Spinnegoeters

P310809_17.30[01]

Sorry! Jammer dat ek julle weer so “flash”! Oubaas het my weer ‘n keer beet gehad, die foto is ook weer – soos gister s’n – deur die eetkamervenster geneem wat uitkyk op my “bed” – soos julle hier kan sien. Ai, ek het darem te heerlik gelê en slaap en eers agterna gehoor hoe almal vir my gelag het. Ag nee, wat het ek gemis! Ek hoor almal sê ek is so snaaks soos hierdie hond-plakkaat op die volgende foto, ek hoor Oubaas sê ek moet volgende keer gaan “pose” vir so ‘n plakkaat…hehe…

DSC02246

DSC02610

DSC02611

Op hierdie foto’s kan julle sien hoe Oubaas my vandag besig gehou het, sjoe, ek moes net koes en hol vir al die balle! Hulle het sommer na alle rigtings gegaan en ek het met tye sommer hoog gespring – soos julle kan sien op die volgende foto – en ander tye het ek die bal sommer direk in my bek gevang. Ounooi was net nie vinnig genoeg om my af te neem waar ek so vinnig was om die bal te vang nie. Sy was ook net betyds vir die aksie-foto wat julle hier sien. Ek is ‘n vinnige honne, ek dink julle sal saamstem as julle hier kyk en sien hoe mooi ek konsentreer om die balle te vang.

DSC02612

Maar o weë, wie het gepraat dat ons in Suid-Afrika sulke “creepy crawlers” het! Ounooi sê sy het in haar lewe nog nie sulke spinnekoppe gesien soos hier nie en sy het baie jare op ‘n plaas gebly. Sjoe, Oubaas was in die kombuis doenig – besig om tee te maak vir Ounooi (sy’s verslaaf aan tee, julle moet net dit weet – dis eintlik ‘n geheim) toe hy skielik skreeu soos ‘n wille hond se blaf en ‘n mens-skree. Ons almal het gewonder watse snaakse hond het iewers ingekom, toe kom ons agter dis hy wat so skree! Hy het nog so gestaan en toe sien hy die “ding” in die hoek van sy oog en dog dis ‘n muis en toe hy weer so kyk, toe sien hy dis hierdie vieslike spinnekop! Ek dink Oubaas het so geskree soos twee aande terug toe hulle my so teen 8uur die aand op ‘n stappie vat al langs die straat af. Skielik kom daar ‘n gedierte uit die donkerte en ek skrik my boeglam en blaf/skree tegelyk. Oubaas-hulle het sooooooo vir my gelag, maar hulle het nie geweet hoe lelik ek geskrik het nie!

DSC02608

2 Responses

  1. Jy is darem rats met daardie balle! Sjoe maar dis ‘n lelike spinnekop! Ek het altyd gedink dis net in Amerika wat alles altyd GROTER is🙂

    • hi Oubaas Connie, jongie, jy is so doodreg!🙂
      Jy weet Oubaas Connie, Ounooi dink die Amerikaners dink alles is by hulle groter, maar sy het agtergekom dat baie dinge in SA eintlik groter is.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: