Ek ontspan – just relaxing

IMG_6538

Hello Everyone! This is me again! You guess right! I’m on the sofa in the living room – my favourite place for a late morning nap! The queen of the house, busy relaxing. How do you relax?

Hallo Julle! Dis ekke, Zandie hier. Hoe ontspan julle as julle nie werk nie? Kyk hoe ontspan ek! Is dit nie oulik nie. Soms hou ek daarvan om my pootjie oor my hele regteroog te sit! Dit is die beste manier. O ja, hierdie is my gunsteling plek om te ‘ontspan’, maar as dit regtig warm is, dan hou ek van die koue vloer van die kombuis. Ek is nou al 9 mens jare by Ounooi-hulle en ek raak nou regtig oud en ontspan deesdae meer as voorheen. Ai, die ouderdom haal ‘n honne in! Honnes moet doen wat honnes moet doen en dit is ‘ontspan’! 

Vakansie – Holiday

IMG_3115

IMG_3137

Dit was weer skoolvakansie. Ounooi en Oubaas het besluit dat hulle bietjie oor die water moes gaan kuier en toe het ek ‘n lekker tydjie gehad. Poplap het gekom en my kom oppas. Net soos ek eintlik skape moet oppas, maar ek weet nie van skape nie. Ek weet net van balle! As Ounooi praat van ‘skape’, dan wil ek eerder net weghardloop. Gee vir my balle en ek is doodgelukkig. Ounooi-hulle het net gister teruggekom en my toe van ‘n ander honne vertel! ‘n Honne net soos ek! Hierdie honne bly op Stilbaai en hy wil ook nie weet wat skape is nie! Hy hou net van seevoëls! In die foto kan jy hom sien. Hy kyk die hele dag lank net vir hierdie voëls wat net op die water bly. Ek dink ek moet hom gaan help, want Ounooi laat dit so lekker klink om by die see te wees, al weet ek ook nie wat dit is nie, maar alles wat sy my vertel moet seker lekker wees. Ek wag nog het ‘n jaar dan gaan ek ook see toe en vir hierdie voëls kyk. Ek wonder wie hou ook van voëls kyk? Is daar nog iemand wat van die see hou? Ek sal graag wil weet, want dan kan ons sommer almal see toe gaan. Ek gaan nou eers nog ‘n bal soek. Poplap het ‘n nuwe groen bal vir my gekoop. Ek het nog nooit ‘n groen bal gehad nie en hierdie een is nou ‘n ‘anderse’ bal. Ek hoor dat hy my help met my tande. Dit moet dan seker goed wees.

The family went on holiday – in South Africa and came back telling me about this sheepdog they saw at one of the beeches. This doggie tried to gather some seagulls swimming! Can you believe it? Did she think she’s a gull-dog? hehe

Ek is so baie moeg – so very tired!

IMG_1688 IMG_1689

Sjoe! Ek hoop julle kan sien hoe moeg ek is.My tong hang sommer ver uit en ek hyg na my asem. Kan julle hoor hoe ek hyg? Ek hoop so! Ek is so moeg soos tien perde wat twintig perdekarre moes trek! Wanneer ek so moeg is kan ek nie eens water gedrink kry nie. Ounooi bly vir my sê om water te drink. Die water is baie naby aan my, maar sy weet nie dat ek net heeltemal te moeg is. Ek meen, give me a break! ‘n Hond kan ook net soveel bal speel voordat sy moeg is en ‘n hond moet kans gegee word om darem asem te skep voordat sy iets anders kan doen. Ek gaan nou eers probeer water drink en dan inloer by my rescue maatjies. Ek hoop Tannie Skoor het onthou dat ek ook ‘n rescue honne is. Hier is ‘n foto van my rescue maatjies, lekker in die winter warm aangetrek. Ek hoop Ounooi gaan ook vir my so ‘n jassie kry! Jinne, dis lekkerste bederf.
muis

These are my blog-friends! They were all rescued dogs. They live in Cape Town and you can see it was during winter when the photos were taken. I hope auntie Skoor told them about me, because I am also a rescued doggie! 

Meer honnes en Kaapse honnes ook

SONY DSC

Hallo Almal!

