Van wolke en groot word

DSC02746

DSC02736

Sjoe, Ounooi het die afgelope tyd maar bitter min tyd gehad om by my blog uit te kom. Ek kom maak altyd vir haar “boude” en vra haar mooi, maar elke keer kry ek net ‘n Ounooi wat voor die rekenaar sit met groot skoolwerk en as ek daardie Dida-website weer op haar rekenaar gaan kry, gaan ek sommer tien harde woefe gee sodat julle my almal kan hoor. Ek dink ek raak nou moeg om daardie website voor haar oge te sien. Sy sien my amper nie eers meer raak nie. Woef! Ek moet darem sê dat sy my nie afskeep met drukkies en “treats” nie en sy leer my selfs nou om te “staan”. Sjoe, ek kry dit amper al reg! Hierdie twee foto’s oor die wolke het ek Ounooi help uitkies. Ek het net vir die ene woef gesê en toe kies Ounooi ook een. Julle sal onthou met die vorige inskrywing dat Ounooi gesê het dat sy nog van Poplap se foto’s sal plaas. Julle kan ook op die volgende foto’s sien hoe groot het ek geword! Ek het selfs saam met Oubaas in die kar baie, baie soet gery toe ons Poplap gaan aflaai het en weer vandag gaan kry het. Sy was by ‘n Sondagskoolkamp en sy moes die klein boetas en poplappies gaan speletjies leer en sjoe! Toe hulle my sien, het hulle almal my bestorm en my so moeg gespeel, ek wou niks van treats en al sulke dinge af weet nie. Ek het reguit vir my bank-bed gegaan en daarop plat neergeval. Ek dink ek was poot-uit en tong-uit en alles was sommer net uit. Ek wonder of julle ook sulke dae kry wat maak dat alles sommer ook net “uit” en weg is. Die donkerte het so gou oor my ogies gekom en skielik was almal net “weg”!  Op hierdie eerste foto van my in die straat kan julle sien hoe veilig en versigtig ek vir al daardie nare brrrrmmm-brrrrmmm’s is. Ek wonder of julle op die ander twee foto’s raaksien dat ek byna my baba-hare afgegooi het. Ek hoor Poplap-hulle praat so aanmekaar van my pels, ek moet nog leer van pelse en al sulke dinge. Op die ander twee foto’s kan julle seker sien hoe ek weer my kos uitrol. Julle sal ‘n vorige inskrywing van Ounooi onthou oor die kos-balletjie. Ek stoot hom sommer nou so vinnig met my neus rond, een-twee-drie en al my pille is opgeëet.

DSC026811

DSC02776

DSC02777

8 Responses

  1. Hi Zandie, ek is so bly om weer van jou te hoor! Jy het omtrent groot geword. Kyk net hoe lank het daardie bene geword! Jy moet maar geduldig wees met Ounooi en haar rekenaar, dis darem vir ‘n goeie doel, om ander poplappe en boetas te leer. Ek kry ook sulke dae wat ek net “uit” is, wil dan ook net neerval en lê🙂

    • Hi Oubaas Connie, woef- woef! Ja, ek moet maar tevrede wees met net so nou-en-dan-se blog-skrywery lyk my. Ounooi het my nog meer verskriklike nuus meegedeel. Arme Ounooi, sy werk haar morsdood. Sy moet 4 klasse se finale punte einde van Sept inhandig vir die 2 eenhede wat hulle nou moet “submit” om ‘n slaagpunt van die “eksamenraad” te kry…hierdie “examboards” is ‘n groot gemors, Ounooi raak so siek vir hulle, want hier is so baie van hulle en die skole doen werk van die verskillende “examboards”. Ek dink ek gaan liewer na my slaapbank toe, al hierdie goed is vir my grieks en ek verstaan (gelukkig) niks van dit nie. Ek slaap liewer heeldag as om vir Ounooi te vra om te verduidelik wat hier aangaan, dit voel amper asof sy hier op my blog kotties met al hierdie vreemde woorde wat ek nie ken nie. Ek hoop nie jy voel ook so nie.🙂

      • Ek voel darem nog nie so nie, maar dit klink my Ounooi is naby aan kotties oor die vorige onnie. Gee haar maar ‘n lek of twee. Het Oubaas ook so baie skoolwerk?

        • 😆 Oubaas Connie, ek het haar sommer gou twee lekke gegee. Ja, sy was baie naby aan dit, maar ek dink sy voel nou beter – nadat sy omtrent 10 glase water gedrink het om dit te keer.🙂 Nee, Oubaas het nie so baie nie, hy sit baie aande en Youtube videos kyk hier agter Ounooi se rug en maak asof hy werk, dan se hy hy kyk “design and technology” videos om vir sy boetas (hy het net boetas in sy skool) oulike videos te kry…maar ek het al vir hom gewoef as hy musiek videos kyk!🙂

          • Ek is seker daardie musiek videos het iets met design and technology te doen gehad. Oubase is mos altyd eerlik en opreg en help altyd net waar hulle kan met alles. Hulle sal nooit so iets doen net vir hulle eie plesier nie. 🙂

  2. Hei, Zandie, wees maar sag op jou Ounooi. Dis nie lekker as mens nie tyd het om by jou blog uit te kom nie. 😦

    Ek sien jy het sommer baie groot geword! Ou Zumie word net so groot, en gelukkig byt hy baie minder. Ook maar goed, anders het ek begin terugbyt. 😆

    • Hi Ounooi Vlam, ja, siestog, ek het haar vanoggend 10 lekke gegee – nee, ek dink dit was naby 1000, sy lyk vir my so moeg en sy se iets van energie – ek ken nog nie die woord nie, ek hoor dit net baie vandag.🙂
      ounooi Vlam, dis hoogtyd dat jy weer vir my wys hoe lyk Zumie! Ek wil baie graag vir hom hallo se met ‘n woef! Ek wonder of hy sal verstaan wat ek vir hom se as ek vir hom iets in woef-taal se!🙂
      Oeee, Ounooi Vlam, ek wil sien hoe lyk jy as jy vir Zumie moet byt…lol!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: