Mutley

P060909_17.42

Hmmm…. soos julle kan sien, ek het gister ‘n maatjie gehad! Mutley en sy Ounooi het kom kuier en ek het te heerlik met Mutley gespeel. Mutley is ‘n kruis tussen ‘n poedel en ‘n Yorkshire Terrier. Natuurlik het beide van ons vreeslik aandag gekry en het ek Mutley baie geniet. Mutley se Ounooi het gedink ek is sommer baie slim en hier probeer sy vir Mutley iets gee, maar ek kan sommer sien daar’s niks in daardie hand van haar Ounooi nie, of wat dink julle? Ek wonder wat dink julle wat sit ek hier en dink as ek so na haar kyk? Vyf woefe vir die een wat hier lees wat die oorspronklikste sê-goed kan uitdink en ‘n foto van my – natuurlik kan jy dit hier sommer net aflaai [hehe]. Ai, ek was poegaai gespeel en gestap toe Mutley en haar Ounooi hier weggery het. O ja, ek hoop julle het my oortjies opgemerk! My linker oortjie staan steeds regop!

9 Responses

  1. Daai oortjie is soos wanneer ‘n mens sy wenkbroue lig en ek dink jy dink “gmfh, jy het nog baie om te leer”

  2. Siestog. Zandie, jy moet tog nie neersien op ander honne wat nie so slim is nie, jong. Wees eerder jammer vir hulle. 😆

    • hi Ounooi Boendoe! Ek’s bly om jou ou naam terug te sien, dit voel net ‘n bietjie meer “reg” om jou so te noem.🙂 Nee, ek sal nooit op ander honne neersien nie, ek sal hulle eerder wys en leer, ek is mos ‘n soet honne!🙂

  3. Zandie ek is seker jy’t gedink: “Mutley, kan jy nie iets met daardie deurmekaar ore van jou doen nie!”

    • Jinne Oubaas Connie, jy is so raak met jou woorde! Ek wou sê iets lyk bietjie nie reg aan Mutley nie en ek het net nooit aan sy ore gedink nie!😆

  4. Woef-Woef-woef-woef-WOEF! vir julle almal hier en julle kan enige foto van my kies en aflaai vir al julle probeerslae hier. Enige iemand anders kan ook ‘n foto kry!🙂

  5. Zandie, ek weet jy’s ‘n slim honne, maar jy kan (nog) nie lees nie. Dus kom vertel ek jou maar: my naam is nou V – L – A – M. Kyk mooi na my mond en luister mooi hoe dit klink: V – L – A – M. Het jy dit? Mooi! 😆

    Ek wonder of jou ounooi nou dink ek is ‘n goeie juffrou? 🙄

    • hi Ounooi Vlam!😆 ek kan (nog) nie lees nie, ek het vir Ounooi gevra om vir my mooi te sê wat hier staan en ek sal baie beslis van nou af jou nuwe naam onthou. Ek onthou dinge baie, baie goed en snap dit so vinnig dat ek my eie Ounooi omtrent van haar trollie af het. Sy wens net die boetas en poplappe by haar skool was so vinnig soos ek.🙂
      Ounooi V-L-A-M! Jy is ‘n baie, baie slim ounooi en jy sal ‘n baie goeie juffrou wees. Lekker dag vir jou, Ounooi V-L-A-M!😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: