Een oor op en een oor af

DSC02674

DSC02672

Ounooi sê vanaand ek werk op haar hartsnare! Ek wonder of iemand my tog bietjie kan help en meer verduidelik. Sy is nou te besig met boeta-en poplapwerk en sê sy sal my “later” verduidelik wat dit is. As Ounooi eers sê “later”, dan moet ek weet…O ja, ek hoop julle kyk mooi na my ore op die twee foto’s. Eintlik het ek ‘n nuwe oor-styl en my een oortjie is meeste van die tyd af, ek weet nie wat het die kamera hier aangevang nie.

Hier sit ek in die studeerkamer reg langs Ounooi, ek kom maar bitter selde hier, want ek weet al wat “studeer” is en dis nie lekker nie. Deesdae kom ek hier, want ek het nou baie gou [veral na gisteraand se “boude”] agtergekom dat ek hier ietsie lekkers kan kry. [sjoe, ek is ‘n slim honne] Ek het baie gou agtergekom dat ek net gou hier moet kom en “boude” maak – wat Ounooi skielik “kom-kom” begin noem en ek weet sommer al klaar wat dit is. Sy hou net haar hand vir my en dan spring my twee pootjies [ ek weet nie hoekom nie, dit gebeur sommer net vanself!] na haar hand! Ai, dan word daar dadelik vir my ‘n lekker ietsie gegee. Ek hoor Ounooi-hulle gebruik die woord “treat”. Sjoe, daardie woord beteken baie beslis iets lekkers, julle moet dit asseblief ook leer. Ek wonder of Zuma van Ounooi Vlam ook daardie woord gaan leer en of hy ‘n “swart” woord gaan leer vir dit. [hehe]. Ounooi sê dat Ounooi Vlam moet maar kyk of “monate” gaan werk moet Zuma, sy is nie seker of hy Noord-Sotho sal verstaan nie, sy dink dalk gaan hy eerder Xhosa verstaan…[bwhabwhabwha!][sorry, Ounooi Vlam, ek meen nie om vir Zuma te boelie nie, dis Ounooi wat sulke goete uitdink hier, ek is ‘n soet honne!]

« »

6 Responses

  1. Jy’s ‘n baie slim hond as jy jou ounooi se hartsnare kan speel, dit moet daai mooi honde-ogies van jou wees. Dis soos om haar om jou poot te draai as jy weet wat dit beteken.

    • Sjoe, Ounooi Sandra, ek weet net hoe om haar om my poot te draai en ek doen dit elke slag as ek so met my twee pootjies gaan sit. Sy kan dit dan net nie oor haar hart kry om dan nie vir my ‘n “treat” te gee nie. [ek weet natuurlik dat sy dit nie kan weerstaan nie, dis die dat ek dit so baie doen!]🙂

  2. Waar is jy Zandie? Speel jy wegkruipertjie of wat? Dis darem nou al lank van die laaste keer dat ons iets van jou gehoor het….. Of is Ounooi besig met die skoolwerk miskien? 🙂

    • hi Oubaas Connie, ek het so pas vir Ounooi gevra en sy loop hier in haar slaap rond, sy lyk nie baie “lekker” nie, sy antwoord my asof sy in ‘n trans is. Ek dink sy het iets gemompel van ‘n foto. Ek hoop ek het reg gehoor!🙂

  3. Jinne maar jy het mooi blou ogies.

    • Hi Ounooi Rosa! Woef! Baie welkom hier by my honne-blog. Baie dankie vir jou mooi woordjies, Woef! My Ounooi dink ook so.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: