Ek lewe nog!

Ek het ‘n paar dae gelede so lekker gaan stap. Hier kan julle my weer poegaai gespeel sien. Op die foto is dit nie so duidelik sigbaar nie, maar ek lê daar op ‘n afdraende, wat beteken dat, as Oubaas vir my die bal verder ondertoe gooi, ek weer terug met ‘n opdraende hardloop om dit vir hom te bring. Dis bietjie unfair.

Hier is iets wat groen is, Ounooi het al vir my die kleure geleer. Ek kan my verskillende kleure balle uitmekaar ken, maar niemand anders wil dit glo nie! Hulle wil dit altyd eers sien, dan dink hulle, ‘Wow, dis so ‘n clever honne!’

Ounooi het gedink hierdie is ‘n lekker stoel om op te sit as jy moeg raak. Sy het baie gou moeg geraak, maar die stoel was nie naby nie!

Mooi bloeisels. Dis ‘n moeilike woord. Ounooi het dit ‘n paar keer vir my gesê, maar my tong is te lank om dit te sê!

Hierdie is geel. Ek ken my geel bal baie, baie goed!

Sien, hier is my geel bal! Ek het mos gesê ek ken my geel bal baie goed!

Hier is ‘n tonnel. Dit was nie groot genoeg vir my nie. Ek het darem groot geword, hoor!

O gonna, hier het my kop gedraai, Ounooi en Oubaas moes maar besluit waarheen!

Dis ‘n lekker wegkruipplek, maar ek is al weer te groot vir dit!

Hier het ek besluit ons moet huistoe gaan. In die ‘bos’ maak Oubaas my altyd vas, want hy weet nie altyd wie daar rondloop met hulle gedrogte nie. Daar is altyd baie ander honnes ook en sommige van hulle is aaklige gedrogte en ken nie hulle maniere nie.

Aaahhg, dis nou cute, is dit nie?

Poplap en haar vriende by die universiteit het nou ‘n hoender en eende en nou het ek ook van hulle geleer! Die stupid honne van langsaan het die een hoender doodgebyt, so ‘n simpel honne! Toe gee die stupid honne se baas die eende vir hulle. Die eende is nog bietjie wild!

Nou word almal gewaarsku! Daardie simpel honne ook!

Hoeners en Honne

DSC02218

(English readers – please slide down in each post)

Siestog, kyk net hoe wag ek vir iemand om met my te kom speel. Die lewe is darem maar swaar as jy net die hele tyd wil bal jaag. Terloops, ek is nou slimmer, ek weet dis nie ‘n geel skapie nie, Ounooi-hulle het ‘n rukkie gevat om my dit te leer, maar ek het julle mos al gesê dat ek bietjie “agter” is met die leerdery. Ek is darem nie meer so ver agter nie, ek dink ek is nou net so een dag agter. Ek probeer alles onthou wat ek elke dag leer. Dis baie, maar as ek my kossies mooi opeet, dan is dit makliker om dit te onthou.

DSC02230

Ek moes eintlik al vir julle al voorheen hierdie siesa-asblik gewys gewys het. Honne-base moet honne-poefies optel – julle het my ander foto gesien met die £500 boete – en dan hierin gooi wanneer hulle met hulle honnes stap. Ek sal nog vir julle die spesiale sakkies wys, maar jy kan sommer enige sakkie gebruik, dit maak nie saak wat jy gebruik nie.  Hierdie asblik is baie naby ons huis.

DSC02227

Wanneer ons gereedmaak om te gaan stap, sit ek altyd baie mooi stil en wag by die hekkie in die hoek van ons agtertuin. Kyk net. Ek het ook ‘n  halsbandjie gekry met ‘n tag en daarop staan my adres – net ingeval ek wegraak. Kyk my mooi rooi harnas, dit hou my lyf baie beter vas as slegs die halsband alleen om my nek wat my soms verwurg het as ek te vinnig wou hardloop. Dan moes Poplap-hulle my intrek en dit het my so bietjie seer gemaak.

DSC02231

Hierdie is die nuwe paadjie wat nou my derde keer is wat ek hom stap. Hierdie oorklim-trap is nogal oulik, maar ek moet nog leer om dit te doen, daarom wag ek mooi vir Boeta-hulle en gaan ek dan deur die draad, wat makliker is.

DSC02234

Sjoe! Ek het so baie nuwe maats ontdek! Kyk net hierdie Spaniel! Ek het geweet wat om te doen en sommer eerste plat op die grond gaan lê. Ek het gesien hierdie honne is sommer heelwat groter as ek. Sy boeta is nogal oulik en het nie omgegee dat ons twee vir mekaar hallo sê nie.

DSC02237

Ai, die langer grasse is tog te lekker! Ek val sommer so plat in hulle en rol om en ek moet nog net hardop lag, dan is ek ook ‘n mens! Ek loop partykeer so laag wydsbeen sodat die grasse bietjie my maag kielie, dis tog te lekker, julle moet dit ook bietjie probeer.

DSC02242

Ek hou baie van die verskillende soorte blomme en Ounooi wys hulle graag vir my om aan te ruik. Kyk net hierdie mooi pers blommetjie! Hulle laat net my neus so bietjie kielie as ek aan hulle ruik. Ek byt hulle nie af nie, nee, ek is ‘n soet honne.

DSC02276

Soet honnes en hulle base loop net op die voetpaadjies. Ek weet al om vir die merkers te kyk en draai sommer vanself links of regs as ek hulle sien. Ounooi sê ek is nie ‘n b/d-honne nie. Nou weet ek nie wat dit is nie. Ek wonder nog oor dit. Miskien sal ek nog uitvind wat dit is.

DSC02249

Oelala! Net toe ek dink ek sien skape! moes ek hoor dat dit hoenders is! Ag, kyk net hoe oulik is hulle huisies! Ek dink ek wil ook so een hê. Ek wonder of hulle ook trappe het wat na ‘n tweede verdieping gaan. Ounooi-hulle se huis is so, maar ek mag nie boontoe gaan nie, nee, ek is ‘n baie soet honne.

DSC02252

Oe genade! Niemand kan naby die hoenders kom nie. Kyk net hierdie verskriklike teken. Ek hoor hierdie hoenders is free range-hoenders. Dis sommer net ‘n baie groot woord wat beteken dat hulle maar net op die gewone plaas buitekant rondloop. Ek is ook free range, want ek loop ook sommer net buitekant rond. Ek wonder of julle ook free range soos ek is. Julle moet my asseblief laat weet. 

DSC02251

Ek wou nie die hoenders byt of vang nie, nee, ek is ‘n verskriklike soet honne. Ek kyk net vir hulle, kan julle my sien?

DSC02299

Ai-ta! Nog ‘n maatjie! Hierdie Jack Russel-maatjie was bietjie bang vir my en sy Boeta’tjie het lekker vir hom gelag, want ek is eintlik nog ‘n baba. Ek het weer geweet ek is die baba en wou net die hele tyd plat op die grond neerval, maar dan skrik ek vir die Jack Russel wat so weghardloop. Ek weet nie hoekom hy weghardloop nie, ek is mos ‘n soet honne.

DSC02301

Glo julle in dinosaurusse? Ek dink ek het een se kop gekry! Wat dink julle is hierdie? Vyf woefe as julle vir my kan vertel wat dit is.

English readers: Woof! I went for a walk – like all the other days. I met some new friends on my way – as you can see. I also enjoyed the long grass in the field, I just need to learn to laugh like a human, then I’ll be one! I’m a fast learner and learnt yesterday about chickens! I know they are not sheep and I know I must only sit and watch them. I’m a clever puppy and learn every day so many new things! Woof! I wonder if you believe in dinos! I think I found a dino head! Look in the last image and see if you can tell me what that is, if it is not a dino’s head!