Ek kom net sê dat ek nog leef! Dis byna 1 jaar later en hier’s ek weer! Jitte, die tyd vlieg. Ounooi het in ‘n park gaan stap en hierdie honne afgeneem. Sy hou daarvan om ander honnes vir my te wys. Ek blaf en sê altyd hallo vir hulle almal. Die honnes op die volgende foto is altwee Kaapse honnes en hulle Ounooi bederwe hulle te lekker. Hulle weet nie van honne-lewes nie, net van koninklikes. Ek hoop julle gaan vir hulle ‘hallo’ sê, hulle woon albei in Skelmbos! Sjoe, hierdie WordPress se Afrikaans is baie snaaks. Hulle sê ‘kop’ vir ‘heading’ in Afrikaans… blaf! blaf! BLAF! dis erg snaaks! Ek gaan nou my heading afblaf! 

woef

honnes

SONY DSC
Hierdie uitgeholde boom is ‘n antieke boom wat Ounooi in die historiese park afgeneem het. Hulle het ‘n kampie om die boom gesit sodat stupid mense nie die boom verniel nie. In die park is ook van die Harry Potter ‘scenes’ geskiet.

Lekker Lewe

SONY DSC
Ek het besluit om julle van my lekker lewe te vertel. Ek lewe nog! Hierdie ‘lekker lewe’ gebeur slges oor naweke. Hier kan julle my sien op Ounooi se bed. Oubaas bring lekker tee en koekies in die bed en dis wanneer ek eerste myne kry- soos julle hier kan sien. Dis my lekkerste ‘beentjie’-bederf. Daarna, storm ek trappe af en weet ek dat my gunsteling bal onder in die spenskas vir my wag. Die spenskas is waar my balle saans gelaat word, sodat ek kan slaap, anders slaap ek nooit! Wanneer ek afstorm vir my gunsteling bal, bring ek dit vir Ounooi en vanuit haar bed gooi sy dit vir my oor die reling – wat julle nie hier kan sien nie – die trappe af. Dis my gunsteling speletjie-bederf oor naweke. O ja, het ek  dit genoem dat dit vakansies ook gebeur?

Nuwe Jaar

Hierdie is my kaartjie wat Ounooi saamgeflans het om vir julle te sê wat ek nog heel aand hier langs haar woef. Ek speel hier met haar voete onder die lessenaar, sy word so bietjie moeg vir my,want sy sê ek is nou al te groot om onder die lessenaar in te kruip om by haar voete te lê sodat ek haar tone kan byt. Ek word ook baie deur Ounooi bederf. Ek weet net hoe om hier langs haar te kom sit en vir haar te staar totdat sy vir my kombuis toe neem en dan moet ek eers sit, poot, ander poot ook, voordat sy vir my ‘n ietsie gee. Soms sê sy vir my om te rol en dan doen ek dit ook sommer, partykeer voor die tyd, maar ek’s so haastig op my agterpote vir daardie ietsie lekkers as ek moet rol, ek’s skoon bang sy vergeet dat sy vir my ietsie moet gee. Ek hoop julle almal gaan ‘n heerlike Oujaar hê en dat julle Nuwe Jaar sommer lekkerder gaan wees as die Oujaar!Woef!Woef!

Hierdie youtube-link is oor ‘n border collie wat sulke oulike truuks kan doen.[Ounooi moes die video nou verwyder want hy het nie meer gewerk  nie!] Ounooi sê ek gaan nog baie meer leer as wat ek kan. As ek inkom van buite, dan sê hulle vir my pote, dan spring ek op my bank om my pote droog te maak – veral as dit reënerig en nat is. Ek spring gewoonlik dan vinnig af, want dan weet ek dis wanneer ek binne die huis ingelaat gaan word om bietjie met Poplap-hulle te speel. Ounooi is veral bly ek is nou groter en ouer, sy hou daarvan as ek net so by haar op die mat lê en slaap, in plaas van om heeltyd te wil rondhardloop agter ‘n speelding aan. Ek weet ook van bly, dan weet ek dat ek nie in die huis ingelaat gaan word nie, maar in die conservatory moet bly.