Boude

DSC02667

Liewe genade! Ek het darem vreeslike goete gehoor van groot boetas en poplappe vandag. Eintlik die afgelope week al! Ounooi vertel so baie, my kop draai al behoorlik. Sy vertel van die boetas en poplappe wat sy moet leer en hulle is nou in hul laaste jaar van verpligte skool, hmm…dit maak hulle so sestien jaar oud en hulle sal dan sewentien wees teen die einde van die jaar.

Nou vra julle wat het die spul engelse boetas en poplappe met ‘n Afrikaanse honne te doen, wel alles, sê ek vir julle! Ek is sommer baie slimmer as hulle. My Afrikaans is sommer baie, baie beter as hulle s’n ook! Wat weet hulle nou van “sit” en “poot” en al die dinge! Ek is ‘n honne en ek weet baie meer. Ounooi het my nou iets nuuts begin leer, sommer net gisteraand so gou-gou en ek ken dit al! Sjoe, as julle wil hê Ounooi moet julle leer, dan moet julle net weet, sy leer jou sommer in ‘n paar sekondes enige iets!

Ounooi het my vertel van haar Jackie-honne. Dis die klein Jack Russeltjie wat julle die ander dag hier op my blog gesien het. Sy het vertel hoe het sy vir Jackie binne twintig minute – maar met rosyntjies! – geleer het om te “boude!” Ai, wat leer sy tog ons honne om te doen! (ek bloos nou bloedrooi hier, julle moet dit net weet! – enige honne sal vir enige iets bloos) Sy het vir my nou geleer om te “sit”, lankal al. Nou wil sy graag hê ek moet op my agterstewe gaan sit met my twee pootjies opgelig en sy sê sy kon nie aan iets anders dink as om “boude” te sê nie…[hehe Sy lag nou heerlik oor al die searches wat hier by my blog gaan uitkom met hierdie woord!]

Ok, [nou hoop ek Ounooi Vlam lees nou mooi die instruksies hier! hehe] eerstens het sy haar hand vir my gehou en ek het my poot gegee – soos gewoonlik – en toe sê sy vir my “boude” (stadig in lettergrepe sodat ek mooi moes luister wat sy wou hê) en ek het aan die begin niks gedoen nie, maar sy het my gewys dat ek my ander poot moes optel en my soort van gehelp-op-stoot en toe sit ek met twee pootjies in haar hand. Ounooi het dit ‘n paar keer gedoen – met ‘n “treat” natuurlik en ek het dit meer kere gedoen – vir die treat, nê [julle moet net dit weet ook!]

Vanmiddag toe Ounooi klaar geëet het [eintlik vanaand], vat sy toe weer treats en sy “boude” my aanmekaar en ek het sommer flink en vinnig myself opgehys en die ander pootjie ook vir haar gegee [natuurlik net om die treat te kry, hoe anders dink julle mense nou!] Sjoe, Ounooi is geweldig beindruk dat ek “boude” van gisteraand kon onthou het tot vanmiddag.  Ek stem saam met Ounooi, ek dink ek het ‘n IK van ‘n tienjarige kind! – alhoewel ek eintlik nog nie mooi weet van IK nie, maar dit klink sommer baie lekker, soos ‘n treat. Al wat Ounooi nou nog sê, – sy moet my ook nog meer daarvan leer en vertel – is dat my balans nog nie so goed is nie en dat ek later sommer mooi self sal sit sonder Ounooi se hande om my pootjies in te sit. Julle moet my net dophou! Dit gaan nie lank neem nie!

DSC02668

Ek hoop Ounooi Vlam sien my linkeroortjie raak! Hy staan nog steeds regop – nadat ek besluit het om my oor-styl te verander!

8 Responses

  1. Te oulik!

  2. 😆 Sexy oorstyl, daai! 😆

    Zandie, miskien moet jou ounooi vir klein swart Zuma vat en hom ook leer. Hy is nou wel nie so slim soos jy nie, maar ten minste is jou ounooi baie slim. Dalk kry sy iets in daai koppie van hom. Soos bv. dat sy ounooi NIE daarvan hou as haar enkels die hele tyd gebyt word nie. Het jy dit gedoen, of was jy nog altyd ‘n soet honne? 🙄

    • 😆 Dankie Ounooi Vlam! [sjoe! gelukkig het ek onthou Ounooi Boendoe is NIE meer Ounooi Brandnetel nie! Ek IS darem ‘n slim honne, jinne ons! Ek is nou so verlig! hehe]

      Ounooi Vlam, Zuma begin ook met ‘n Z! Aitsa, ons is “maatjies” op die alfabet!🙂

      Ounooi sê sy dink sy sal hom kan leer, hy is nou wel “swart”, maar dat sy dink hy baaaaaie slimmer as die ander Zuma sal wees, sy sê sy dink mens moet net bietjie hard “SA” skree en dan word hy dalk “wakker” en kry hy die “boodskap”. Nee, Ounooi Vlam, ek het dit glad nie gedoen nie, ek weet nie van “sulke dinge” nie. Ek dink ek was van die begin af ‘n baie soet honne gewees. Ounooi Vlam, miskien moet jy branderige mostert aan jou hakke smeer – of rissies.😯
      Ounooi Vlam! Poplap het nou net weer na my foto hier onder gekyk, sy lag haar dood en sê ek lyk soos ‘n Egiptiese hond! Ek wonder of jy ook so gedink het. Ek weet nog nie van Egiptiese honde nie, Ounooi sê sy sal vir my bietjie prentjies hier wys van Egiptiese ou honde!

      • Hiehiehie…ek lag nie vir jou se oortjies nie, maar nou met die tweede kykslag, lyk jy besonder snaaks so plat oppie boude! 😆 😆

        Ek sal maar bietjie kyk of ‘n harde SA die klein swart bliksempie sal laat wakker skrik. Dankie virrie raad, hoor. :mrgreen:

        • 😆 Ounooi Vlam, Oubaas sê nou net hier, dis oor jy hom Zuma genoem het dat hy jou hakskene byt! RFLOL! Hy sê ook jy moet bly wees jy het hom nie JACOB Zuma genoem nie, want dan het hy jou EERS aangeval. Woef-Woef-woef-woef! [hahahaha..]

          Ounooi is nou oppad om nog so ‘n oulike foto op te laai, sy sê ek “werk” op haar hartsnare. Nou moet ek ook eers weer uitvind wat hartsnare is! Ai tog, so baie nuwe woorde!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: