Nie meer nie

Hierdie is die laaste inskrywing op Zandie se blog. Sy het ons in Maart 2023 verlaat en is sy nou in die honde-hemel.  Ongelukkig, na 13 vreugdevolle jare saam met haar, moes ons afskeid van haar neem nadat sy ‘ou hond’ siekte gekry het. Ons moes haar ongelukkig veearts toe neem om uitgesit te word. Ons het hierdie hond as ‘n 3maande brakkie gekry, wat deur haar vorige eienaar uitgesit wou word omdat hy gese het dat sy nie geleer kon word nie. Ons was in die sewende hemel om haar te kon kry en het sy nou vir ons vreugde gebring deur die jare. ‘n Ontsettende intelligente wese, sy het ‘n Afrikaanse woordeskat gehad van seker meer as 500 woorde en sy kon ons liggaamstaal in die fynste besonderheid ‘lees’. Ons mis haar geweldig. Sy was hoogs-intelligent, baie ‘funny’ en het ons baie ge-entertain met haar ‘dingetjies’. 

 

Vakansie – Holiday

IMG_3115

IMG_3137

Dit was weer skoolvakansie. Ounooi en Oubaas het besluit dat hulle bietjie oor die water moes gaan kuier en toe het ek ‘n lekker tydjie gehad. Poplap het gekom en my kom oppas. Net soos ek eintlik skape moet oppas, maar ek weet nie van skape nie. Ek weet net van balle! As Ounooi praat van ‘skape’, dan wil ek eerder net weghardloop. Gee vir my balle en ek is doodgelukkig. Ounooi-hulle het net gister teruggekom en my toe van ‘n ander honne vertel! ‘n Honne net soos ek! Hierdie honne bly op Stilbaai en hy wil ook nie weet wat skape is nie! Hy hou net van seevoëls! In die foto kan jy hom sien. Hy kyk die hele dag lank net vir hierdie voëls wat net op die water bly. Ek dink ek moet hom gaan help, want Ounooi laat dit so lekker klink om by die see te wees, al weet ek ook nie wat dit is nie, maar alles wat sy my vertel moet seker lekker wees. Ek wag nog het ‘n jaar dan gaan ek ook see toe en vir hierdie voëls kyk. Ek wonder wie hou ook van voëls kyk? Is daar nog iemand wat van die see hou? Ek sal graag wil weet, want dan kan ons sommer almal see toe gaan. Ek gaan nou eers nog ‘n bal soek. Poplap het ‘n nuwe groen bal vir my gekoop. Ek het nog nooit ‘n groen bal gehad nie en hierdie een is nou ‘n ‘anderse’ bal. Ek hoor dat hy my help met my tande. Dit moet dan seker goed wees.

The family went on holiday – in South Africa and came back telling me about this sheepdog they saw at one of the beeches. This doggie tried to gather some seagulls swimming! Can you believe it? Did she think she’s a gull-dog? hehe

Lekker Sjokolade!

Zandiechocs
Hallo Almal! Ek leef nog! A nee a man! Sien julle wat ek sien! Hoe kan enige iemand dit aan ‘n honne doen! As jy my lekkerte in so ‘n doos sjokolade plaas, hoe dan nou anders, enige honne sal net so graag ‘n happie van daardie lekker sjokolade wil hê! Ek was baie skeef aangekyk toe ek meer vir die sjokolade kyk as my stukkie lekkerte wat daar eenkant neergesit is. Dan het hulle ook nog boon-op gedink hulle kan met my slim brein smokkel!

Zandie (2)
Net om te sê: Ek het nie ‘n sjokolade gekry nie! Nee wat! Hierdie familie dink honnes moet net honne kos kry. Dis net Ounooi wat so nou en dan ‘n krummeltjie van iets anders vir my skelmpies laat kry – as die ‘base’ van die huis nie vir haar kyk nie!

IMG_1528

Hier slaap ek vanaand op Ounooi en Oubaas se bed. Dis hoe ek elke aand bietjie bederf word. Gewoonlik is dit dan al naby aan 10uur en is oorwerk en uitgeput na ‘n dag se bal-speel. Dis die lekkerste deel van die aand voordat ek op my eie matras in die kombuis gaan slaap. Gewoonlik is ek so bietjie knorrig – soos ‘n knorrige ou man –  as ek hier lê, want dan is ek regit pê en wil nie gepla wees nie. 

Plekke, tente en katte

So bietjie vars nuus. Ek het weer – vir die eerste keer in ‘n lang tyd – vér ge-travel. Sommer baie lank ook, net die keer. Ek was al voorheen hier op Falmouth – klik op die kaart as julle nie mooi kan sien nie! – maar toe was ek baie jonger. Ek het saam met Oubaas-hulle in ‘n B&B gebly waar ‘n baie stoute hond was, een soos ek, maar ongemanierd! Oubaas-hulle het nie lekker gebly nie, daardie hond het my te veel ontstel. Die keer was Oubaas-hulle slimmer. Hulle het nie in ‘n B&B gebly nie, maar by Poplap. Ek het sommer baie tuis gevoel by Poplap se huis. Sy het sommer baie groot geword, ek wou net heeltyd by haar wees. Ek het ook nie in haar huis gepiepie nie. Oubaas was slim, hy het my gereeld uitgeneem. -of was dit ek wat slimmer geword het? Daar by Poplap het ek hierdie twee katte ontmoet. Ounooi nome hulle sommer net ‘Cornish Cats’ – want hulle is van Cornwall. Sy wou hulle sommer net huistoe bring!! Oubaas moes net links, regs en in die middel keer, anders was hulle in die kar. Hulle leef sommer net buite in die straat, maar hulle is vet! En hulle is mak. Ounooi het so baie van hulle gehou en  hulle het later sommer by Poplap se voordeur kom lê! Dit het Ounooi se hart sommer baie week gemaak. Ounooi het gesê die bonte het haar baie laat dink aan die plaaskat wat hulle gehad het. Ek het nog nie van plaaskatte gehoor nie. Waar ons bly is net ‘n rondloperkat wat my nou en dan kom ontstig. Ounooi het vir Oubaas gevra: ‘Kan ons maar nie net ‘n klein katjie kry nie?’ Toe sê Oubaas: ‘Dis die vinnigste ‘take-away’ wat jy vir Zandie sal kan gee!’ Ounooi het nie gedink dis snaaks nie, sy het net gedink ek moet leer van katte!

Hier sit ek binne-in ‘n tent! Kan jy glo!! Ounooi laat my in ‘n tent sit op ‘n snikhete dag! Dis so warm hier, dis 30 grade!! Ons kook uit en sy laat my hierin. Dit gaan Ounooi se leeshoekie word in haar klas. Ek weet nog nie van leeshoekies nie, maar nou weet ek van tente!

Kyk net hoe loer ek hier uit. Ounooi sê ek sal ‘n goeie leerder wees, want ek sit mooi stil in die leeshoekie. Nou moet ek nog van leerder ook leer! Daar is so baie goed om te leer! Ek dink ek gaan nou slaap! My seer poot moet rus. O ja, my linker agterpoot is seer en Oom vee-arts het gesê ek moet vir 6 weke rus! Dis ‘n nagmerrie. Ek mag nie rondhardloop en bal gaan haal nie. Arme ekke!

Hondelewe

Dit is so lank terug, sedert ek van my laat hoor het, ek wonder of enige iemand ooit nog onthou dat ek bestaan! Wel, hier is ek, nog steeds lewendig, ook maar net-net! Ek lei nou ‘n pure hondelewe, soos ons in Afrikaans sê! Niemand gee meer vir my om in hierdie huis nie! Niemand wil meer met my speel nie!! Niemand doen iets nie! Almal ignoreer my net links, regs en centre! Wat gaan aan met hierdie familie! Allerlei dinge gebeur en al wat ek hoor is SEERPOOT! en WAAR is jou seerpoot? En nee, jy kan nie dit doen nie, jou poot moet rus en nee, ons kan nie soontoe gaan nie, jou seerpoot moet rus!! Wat is hierdie ‘seerpoot‘ nou eintlik? My ‘seerpoot’ word so baie aangevat, dat ek al WEET waarheen om te kyk as daar ‘seerpoot‘ gesê word! Ja, dis my linker-knie en ek weet dit baie goed, want vir die afgelope 3 weke is dit al wat ek hoor en al waaraan gevat word, as jy dit ‘vat’ kan noem! Al wat ek nou wil doen is net om te gaan lê en wag vir die ‘einde‘! Hoe lank gaan ek nog ‘SEERPOOT‘ moet hoor? En hoe lank gaan daar nog aan ‘SEERPOOT‘ gevat word in hierdie huis? Kan iemand hierdie familie net vra om my ook in te lig, sodat ek weet om nie meer so ‘down’ te voel nie!? Ek is nou siek en sat vir ‘rus‘ en NIKS doen nie! Hoekom is daar op hierdie aarde so iets soos Veeartse wat vir mense stories opmaak oor SEERPOTE!

Ek lewe nog!

Ek het ‘n paar dae gelede so lekker gaan stap. Hier kan julle my weer poegaai gespeel sien. Op die foto is dit nie so duidelik sigbaar nie, maar ek lê daar op ‘n afdraende, wat beteken dat, as Oubaas vir my die bal verder ondertoe gooi, ek weer terug met ‘n opdraende hardloop om dit vir hom te bring. Dis bietjie unfair.

Hier is iets wat groen is, Ounooi het al vir my die kleure geleer. Ek kan my verskillende kleure balle uitmekaar ken, maar niemand anders wil dit glo nie! Hulle wil dit altyd eers sien, dan dink hulle, ‘Wow, dis so ‘n clever honne!’

Ounooi het gedink hierdie is ‘n lekker stoel om op te sit as jy moeg raak. Sy het baie gou moeg geraak, maar die stoel was nie naby nie!

Mooi bloeisels. Dis ‘n moeilike woord. Ounooi het dit ‘n paar keer vir my gesê, maar my tong is te lank om dit te sê!

Hierdie is geel. Ek ken my geel bal baie, baie goed!

Sien, hier is my geel bal! Ek het mos gesê ek ken my geel bal baie goed!

Hier is ‘n tonnel. Dit was nie groot genoeg vir my nie. Ek het darem groot geword, hoor!

O gonna, hier het my kop gedraai, Ounooi en Oubaas moes maar besluit waarheen!

Dis ‘n lekker wegkruipplek, maar ek is al weer te groot vir dit!

Hier het ek besluit ons moet huistoe gaan. In die ‘bos’ maak Oubaas my altyd vas, want hy weet nie altyd wie daar rondloop met hulle gedrogte nie. Daar is altyd baie ander honnes ook en sommige van hulle is aaklige gedrogte en ken nie hulle maniere nie.

Aaahhg, dis nou cute, is dit nie?

Poplap en haar vriende by die universiteit het nou ‘n hoender en eende en nou het ek ook van hulle geleer! Die stupid honne van langsaan het die een hoender doodgebyt, so ‘n simpel honne! Toe gee die stupid honne se baas die eende vir hulle. Die eende is nog bietjie wild!

Nou word almal gewaarsku! Daardie simpel honne ook!

Moenie ‘stap’ sê nie!!

Dis hoe ek lyk as ek kyk wat Ounooi doen wanneer sy sê sy het baie ‘skoolwerk’ wat gedoen moet word. Ek wil haar nie altyd glo nie, maar nou het ek self gesien! Iets sê steeds vir my dat sy nog steeds op blogs rondkuier!

Dis hoe ek vanaand lyk! Almal in hierdie huis het die woord ‘stap’ gesê! Ek het toe sommer weggehol en hier kom lê – en toe lag hulle vir my! Sie-a! Ek hou nie van daardie woord nie, dis ‘n vloekwoord vir my! Ek weet net een ding, ek is gek daaroor om in die oop ruimtes daar buite rond te hol – soos ‘n maer vark in die vlaktes! Oubaas gooi dan die bal vir my daar doer ver en my tong ek myle uit, so moeg is ek, maar moenie ‘stap’  sê nie!

 

Chompie red ‘n lewe


Hier is Chompie. Chompie moet eintlik vereer word. Chompie het ‘n lewe gered! Ouma-Ounooi het in die koue nag uitgegaan, gestruikel en onder die voertuig, wat naby haar woonstel se voordeur geparkeer was, beland en bly lê. Sy kon nie beweeg nie. Op daardie stadium was Ouma-Ounooi se heup ook gebreek met die val, maar het niemand dit nog geweet nie. Chompie, die held in die familie, het by die huis se voordeur gaan blaf, en blaf en blaf en blaf en blaf…vir baie lank totdat Ounooi-sussie uitgekom het om te kyk wat aangaan en daar wys Chompie aan Ounooi-sussie waar Ouma-Ounooi lê! Ouma-Ounooi was baie, baie siek daarna – van lank lê op die koue plaveisel, maar gelukkig het Chompie daaraan gedink om die res van die familie te gaan roep! Chompie is nou ook ‘n groot held vir Ounooi en ek sou graag eendag vir Chompie wil ontmoet. Ek hoop ek kan ook eendag ‘n held genoem word. Kyk hoe lekker lê sy hier op Ounooi se skoot, sy wou net heeltyd op haar skoot lê. Ek dink Chompie mis vir Ouma-Ounooi baie. Gelukkig word sy altyd gevat om vir Ouma-Ounooi hallo te sê.

Hier volg die nuus – deur…

Ounooi het so bietjie gaan kuier – sommer BAIE ver, ver weg van ons. Sy was nie baie lank weg nie. Toe sy terugkom, het ek eers nie dadelik besef dat sy vir ‘n rukkie weg was nie en skielik tref dit my! Toe wou ek haar net opvreet en sy moes net keer of ek wou sommer haar hare in haar nek stukke uithap van opgewondenheid.  Ek het sommer ook bietjie op haar skoot gelê en slaap – nie vir lank nie – maar dis nou iets wat ek nie sommer doen nie. Ounooi het my van AL die honnes vertel en gesê sy gaan nog baie nuus vir julle hê oor al die honnes daar in die land van Afrika. Sjoe, ek kon ook nie byhou met al die honnes nie, selfs ‘n kat ook! ‘n Kat! Ja, ‘n kat, wat muise vang en tooi. [hoor ek nou die liedjie van ‘dapper muis’ iewers?]

O ja, in hierdie foto’s is Hektor. Hektor is baie, baie, baie kwaai, maar Ounooi sê hy is so cute, sy wou hom net in ‘n tas pak en saambring! Oubaas lag net. Hektor is so bederf, maar dis ook omdat hy die hoof van ‘security’ is daar in daardie ver land! Hektor slaap op die bank in die sitkamer, by die voordeur. Hy word elke nag met sy lekker dik kombers van kop tot tone toegegooi! Kyk die foto!

Hektor sit by een van die poplappe op die bankie.

Hektor is vaaaa-aaa-aaak!

Hier is Hektor TOE onder sy kombers, van kop tot tone en weer tot sy kop! Ai, ek sal so lekker met hom kan speel!

Tjirts! Hier het Hektor wakker geword. Kyk net hoe gaap hy! Die bederfling! Sjoe…hou die spasie dop, meer honnes en ‘n kat gaan kom hallo sê en meer nuus sal aan julle voorgehou word. Ek het nou eers als gesien. Honnes wat so bederf word! Ounooi het so lekker gelag toe daar vertel [en gedemonstreer word] hoe Hektor kanse vat om op die beddens te slaap, spesiaal by Ouma-Ounooi. Sjoe, Hektor is darem ‘n oulike woefe!

Hoogtyd

Wat! Wie roep my en wek my hier uit ‘n diepe slaap?!

Droom ek, of wat? Ek is seker ek het my naam gehoor!

O! Dis Ounooi! Al weer met daardie ding wat kliek-kliek maak. Ek hou nogal van die ding, ek poseer graag vir ‘n foto!

Maar ek is nog so vaak!

Kyk nou net hoe glimlag ek vir ‘n foto!

En klaar is die foto-sessie! Nou kan ek verder slaap!

As Ounooi nou net wil loop, dan kan ek DALK weer aan die slaap raak! Die hoogtyd dat ek my eie kamer kry in hierdie huis waar ek my eie privaatheid kan hê.


Geniet hierdie animasie!

Vandag

Ons het lekker ver gaan stap. Ek is lief vir stap, maar dis altyd ‘n ‘gesukkel’ om my uit die huis te kry, want sien, ek hou niks van die harnas wat ek moet aankry vir die leiband nie, maar sodra ek in die ooptes is, pla dit my min. Ounooi was slim, sy het net gou-gou die woord ‘kat’ gesê, toe’s ek soos blits uit die huis uit reg om in die kar te spring. Kyk net hier, so reg soos ‘n boer se roer!

Hier in Ingeland het die mense in die jare 40 [ek dink!] baie protes-optogte gehou en daarom is daar toe wette ingebring dat mens enige plek in die land mag stap, solank jy die reëls van die country-code volg en dit is om plekke nie te bemors nie en om op die stappaadjies te bly. Jy mag ook nêrens sommer net ‘n tentjie opslaan nie. Hier kan van die bordjies gesien word wat aandui waar jy moet loop/stap.

Hier by ons in die bos blom die ‘blue bells’ nou en Oubaas wou vir Ounooi dit kom wys het. Toe ek sien Oubaas gaan nie terugdraai nie, het ek duidelik vir hom begin wys dat dit tyd was om terug te gaan huistoe. Ek het elke nou en dan net so gaan lê, sommer so elke 20 tree! Oubaas was toe verplig om terug te draai en toe was ek darem bly hoor! Ek was al poegaai gestap en hy ken al my body language!  Ek dink julle behoort die fyn wit bloeiselblaartjies op die grond te sien lê as julle op die foto klik. Dit het heerlik soet geruik. Op die vorige foto kan julle die ‘blue bells’ sien. Klik op die foto om dit duideliker te sien.

My Skelmbosh-e maatjie

Wat ‘n pragtige foto! Woef! Woef! Ek kon nie glo wat Ounooi hier vir my gewys het nie. Ek het weer gekyk en weer gekyk en weer gekyk. Langs my rug het sulke kriewelings gegaan, ek weet nie hoe om dit te beskryf nie. Die honne op die foto is net te mooi en daardie agtergrond! Ek het die foto ook bietjie gelek, ek het my nat snoet daarteen gedruk en my asem het sommer so ‘n bol wasem op die foto gemaak, toe moes Ounooi eers die lap vat en bietjie afvrywe. Sy het sommer met my gemoan ook, gesê ek moet met my bal op die trappe gaan speel. Ek was sommer vies, ek wou nog gekyk het! Ek sal maar weer moet terugkom om weer te kan kyk. Ek gaan nou maar eers speel. Die maatjie bly in Skelmbosh en haar naam is ‘Emily’. Sy tik graag la-ng stories oor al haar ‘kattekwaad’ en ek en Ounooi geniet dit altyd. Ek woef gewoonlik as ons dit lees. Skelmbosh is ook een van my gunsteling plekke. Wel, ek dink so, want dis een van Ounooi se gunsteling plekke, dus sal dit myne ook wees. Alles wat Ounooi sê is reg en lekker.

Gee my skuim en ek’s ‘n gelukkige honne

Wanneer Ounooi gereedmaak om te bad, kan ek myself nie help nie, ek moet altyd daar wees om bietjie skuim te eet! Ounooi wonder waar die gewoonte vandaan kom, maar sy vergeet dat sy dit as ‘n speletjie begin het toe sy eenkeer so diep onder die water in die bad gelê het. Hier sien julle my, die water tap nog in, maar ek moes al my lekkies inkry!

Sneeuhonne

Hier kan julle sien hoe erg dit hier by ons gesneeu het. [kliek op die foto’s vir ‘n groter foto] Ek het my natuurlik gate uit geniet en my bal vreeslik rondgegooi en tussen die sneeu gesoek, sommer so met myself gespeel, maar dit was nog lekkerder die kere as Oubaas ook kom saamspeel het. Ounooi is bietjie dom dink ek, sy kan nie in die sneeu speel nie, sy moet nog leer hoe om met ‘n honne in die sneeu te speel. Sy weet net van koud kry en binne bly as dit sneeu. Sy weet net van uitgaan in die sneeu as sy wil foto’s neem.

Kyk net hoe heerlik lê ek in die sneeu! My pels groei net dikker en dikker en ek geniet hierdie koeligheid, soms raak dit te warm vir my binne-in die huis en voel ek om net so effe af te koel in die sneeu. Ounooi het gedink ek kry koud, maar dit wys jou hoe dom sy is.

Hier het ons baie, soos in baie, sneeufeëtjies gekry. Hulle het letterlik hier ingetrek! Ons hoop hulle kom gou weer! Ons wil langer vakansie hê!

Hier sien julle Ounooi-hulle se karre, albei ‘n lekker sneeukombersie en hulle het lekker warm geslaap hoor! Moenie dink dit was koud vir hulle nie! GELUKKIGE NUWE JAAR vir almal wat hier lees!

Ek het ook ‘n skoen!

Hierdie week was glad nie my en ounooi se week nie. Ounooi het ‘n lekker vrot verkoue en voel nog baie vrot en ek het weer met Oubaas gaan stap en deur my mannewales met balspelery, het ek ‘n sny opgedoen! My een kussinkie is byna afgesny en Oubaas moes inderhaas met my veearts toe jaag. My poot het nogal erg gebloei, maar dit was nie so erg soos dit gelyk het nie. Eers het die veearts vir my ‘n dik verband om my poot gedraai en ek was ‘n soethonne, ek het nie dit probeer aftrek nie. Ek het vir drie dae daarmee rondgeloop en sommer lekker bederf geraak! Ek het saans op Poplap se bed geslaap! Gister het die verband afgekom en tannie suster by die veearts het gesê dat my poot mooi lyk en toe trek sy vir my ‘n babakousie aan! – Julle sal nog die foto sien met die pers verband en die een met die babakousie! – Sy gee toe vir my hierdie skoen! Ek moet die skoen dra wanneer ek gaan stap en ek het nou gedink dis briljant. Ek dink ek moet nog skoene vir my ander pote ook kry. Dan gaan ek dalk nie nog snye in die toekoms opdoen nie! Ek hou van hierdie skoen en ek probeer dit ook nie aftrek nie, ek weet dit is goed vir my. Die skoen is van egte leer gemaak! Sjoe, ons honne word darem bederf hoor!

En hier kan julle my met die eerste dik verband sien. Dis met hierdie pers verband waarmee ek eers drie dae moes loop voordat tannie suster by die veearts dit vervang het met ‘n babakousie!