So wakker soos ‘n rakker

DSC02778

DSC02779

DSC02783

DSC02786

DSC02785

DSC02794

DSC02795

DSC02796

Sjoe! as ek julle als moet vertel wat die week gebeur het, gaan julle nie dit glo nie! Eintlik weet julle nog nie watse stoute honne ek nog die hele tyd is nie…en dis dat ek hierdie probleem het om my eie poefies te eet! Ag sies, ek wonder hoe kry ek dit reg! En Ounooi hulle moet altyd by my wees om als op te tel om seker te maak ek doen dit nie. Toe gaan Ounooi-hulle weer na die veearts toe en sy sê hulle moet so bietjie pynappelsap oor my kossies strooi, want dit sal ‘n baie, baie slegte smaak los en ek sal dit nie wil eet nie. En toe’s daar drama! Toe het ek vir so drie dae ‘n maagprobleem! Julle wil nie weet hoe erg nie. Ounooi-hulle is toe terug veearts toe, die keer met my saam. Daar word ek toe allerlei medisynes gegee en dis toe wat Ounooi-hulle heeltyd gedink het…dat ek nog al die tyd – van die begin af – een of ander maagontsteking  gehad het en dat dit nou opgelos is. Dit het veroorsaak dat my kos nie verteer het nie en dit basies “heel” uitgekom het en dis waarom ek dit weer wou eet…want dit was my pille! [yuk, ek hoop nie iemand het sover al hier rond op my blog gekotties nie, want Ounooi wil dit aanmekaar doen!]

Nou sien julle foto’s van ‘n eers-lewendige honne! Almal hier in hierdie huis dink ek is sommer nou meer piekfyn as vantevore! Kyk hoe moeg speel ek vir Poplap hier op die foto’s. Sy moes net woes met haar bene rondstaan gisteraand en selfs Oubaas het sy hande volgehad [soos julle kan sien] met my. Op die tweede foto kan julle sien hoe ek die afgelope tyd gegroei het. Ek is sommer nou ‘n groot honne!

Ek wonder wat dink julle wat dink ek op daardie tweede-laaste foto, my linkeroog is so leepoog. Ek gee tien woefe vir die snaakste gedagtes!

8 Responses

  1. Sjoe Zandie! Ek hoop nie ek kry daardie maagontsteking nie! Ek sal nie dit kan eet nie! Het darem nie gekotties nie 🙂 Ek weet nie wat jy daar in die foto dink nie maar dit lyk vir my of daardie maagmedisyne bietjie alkohol in het!

    • Hi Oubaas Connie, ek glo nie jy sal dit kry nie, ek dink dis net honne wat dit kry…🙂 Ek dink ook daardie medisyne het my so bietjie dronk gemaak, ek lyk rerig soos ‘n ou dronkie van ‘n hond – soos Ounooi se.🙂

  2. Jinne jy het ‘n mooi groot hond geword met sulke wakker ore. Ek dink daai laaste foto gee jy hulle “die kyk” wat eintlik se “watch it”.

    • Hi Ounooi Sandra! Dankie vir die mooi woorde. Ek hoor ook die familie in die huis se dit, maar ek dink jy het dit eerste gese! Ek gee sommer nou vir jou tien oulike woefe! – party van hulle is bietjie sag – Oubaas het my geleer om net so ‘n sagte woef te gee as ek nie seker is wat ek hoor nie.🙂
      Woef!! Woef! Woef-woef-woef! Woef! Woef! woef-woef-woef. [ek raak nogal goed om in ritme ook te woef!]😉

  3. Oooooo…is die leepogie agv die medisyn? Wat ‘n verligting! Ek dog nou net jy sal moet gaan vir ‘n nip and tuck – so leepoog lyk glad nie goed op ‘n dame nie. :mrgreen:

    Jik, jik, jik!!! Ek was lus om te kotties, maar eintlik was ek bly om te hoor jy doen sulke vreeslike goed! Ten minste doen my ou Zumie nie sulke dinge nie, al vreet hy ons nog steeds op. 😯

    • hi Ounooi Vlam! woef, my ounooi het ook gese dit pas nie by my nie, sy het gewonder of daar fout met my oe is!😆
      Sjoe, ek is bly jy het nie rerig gekotties nie, Ounooi wou sommer die hele tyd dit doen. Ek weet ook nie wat met my aan die gang is nie, Ounooi-hulle is al raadop en ek het Oubaas net gister hoor se dat hy hierdie “sielkundige” manier van my probeer leer (soos die ingilse veearts gese het) gaan stop en my ‘n baie groot boere-pakslae gaan gee. Nou het ek nog nie gehoor van boere-pakslae nie, maar dit het nie baie goed geklink nie. Hy se hy gaan net wag dat hy alleen hier is, want Ounooi-hulle gaan nie baie daarvan hou om te sien as hy my daaaaaaaaaaardie pakslae gee nie – dit klink vir my sommer baie,baie ernstig.😯 Ek het nog nie weer vir Zumie gesien nie!!😦

  4. It’s always heartwarming to me when a dog or cat finds a good home, and Zandie obviously has found one. 🙂

    • Hi Master Dan! You are so right! I loooooooooooooooove this family and I couldn’t ask for better! Woof!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: