Proffessor

Dames en Here

Kan julle asseblief julle sitplekke inneem, die vergadering gaan begin! Tyd is ongelukkig min en honnes kan nie vir ander honnes wag nie! Dankie, sal daardie meneer in die agterste ry ook sy sitplek nou kan inneem, sodat ons die vergadering kan begin!

Ai, nou is dit weer mevrou Kat wat nie kan ophou kla nie! Wat is haar storie nou weer vandag! Ek dink ons honnes moet haar sommer hier uitboener, sy mors ons tyd. My motorbestuurder wag vir my, ek het ‘n volgende vergadering wat wag!

2 Responses

  1. O Prof Zandie, hierdie Emily hond se knie is nou lam toe sy jou kiekie sien.

    Jy is wragtag een van DIE mooiste seuns wat ek nog gesien het. En daai hare is something to die for!

    Praat jou mense net Afrikaans met jou? Emily praat net Afrikaans, maar as sy blaf by die hek, is dit net Ingils al die pad. Dis iets verskrikliks. En ek is seker ek hoor soms ‘n lelike woord deurglip as sy so parmantig staan met die stert in die lug en blaffff

  2. Hi Emily! Jong ek verstaan GEEN ander taal as NET Afrikaans nie. Die bure se twee seuns het my eenkeer opgepas vir so 3 dae en Oubaas moes vir hulle ‘n paar woorde leer sodat hulle met my kon speel en ek darem hulle kon verstaan.🙂 As ek blaf – vir hierdie simpel kat hier rond (niemand se kat nie), dan voel dit ek wil sommer blaf soos ‘n matroos, want daardie kat treiter my en hy weet dit! Hy sit lekker anderkant die draad en kyk vir my. En as hy in die erf is, dan is dit sommer tjoeps, en oor die draad is hy! Dit laat die matrooswoorde sommer in ‘n ry uitgly! Oubaas raas altyd met my oor daardie matrooswoorde. Hy se hy leer my nie so nie en hy weet nie waar ek dit hoor nie. O ja, ek is ‘n dogtertjie.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: