Toppetade

wilwies_00940121-0001-thumb4

wilwies_00940121-0008-thumb4

Ounooi het hierdie oulike honne-boek op haar rekenaar gekry en te heerlik vir my ‘n honne-storie gelees, maar sy het gesê sy het so bietjie TLC nodig en toe gee ek vir haar bietjie TLC. Die van julle wat nie weet waarvoor TLC staan nie…vra maar net vir my, ek is ‘n slim honne.

DSC02643

Sjoe, eina, brrrrrrr…watse knoppies kry ek nou hier op my honne-maag! O, Ounooi sê dis hoenervleis! Hoenervleis! Ek het die hoeners gesien, ek kan nie hulle vleis ook kry nie! Nee, ek dink Ounooi het dit mis, maar dalk is sy ook bietjie slimmer as ek. Hierdie spinnetop het Ounooi hier by ons voordeur afgeneem! O, nou wil julle weet hoekom ek spinnetop sê? Ounooi het my mooi vertel dat Poplap nie “spinnekop” kon sê toe sy so 2 jaar oud was nie, sy het ook met die rrrrr gesukkel en sy was lief vir haar wye looi lokkie wat so in die londte opgelig het as sy so vinnig in die londte gelaai het. Sy het Oubaas eendag in die garage geroep toe sy baie toppetade gesien het. Oubaas het lekker vir haar gelag.

DSC02634

Hierdie foto het baie toppetade! Ek hou daarvan om vir Poplap te na-aap! Ek dink sy is slim.

DSC02663

Oeeee!! Ek wonder wie onthou my maatjie se naam! Vyf woefe vir jou! Leidraad: kyk na my vorige poot-spoortjies!

DSC02513

En wie is hierdie haas wat lyk of die koplamp se lig in sy oë skyn! sjoe, kyk net daardie ole van my!

4 Responses

  1. Haai, julle moenie so vir poplap “bedrieg” nie. 🙂 Dit lyk nes jou maatjie Mutley.

  2. Het jy geweet in Amerika is daar ‘n lugdiens waarin net honde en katte vlieg. Ja dis waar, op daai vliegtuig hoef hulle nie onder in die vragkajuit te sit nie, hulle vlieg binne-in saam met ‘n lugwaardin net vir hulle, soos mense.
    oulik ne?

    • Hi Ounooi Rosa! Ek het die anderdag vir Ounooi en ander-Ounooi Rika gehoor praat van honne-paspoorte, want my maatjie, Mutley (hier op my blog) gaan ‘n honnepaspoort kry na Rusland! Sjoe! Ek wens ek kan ook ‘n honnepaspoort kry, dit klink tog so baie belangrik vir my. Ek dink daardie honne wat so saam met die lugwaardin vlieg word lekker bederf, ek gaan my Ounooi vra of ek ook so kan vlieg.🙂 Dis sommer baie, baie oulik, woef!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: