrieg, lyk net so oulik.[hehe]

4 Responses

  1. 😆 😆

    Ja-nee, Zandie, jou oortjies lyk WERKLIK oulik!! Ek is geneig om saam met jou Ounooi te stem: jou oorstyl verander dalk saam met die weer. Of is dit met die mood saam? :mrgreen:

  2. Zandie jy het houding dis nou maar waar. Miskien oefen ounooi Brandnetel se hond-sonder-naam nog sy oortjies en dan kan sy vir hom lag.

    • Ounooi Sandra, ek stem saam met jou. Ek wag nog vir sy naam, arme honne, ek wil graag vir hom woef-hallo sê maar ek weet nog nie wat sy naam is nie. Siestog, arme honne.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: