Trolle!

DSC00943

Toe Ounooi hierdie foto tussen haar foto’s sien toe was sy darem weer baie, baie lus vir so ‘n lekker roomys! Sjoe, toe maak sy my net so lus. Ek weet nog nie van roomys nie, maar Ounooi het dit so baie, baie lekker laat klink!

DSC02411

Hier is ek weer in die bos! Ek het julle annerdag vertel hoe goed ek is om deur hierdie woud te stap.

DSC02410

Ek het natuurlik vir Ounooi moedeloos gehad en het met ons stappie daarheen letterlik elke korreltjie grond beruik.

DSC02422

Hier by hierdie hekkie – wat natuurlik gesluit is – het ek ook gaan ruik. Natuurlik moes Ounooi weer staan en wag vir my om elke liewe stukkie van die hek te beruik. Ai tog, ek moet dit mos beruik om seker te maak ons is veilig…sê nou net hier is trolle in die woud! Ek moet darem van hulle weet as hulle hier is!

DSC02692

Hierdie nuwerige paadjie was darem erg begroei en Ounooi-hulle moes die hele tyd oppas vir daardie brandnetel-goete! Sy wou sommer ‘n hele bos vir Ounooi Brandnetel stuur vir haar blog. Haar blog sal darem mooi lyk as hy vol brandnetels is. [nê Ounooi Vlam! [Brandnetel?]

DSC02690

Hierdie foto is bietjie “anders“, ek hoop julle weet wat dit is, ek het net so gekyk en ‘n woef gegee.

DSC027409

Hier het ek sommer tien woefe gegee toe ek daardie honne sien. Dis natuurlik ek! Ek was weer besig om te snuffel…dalk was daar grastrolle of mol-trolle…ek moet altyd aan alles snuffel. Julle kan ook sien dat ek op hierdie foto sonder my leiband is. Dis te heerlik!

2 Responses

  1. Nooooooooo….!!! 😯

    Hierdie ounooi soek NIE brandnetels nie, dankie, hoor?! Ek is al eenkeer deur daardie goeters – glad nie lekker nie!

    Ek weet nie wat’s anders in daai foto nie?

    Ek dink ek sal more bietjie vir jou wys hoe lyk Zumie op ons oggendstappie. 😉

    • Woef! Ounooi Vlam! ek sal seker maak dat ounooi dit nie vir jou stuur nie!! Ek sal sommer volgende keer dit weghap as ons weer daardie paadjie stap. Nee, daardie foto is nie regtig anders nie, hy’s net nie so mooi nie, ek het vir Ounooi gewoef toe sy hom op my blog sit, ek kon nie mooi sien wat daar aangaan nie, miskien het julle wat hier lees beter oe as ek.🙂
      Ek wil graag vir Zumie sien! Woef!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: