Beeste kyk en slimgeid

DSC02446

DSC02443

DSC02423

DSC02427

DSC02425

DSC02395

Ounooi het gelukkig so ‘n paar minute gehad wat sy kon steel om vir julle te bederf. Ek het natuurlik vir haar mooi poot gegee en haar knie ‘n lekker nat lek gegee. Julle het nou al die beeste-kyk foto’s gesien en hierdie boonste foto’s is almal nog deel daarvan. Julle sal ook onthou hoe soet honne ek is met die stappery en al die dinge. Hier is so baie rigtings waarheen daar met my gestap word, dat ek nou nie vir julle kan sê of hierdie een ‘n noordelike of oostelike rigting is nie, ek’s te deurmekaar gestap! Al wat ek weet – soos julle in die laaste foto kan sien – is dat ek heeltyd net snuf-snuf soos ons stap. Dis geen wonder Poplap sê ek’s ‘n stofsuierhonne nie, ek moet altyd aan als ruik en seker maak dis veilig en dat dit my nie gaan opeet nie. Hier het Ounooi skoon moedeloos geraak, want ek het letterlik elke blaartjie beruik, maar Oubaas het gesê sy moet my net dophou sodra ons omdraai en sê kom ons gaan “huistoe”. Sjoe! en toe gebeur dit! Toe ons omdraai, toe sê Oubaas net vir my, “kom Zandie, ons gaan huistoe, kom, huistoe!” Woef, sê ek vir julle regte mense wat hier lees, dit was toe ‘n hond van ‘n ander kleur! Ek het sommer nie meer geruik nie, net so hier en daar my neus grond toe laat gaan en reguit die paadjie gestap wat ons gekom het sonder dat Oubaas of Ounooi een woord vir my gesê het om my te herinner watter bos-afdraaipaadjie om te vat! Sjoe, Ounooi kon dit skaars glo. Sy was skoon in vervoering oor my slimgeid en het eers gedink Oubaas praat sommer. Woef, ek is ‘n honne-honne en nie ‘n bobbejaan-honne nie! Ek is slim as dit by “huistoe” kom en ek weet presies hoe ons gekom het en sal net die regte paadjie terugneem huistoe. Julle regte mense wat hier lees, julle moet vir julle almal ‘n Kollie-honne kry. Ounooi sê sy het nog altyd gedink haar Jack Russel was die slimste, maar nou dink sy bietjie anders. Woef!

Woef, amper vergeet ek. Iemand het vandag gesoek na “hoe lank leef Collie-honde!” op my blog. Sjoe, ek raak nou bekend. Die anner dag het iemand gesoek na die soort kos wat marmotte eet en ek het toe vir hulle die antwoord gegee. Nou gaan ek vir julle vertel hoe lank gaan ek nog leef…en dis maar net 12 jaar. Eina, dis nie baie lank nie. Die oudste Kollie-honne het 17 jaar geword. Sjoe, ek wens ek kan ook so oud word. Ai tog, hoekom moet almal en alles doodgaan!

DSC02435

Ounooi het baie gehou van hierdie foto, Oubaas sê sy wil altyd sulke “snaakse” goed afneem, goed wat gewone mense nie wil afneem nie, Ounooi sê sy hou daarvan om sulke “snaakse” goed af te neem, sy dink dis deel van jou persoonlikheid om bietjie “anders” te wees, Oubaas moet maar daarmee saamleef, hy het ook haar maar gelos, want hy ken haar al as sy eers begin kliek-kliek.

DSC02142

Hier kan julle sien hoe sommige mense die paadjies ry wat hulle nie mag ry nie. Julle sal seker nog die waarskuwing onthou. Oubaas het self die anderdag hier gery. Nou kan julle sien watse paadjies ek partykeer moet loop! Hier het ek en Ounooi teen die verste kant links op die gras probeer loop, Ounooi het net-net nie in die modder getrap nie en Oubaas het darem polite probeer wees deur te maak asof hy wil seker maak dat sy nie gaan val nie, maar sy het darem hom verseker dat haar balans baie goed is. Ek het nie balans mooi verstaan nie en gewonder of ek ook balans het en of myne ook goed is. Ounooi sal seker nog vir my sê wat dit is. Sy vertel my van alles wat ek moet weet.

DSC02124

Op hierdie foto kan julle die skuinste sien waar ek meeste van die tyd my stappies begin. Die bome doer in die verte, is waar ons deurkom en dan loop ons al die pad die skuinste af en dis juis hier waar ek so baie daarvan hou om in die lang grasse plat neer te val. Julle sal my vorige foto’s daaroor onthou. Dan kom ons by hierdie plaasskuur uit, wat vir Ounooi-hulle lyk of dit nie gebruik word nie. Links op die foto sal julle my hekkie sien waardeur ek moet gaan en dan’s ons direk in ‘n smal teerpaadjie. Die foto van die trekker sal julle nog onthou – waar ek so eenkant toe gesit het – dis nou daardie paadjie en daardie teerpaadjie bring mens ook uit by die modderige waterpaadjie wat julle ook hierbo sien. Die teerpad gaan aan oor ‘n tipe van ‘n bult wat ons nog nie gaan stap het nie. Die skuinste is nogal harde werk as jy teruggaan en Ounooi blaas partykeer soos ‘n os – moenie dat sy weet ek sê dit hier van haar nie!! – as sy doer bo uitkom. Ek dink sy het ‘n kierie nodig om daardie opdraende te loop!

DSC02373

Ek wonder wie van julle kan raai wat hierdie goete is! Ounooi kry hulle partykeer teen haar arms en dan gebeur daar iets vreesliks…sy moet ook ‘n pels soos ek kry, dan sal die iets vreesliks nie met haar gebeur nie! Dis sommer stoute plante, Woef!

10 Responses

  1. Hi Zandie, nou kan ek ook sê ek ken iemand famous! Zandie die slim Collie hond. Ounooi moet nou maar erken, jy is baie slimmer as enige Jack Russel.

  2. liewe FOk mar ounooi is Geki

  3. Sjoe, Zandie, weird mense lees jou blog. Hulle moet oppas vir Ounooi – ek weet skooljuffrouens skrop ‘n vuil bekkie met seep en water. Dis ‘n feit soos ‘n koei daai. 😉

    Hmmm…en gelukkig snap jou Ounooi alles. Nou kan ek ook mooi sien hoe ek lyk! 😆

  4. Daardie ding lyk soos ‘n brandnetel, stinging nettle soos die ingelse sal sê. Hier by ons is darem nie va hulle nie. Ek hoor hulle maak baie seer.

    • Oubaas Connie, jy’s reg! Gelukkig het dit Ounooi nog net een keer beetgekry, in die paadjie waar ons begin stap voordat ons daardie skuinste begin stap, moet ons altyd versigtig wees, want daar is sommer baaaaaaaaie van dit.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: