Wha!

DSC02678

Yikes, hier’s ek weer! Ounooi was weer so ‘n skelm gewees, sy roep my so ewe en ek het gedink ek moet kom “boude” maak, toe kliek-kliek sy so vinnig toe ek ingestorm kom, maar nou kan julle sien hoe lyk ek vandag, 5 kg swaarder as toe ons hier ingetrek het! Aita, ek weeg nou ‘n mooi ronde 10kg. Sjoe, ek weet nie mooi of dit vet of swaar is nie en of dit meen ek moet op ‘n dieet gaan nie, ek sal maar vir Ounooi moet vra wat dit beteken!

DSC02194

Hier kan julle my kossies sien wat ek eet, maar ek eet ook nie meer die kossies van die pak aan die regterkant nie, nee, ek is nou bietjie groter en ek eet nou net die pak aan die linkerkant se pille. Ek “gobble” dit so vinnig op – o ja, ek het vergeet om uit te vind wat “gobble” is, Oubaas sou nog vir my gesê het, maar nou kry ek dit in daardie rooi balletjie wat julle op my inskrywing van “Waa’s die kos dan nou” gesien het. Partykeer strooi Poplap dit die hele vloer vol, sodat ek dit nie so vinnig moet eet nie, dit maak my lam! Kan iemand asseblief hier vir haar ‘n boodskap los en net vir haar sê. Ek is seker julle gaan almal vir haar hier dit kan doen, ek sal tog so bly wees, want ek vat  so baie lank om al die pilletjies opgeëet te kry.

Vanoggend het Ounooi so lekker vir my gelag. Oubaas het my geleer net om so saggies te woef as ek nie regtig seker is of ek moet blaf nie. Vanoggend het sy langs my op my bank gesit en tee drink – dit was nog toe die hele familie gelê en slaap het! – toe maar ek sulke woef-woef geluidjies net so bo-langs en soms was dit net so ‘n geblaas deur my neus. Ounooi het baie vir my gelag en gedink dis baie snaaks. Sy het ook sommer hard gelag toe ek op die bank “boude” maak en amper agteroor val, sy moes net baie woes keer sodat ek nie afval en dalk my kop seermaak nie. Ek moet nog my balans baie oefen en kan dit nog nie op my eie regkry nie, sjoe, dis darem swaar om ‘n honne te wees wat nog leer. [as jy hier lees en nie weet wat “boude” is nie, maak seker dat jy my inskrywing oor “boude” lees sodat jy kan weet waaroor dit als gaan]

DSC02195

Hier sien julle nou wat Oubaas-hulle moet saamneem as ons gaan stap. Elke keer as ek ‘n nommer-2-glipsie kry, moet hulle dit optel en in ‘n sakkie binne-in die honne-asblik sit. [julle het ook al die rooi honne-asblik-foto gesien wat Ounooi vir julle gewys het] Dis nie baie lekker vir Oubaas-hulle nie, veral Boeta hou net mooi niks daarvan nie en hou altyd die sakkie ver voor hom uit aan ‘n punt as hy dit moet doen, ek weet nie eintlik hoekom nie, want Oubaas sê vir hom dat “dit als in die sakkie is en jy net die sakkie dra,” maar Boeta wil nie luister nie, hy trek sy neus ook so baie snaaks as hy dit moet doen. Ounooi hoef dit gelukkig nooit te doen nie, sy is baie happy, want Poplap en Boeta het haar belowe hulle gaan mooi na my kyk as sy “ja”  sou sê vir ‘n woefie.

DSC02197

Op hierdie foto kan julle sien hoe my halsband and leiband van naby lyk, dit kan verstel word en ek kan lekker ver vooruit loop. Soms maak Ounooi-hulle my sommer helemal los en loop ek vry rond. Dit is sommer baie, baie lekker! Ounooi het iets belowe van “nog foto’s van die omgewing bietjie later”, ek weet nie mooi wat sy daarby bedoel nie, miskien sal julle beter weet. Ek dink julle moet ook weer later kom kyk wat sy hier doen, sy is bietjie baie moeg na al die groot boetas en poplappe wat sy leer, sy maak en praat bietjie snaaks.[hehe]

2 Responses

  1. Al 10kg! Sjoe maar jy word groot! Ek sal ook maar soos boeta daardie sakkie gedra het. Ek is nie baie goed met sulke goed nie. Sê vir Boeta as hy nie van daardie sakkies hou nie, sal hy defnitief ook nie eendag van baba doeke hou nie.🙂

    • Hi Oubaas Connie! Jy moet net Boeta se gesig sien, ek dink ek moet vir Ounooi vra om bietjie vir jou te wys hoe lyk hy as hy sy neus so optrek! Ek glo nie hy gaan hou van babas se doeke nie.😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: