Ek het ook ‘n skoen!

Hierdie week was glad nie my en ounooi se week nie. Ounooi het ‘n lekker vrot verkoue en voel nog baie vrot en ek het weer met Oubaas gaan stap en deur my mannewales met balspelery, het ek ‘n sny opgedoen! My een kussinkie is byna afgesny en Oubaas moes inderhaas met my veearts toe jaag. My poot het nogal erg gebloei, maar dit was nie so erg soos dit gelyk het nie. Eers het die veearts vir my ‘n dik verband om my poot gedraai en ek was ‘n soethonne, ek het nie dit probeer aftrek nie. Ek het vir drie dae daarmee rondgeloop en sommer lekker bederf geraak! Ek het saans op Poplap se bed geslaap! Gister het die verband afgekom en tannie suster by die veearts het gesê dat my poot mooi lyk en toe trek sy vir my ‘n babakousie aan! – Julle sal nog die foto sien met die pers verband en die een met die babakousie! – Sy gee toe vir my hierdie skoen! Ek moet die skoen dra wanneer ek gaan stap en ek het nou gedink dis briljant. Ek dink ek moet nog skoene vir my ander pote ook kry. Dan gaan ek dalk nie nog snye in die toekoms opdoen nie! Ek hou van hierdie skoen en ek probeer dit ook nie aftrek nie, ek weet dit is goed vir my. Die skoen is van egte leer gemaak! Sjoe, ons honne word darem bederf hoor!

En hier kan julle my met die eerste dik verband sien. Dis met hierdie pers verband waarmee ek eers drie dae moes loop voordat tannie suster by die veearts dit vervang het met ‘n babakousie!

6 Responses

  1. Ag moeder, gelukkig het jy ‘n goeie oubaas en ounooi wat na jou kyk🙂

  2. hi Ounooi Paula! Ja, ek dink ek is ‘n gelukkige honne, ander honnes is nie so gelukkig nie.

  3. Michael Jackson Dog?

  4. Jissie Zandie jy is baie sexy.

    MJ het mos pal handskoene gedra, soos jy ook.

    Hoop jou pooikie is heel gesont.

    met liefde van jou vriendin en poelieshond

    emily

  5. Hi Emily! Sjoe, ek bloos al weer!🙂 jy se aanhoudende sulke -x-woorde, ek is nie gewoond om hulle te hoor nie…😆 My poot is darem toe op die ou einde gesond. Ek het my baie mooi soet gedra, want oubaas het my als mooi gevertel wat die oom vee-arts gese het en ek het geweet dat dit my nie sou siek maak nie. Alles wat oubaas vir my se en doen is net reg en hy is my hero bo almal. Ounooi kom tweede, ek spring op haar skoot [darem net met my voorlyf, anders sal ek haar omspring!] as sy “drukkie” se, maar as dit oubaas is, dan is dit sommer al my pote op hom!🙂 Baie liefde vir jou ook! Jy moet weer kom kuier!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: