Waghonne

P030909_07.06

P030909_07.06[01]

Oubaas het hierdie twee foto’s van my geneem met sy selfoon, hy dink my oortjies is nou net te oulik. Die foto’s mag dalk vir julle bietjie snaaks lyk, want hy het dit deur die glas skuifdeure geneem. Hy sê hy was bang ek spring van die bank af as hy eers die deure sou oopmaak. Ek lê graag op hierdie bank van my in die “conservatory” as ek uitkyk buitekant toe en waghonne is. Dit is so ‘n lekker plekkie vir my om seker te maak daardie stoute groot ouboetas spring nie weer oor die muur nie. Ek het julle nooit vertel van verlede naweek nie. Groot boetas – sommer baie van hulle – het in hulle erf gespeel en toe beland hulle bal in ons erf. Ek het so hard en baie vir hulle geblaf, spesiaal vir die boeta wat toe oor die hoë muur spring om sy bal te kry. Ek dink ek het hom lekker laat skrik, hy moes in die peer-en appelbome klim om weer oor te kom na hulle kant. Oubaas moes my baie gou stil kry, want hy sê ek het die hele buurt laat weet dat ek ‘n goeie waghond is. Ek het sommer hier vir julle ‘n gediggie gekry waarvan party van julle sal hou. Ek dink hierdie gediggie is vir my geskryf.

WAGHONDJIES (Jan F. Celliers)

Ek is hier, en Ma is hier,
Ons twee lê op Baas se baadjie.
Wie is jy?
Kom, loop verby,
Anders word ons knor ‘n daadjie –
Kry jou bene dalk ‘n hap.
Kry jou broekspyp dalk ‘n gaatjie.
Mooipraat? Nee, ons ken jou nie.
Weg jou hand en raak ons nie!
“Oppas,” het die baas gesê,
“Tot ek weer kom, hier bly lê.”
Op ons pootjies lê ons kop,
Maar ons hou jou darem dop.
Toe-oog slaap ons op die baadjie,
Maar ons loer nog deur ‘n gaatjie –
Een oor plat, en een oor op,
PAS-OP!!

8 Responses

  1. Stem saam met Oubaas, jou oortjies lyk darem te oulik! Pragtige gediggie🙂

  2. Met sulke oortjies kan ek sommer sien jy’s ‘n op en wakker waghond.

    • Dankie Ounooi Sandra! Ek gaan altyd probeer om op en wakker te bly. ‘n Ander ounooi vertel vandag dat my soort honne die slimste van al die honne is. Ek was so bly toe ek dit gehoor het!🙂

  3. *proes*

    Jou oortjies lyk baie…eh…oulik, Zandie! 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: