Van stappies en moo’s en bene kruis

DSC02179

English readers…please slide down

Ons het nie gister so baie gaan stap nie, Oubaas en Poplap was weer die hele dag in London. Die keer by ‘n ander Ounooi, ek het net iets gehoor van Victoria. Ek weet nie of dit die koningin was nie, ek weet darem so bietjie van haar, want ek het gehoor dat party huise na haar vernoem is. Ek wonder of ek my huis ook so kan noem, dan bly ek in ‘n koningin-huis. Woef, ek het ook van ‘n koningin gehoor wat rondwoerts op ‘n skaakbord, miskien sal ek nog vir julle kan wys hoe sy lyk. Op die foto sit ek by Ounooi en julle kan sommer sien hoe lief is ek vir Ounooi, ek byt nie haar vingers baie hard  nie, net so liggies. Sy hou daarvan, ek weet sommer.

DSC021669

Vyf woefe vir iemand wat kan raai wat in hierdie foto saam met Oubaas se hand is. Leidraad, dis nie ek nie. Ek is bly ek lyk nie soos ‘n hand nie. Ounooi het die foto geneem toe ons eergister in ‘n nuwe veld gaan stap het. Ounooi is so bly oor al die baie stapplek hier, sy sê dit voel vir haar asof sy weer op ‘n plaas bly. Ek wonder toe nog wat ‘n plaas is, toe wys sy my hierdie moo! Sjoe, ek het baie groot geskrik vir hierdie moo wat so naby ons was. Hy wou net aan my kom ruik het.

 DSC021349

DSC02150

Vir die van julle wat nog nie perde ken nie, hulle eet grassies. Kyk net hierdie een se masker. Oubaas sê dis om die goggas van hulle oë te keer. Ek wonder hoe sal ek lyk met ‘n masker. Ek dink Poplap moet vir my een maak. Poplap het nog nie hierdie masker gesien nie. Sy ken van perde en ry al baie jare op perde. Sy het al begin toe sy 6 jaar oud was en kan al baie goed met perde spring en sy laat hulle sommer vinnig draf, net soos vir my. Sy weet wat is goed vir ons.

DSC02173

Oops, maar hierdie woef op hierdie prentjie is darem nie mooi nie. Ek wonder of julle op die bordjie die £500 kan lees. Dit is wat Oubaas moet betaal as hy nie my poefies optel nie, maar ek is ‘n soethonne, ek gaan ver in die veld as ek “sulke dinge” wil doen. Mens kry so baie soorte woefe, ek het net gehoor ek is ‘n Kollie-gekruis. Ek weet van Kollie, maar nog nie van kruis nie. Ek hoor net partykeer dat Poplap sê sy wil haar bene kruis. Dit klink darem baie lekker om bene te kruis. Ek het ook ‘n been, miskien kan ek hom ook kruis.

DSC02213

Kyk, hier is my been, ek probeer hom kruis! Ounooi het so gesukkel om die foto te neem waar ek hom kruis. Ek gebruik my snoet en wil hom kruis met grond, maar dit wil nie so lekker werk nie, die grond is bietjie hard en droog. Ek sal moet ‘n ander plan maak. O ja, Ounooi was bang ek sien haar toe sy die foto wou neem, sy het baie ver gestaan. Ek wil my been langs Ounooi-langsaan se heining kruis. Ek glo nie sy sou omgegee het nie.

English readers: Here you can see I learnt about moos on the farm. I wonder if you know what a moo is! I like them, but that one scared me. There are tiny new borns and they are so cute. They are called calves. I know about calves, I’m a clever pup. I can sit and stay, but I still find it hard to paw. Do you know about horses? They like to eat grass. Look at the mask on the horse’s head, I wonder if you know why it’s there. I was told it was to keep the flies from their eyes. I think I need one too. Would you like to have one too?

4 Responses

  1. Hi Zandie, ek weet nie wat dit in die foto is nie. het al my kop heen en weer gedraai maar ek weet nie wat dit is nie! Dis ook die eerste keer dat ek so ‘n perde masker sien!

    • Woef-woef, Oubaas Connie, jy het darem probeer, so ek gee vir jou twee woefe. Dit is ‘n stuk hout en hy lyk soos ‘n hand. Dit is darem ‘n mooi stuk hout, dink jy ook so? Ek is bly dat jy nou ook weet hoe lyk ‘n perde masker. Ounooi het ook gesê dit was die eerste keer dat sy dit gesien het.

  2. Wil jy nou meer. sou nooit kon raai dat dit hout is nie! Die vingers lyk amper soos ‘n lap wat opgewen is. Dit is ‘n pragtige stuk hout. Ek sou defnitief ook ‘n foto geneem het. Miskien sommer die hout huis toe gesleep het soos ‘n stout honne!

    • Woef! Oubaas Connie, my Ounooi wou dit ook sommer wegsleep soos ‘n stoute honne, maar dit is so ‘n massiewe stuk hout en dit het ook by ‘n ander huis se ingang gelê. Ek dink hulle was die stoute honne gewees!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: