My vrot lap

DSC08288

Haai oe! Kyk net daardie voorpootjie! Dis hoe ek baie keer staan as ek in spanning wag dat my vrot lap – soos Ounooi dit noem – [of my bal] vir my gegooi word sodat ek dit kan gaan haal. Saans veral, omdat Oubaas-hulle almal meeste van die tyd nie by die huis is nie, is dit my aandag-tyd hier in die een deel van die sitkamer. Soms word tafels en banke weggeskuif vir my spelery, want ek kan nogal woes tekere gaan met my vrot lap! Ounooi wil natuurlik nie aan dit vat nie, sy sê sy gril te veel vir die ding wat eers ‘n was nodig het. Soms gooi Poplap dit vir my die gang af en dan skaats ek verby die studeerkamer waar Ounooi sit en werk en as ek dit te veel doen, dan maak sy haar stem bietjie dik, want ek skaats net mooi tot by haar werks-deur en sy sê daardie geluid kan nogal irriterend raak. [ ek het ook al so gedink, maar dan gaan Poplap net aan en ek gee natuurlik nie om nie!]

DSC08286

Kyk hoe gaan ek vir die vrot lap. Ounooi en Oubaas het by die eettafel gesit en net klaar geëet, toe besluit Oubaas hy wil sommer gou bietjie speel. Ek het probeer snaaks wees en Ounooi baie laat lag deur so nou en dan ‘n klomp kere in die rondte te draai met die vrot lap. Ek is bly ek kon haar laat lag, want haar stem is helemal weg, sy fluister-fluister so as sy met my praat. Ek dink sy het ‘n dag in die bed nodig, maar sy wil nie luister nie.

DSC08276

Sie a! Hier is die vrot lap!

DSC08284

Hierdie is een van my staan-posisies…net reg om weg te spring en as ek die vrot lap nie naby genoeg vir Oubaas neersit nie, dan sê hy net: NEE, dan weet ek ek moet die lap optel en nog nader sit sodat hy dit maklik kan bykom en kan optel. Sjoe, ek is darem baie, baie slim.

DSC08270

Hier het Ounooi my afgeneem. Sy het gedink dat
Zumie
baie van die foto gaan hou. Zumie het ook wit voetjies soos ek en sy stert se puntjie is ook wit. Ai, ek dink ek lyk so skoon op hierdie foto. Zumie sal seker met my beindruk wees, ek wonder wat dink julle?[hehehe]

Ek wil net vir Ounooi Vlam sê, ek doen nie meer daardie yukkie-goete nie! [Ounooi-hulle is so bly daaroor!]

4 Responses

  1. A-la-la! Dis sommer ‘n baie sexy foto daai, Zandie! Ou Zumie sallie weet wat hom getref het nie! Ek sien jy word ook nou lekker groot. Glad nie meer babatjie nie.

    Ek is bly jy doen nie meer die yukkie-dinge nie. Dit sit die manlike geslag vreeeeeeeeslik af, jy weet? 😆

    • Hi Ounooi Vlam! Woef! – dis ‘n hallo vir Zumie! Zumie het ook mooi groot geword! Hy moet eendag bietjie hier by my kom speel!🙂

  2. Met daardie regop-ore lyk jy altyd wakker en reg vir aksie – goed of sleg lyk dit vir my. Wil jy he Zumie moet met jou beindruk wees? Lyk my jy’s beindruk met sy pootjies en stert 🙂

    • Hi Ounooi Sandra! My Ounooi dink ook altyd ek is reg vir aksie en julle is albei reg. My energievlakke ken geen einde nie. Ek dink al klaar Zumie is beindruk met my. lol! My pootjies en stert is sommer mooi en pas mooi by Zumie s’n ook. [hehe]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: