Hoeners en Honne

DSC02218

(English readers – please slide down in each post)

Siestog, kyk net hoe wag ek vir iemand om met my te kom speel. Die lewe is darem maar swaar as jy net die hele tyd wil bal jaag. Terloops, ek is nou slimmer, ek weet dis nie ‘n geel skapie nie, Ounooi-hulle het ‘n rukkie gevat om my dit te leer, maar ek het julle mos al gesê dat ek bietjie “agter” is met die leerdery. Ek is darem nie meer so ver agter nie, ek dink ek is nou net so een dag agter. Ek probeer alles onthou wat ek elke dag leer. Dis baie, maar as ek my kossies mooi opeet, dan is dit makliker om dit te onthou.

DSC02230

Ek moes eintlik al vir julle al voorheen hierdie siesa-asblik gewys gewys het. Honne-base moet honne-poefies optel – julle het my ander foto gesien met die £500 boete – en dan hierin gooi wanneer hulle met hulle honnes stap. Ek sal nog vir julle die spesiale sakkies wys, maar jy kan sommer enige sakkie gebruik, dit maak nie saak wat jy gebruik nie.  Hierdie asblik is baie naby ons huis.

DSC02227

Wanneer ons gereedmaak om te gaan stap, sit ek altyd baie mooi stil en wag by die hekkie in die hoek van ons agtertuin. Kyk net. Ek het ook ‘n  halsbandjie gekry met ‘n tag en daarop staan my adres – net ingeval ek wegraak. Kyk my mooi rooi harnas, dit hou my lyf baie beter vas as slegs die halsband alleen om my nek wat my soms verwurg het as ek te vinnig wou hardloop. Dan moes Poplap-hulle my intrek en dit het my so bietjie seer gemaak.

DSC02231

Hierdie is die nuwe paadjie wat nou my derde keer is wat ek hom stap. Hierdie oorklim-trap is nogal oulik, maar ek moet nog leer om dit te doen, daarom wag ek mooi vir Boeta-hulle en gaan ek dan deur die draad, wat makliker is.

DSC02234

Sjoe! Ek het so baie nuwe maats ontdek! Kyk net hierdie Spaniel! Ek het geweet wat om te doen en sommer eerste plat op die grond gaan lê. Ek het gesien hierdie honne is sommer heelwat groter as ek. Sy boeta is nogal oulik en het nie omgegee dat ons twee vir mekaar hallo sê nie.

DSC02237

Ai, die langer grasse is tog te lekker! Ek val sommer so plat in hulle en rol om en ek moet nog net hardop lag, dan is ek ook ‘n mens! Ek loop partykeer so laag wydsbeen sodat die grasse bietjie my maag kielie, dis tog te lekker, julle moet dit ook bietjie probeer.

DSC02242

Ek hou baie van die verskillende soorte blomme en Ounooi wys hulle graag vir my om aan te ruik. Kyk net hierdie mooi pers blommetjie! Hulle laat net my neus so bietjie kielie as ek aan hulle ruik. Ek byt hulle nie af nie, nee, ek is ‘n soet honne.

DSC02276

Soet honnes en hulle base loop net op die voetpaadjies. Ek weet al om vir die merkers te kyk en draai sommer vanself links of regs as ek hulle sien. Ounooi sê ek is nie ‘n b/d-honne nie. Nou weet ek nie wat dit is nie. Ek wonder nog oor dit. Miskien sal ek nog uitvind wat dit is.

DSC02249

Oelala! Net toe ek dink ek sien skape! moes ek hoor dat dit hoenders is! Ag, kyk net hoe oulik is hulle huisies! Ek dink ek wil ook so een hê. Ek wonder of hulle ook trappe het wat na ‘n tweede verdieping gaan. Ounooi-hulle se huis is so, maar ek mag nie boontoe gaan nie, nee, ek is ‘n baie soet honne.

DSC02252

Oe genade! Niemand kan naby die hoenders kom nie. Kyk net hierdie verskriklike teken. Ek hoor hierdie hoenders is free range-hoenders. Dis sommer net ‘n baie groot woord wat beteken dat hulle maar net op die gewone plaas buitekant rondloop. Ek is ook free range, want ek loop ook sommer net buitekant rond. Ek wonder of julle ook free range soos ek is. Julle moet my asseblief laat weet. 

DSC02251

Ek wou nie die hoenders byt of vang nie, nee, ek is ‘n verskriklike soet honne. Ek kyk net vir hulle, kan julle my sien?

DSC02299

Ai-ta! Nog ‘n maatjie! Hierdie Jack Russel-maatjie was bietjie bang vir my en sy Boeta’tjie het lekker vir hom gelag, want ek is eintlik nog ‘n baba. Ek het weer geweet ek is die baba en wou net die hele tyd plat op die grond neerval, maar dan skrik ek vir die Jack Russel wat so weghardloop. Ek weet nie hoekom hy weghardloop nie, ek is mos ‘n soet honne.

DSC02301

Glo julle in dinosaurusse? Ek dink ek het een se kop gekry! Wat dink julle is hierdie? Vyf woefe as julle vir my kan vertel wat dit is.

English readers: Woof! I went for a walk – like all the other days. I met some new friends on my way – as you can see. I also enjoyed the long grass in the field, I just need to learn to laugh like a human, then I’ll be one! I’m a fast learner and learnt yesterday about chickens! I know they are not sheep and I know I must only sit and watch them. I’m a clever puppy and learn every day so many new things! Woof! I wonder if you believe in dinos! I think I found a dino head! Look in the last image and see if you can tell me what that is, if it is not a dino’s head!

10 Responses

  1. Dit lyk omtrent lekker daar by julle nuwe huis. Ek wens hier was ook sulke oulike asblikke. Ek het ook 3 free range honne, maar ek dink nie hulle is so slim soos jy nie. Hulle is maar partykeer stout en dan grawe hulle gate orals in die tuin. Amper so orals soos die bloekombas daar by jou! Jy het my al weer aan die dink met jou raaisel foto. Dit lyk vir my soos ‘n klip maar ook nie heeltemal nie. Sê vir ounooi sy is skelm as sy die fotos so kleiner maak. Lyk my sy wil nie hê jy moet jou woefe uitdeel nie.

    • Woef! Oubaas Connie! Ek dink jou honne is baie slim, ek glo nie mens kry dom honne nie, net lui honne, ek is nou baie lui. Ek is bly jy het ook free range honne, dis mooi so! haha…jou honne grawe gate! Ek het ook al een gegrawe, maar ek leer nou om hulle nie te grawe nie, net as ek my bene wil kruis, ek hoop jy het op die foto gesien hoe ek hulle kruis. Oubaas Connie, jy is doodreg. Daardie is ‘n klip. Ek sal vir Ounooi sê om nie skelm te wees nie, sy moet ook sommer vir my sê wat skelm beteken, ek weet nog nie van skelm nie. Haai oe, ek wil baie graag woefe uitdeel en ek gaan nou vir jou vyf woefe gee! Woef Woef Woef Woef Woef! Jy is ‘n baie slim Oubaas! Woef, nog ene!

  2. Arme Zandie. Sit die spikkelkat nog op jou kop, hmm? :mrgreen:

    Jy is ‘n baie slim honne om die merkers te herken?!
    Wat is ‘n b/d honne, het jy al uitgevind? 🙄

    • Ounooi Boendoe, my ounooi moet net bietjie ‘n baie mooi foto van my neem, sy sê sy het sulke mooi foto’s, maar sy wil graag ‘n mooier een vir my skrywery hê. Ek weet al van katte, maar ek het nog nie gehoor van spikkelkatte nie, die kwaadkat hier langsaan wat vir my sssshhhh gemaak het is sommer net ‘n kat. Ek het nou gehoor wat b/d honne is. Oubaas het ook gevra wat dit is. Ounooi het verduidelik dat party honne nie weet waar links is nie – dis die “d”- sy magie wys links en ander weet nie waar regs is nie – dis die “b”, want sy magie wys regs en as honne nie weet van links en regs nie, dan is hulle b/d honne🙂

  3. You have your own blog, while my doggie Milton has his own Facebook page.🙂

    I’m not sure what that last image is. Might be a dino’s head.

    • Hi master Dan! I’m a good girl and also a clever girl, your doggie sounds like a clever doggie too. Is Milton a he or a she? Milton is a beautiful name, just like mine. I hope Milton is my friend, my bestest friend! What is Facebook, I don’t know about facebook. Is it a book you can put on your face? or is it your face inside a book?
      Woof! I thought it was a dino’s head too, but it is a rock. Don’t you think it looks like the face of a huge bad dog? I’m not a bad dog, I’m a good doggie. Woof!🙂

  4. Hallo Zandie! Ek lees so deur jou blog en ek wonder of jy besef dat jy ‘n baie gelukkige hond is? Dat jy met jou alie in die botter geval het toe jy by jou nuwe huis beland het?
    Een van ons honde, Bella, besef nog nie hoe gelukkig sy is om by ons te woon nie, sy was die “runt” van ‘n opregte mengelmoes-gesinnetjie (Duitse herdershond/kollie/Labrador) en sou waarskynlik iewers op ‘n plaas ‘n “outside dog” gewees het wat in die “barn” moes slaap saam met verskeie ander honde en slegs verdeelde aandag geniet het.
    Nou mag sy selfs op een van die banke in die huis le as sy nat en moeg gehardloop is (dis nou nie ‘n plaas nie, maar darem 3 akkers om in rond te speel), en sy slaap bo in die slaapkamer by haar oumies en oubaas saans en hoewel sy baie sensitief is vir kritiek, leer sy vreeslik vinnig, glo omdat sy eintlik baie slim is, se die veearts. (‘n Slim, sensitiewe hond met ‘n swak blaas se haar oubaas…)

    • hi Ounooi Desia! Welkom hier op my blog. Ek is bly jy het deur my blog gelees. Ek weet al van gelukkig, ja ek dink ek is ‘n baie gelukkige honne. Ek was nie ‘n gelukkig honne by die anner huis nie. Dit klink vir my jy is ‘n baie, baie, baie goeie Ounooi. Jou honne is ook ‘n gelukkige honne om jou en Oubaas te hê. Ek dink jou honne slaap baie lekker om daardie bank, veral as sy nat is! Poplap maak my so gou droog as ek nat is, maar sy weet nie hoe lekker dit vir my is om so rond te hardloop en te rol as ek nat is nie. Sy sal nog leer. Sjoe, julle het ‘n groot plek. Ek weet nog nie van sensitief nie, maar dit klink nie seer nie, ek sal Ounooi vra, maar ek weet baie goed van slim. Jou honne klink sommer baie, baie slim. Ek weet ook van vee-artse en hulle is baie goeie mense. Ek weet die vee-arts sal jou goed help met jou honne. Ek sal graag jou honne wil sien. Dan kan ek vir hom hallo sê met ‘n woef!

  5. Ek kan sien jy word elke dag slimmer en slimmer. Een van die dae kan jy almal in die huis iets leer of hoe?!

    • Hi Ounooi Sandra, ek word so slim, elke dag soos jy sê. Ounooi sê ook wat jy sê. Ek dink ek leer hulle al klaar baie goete van honne. Woef!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: