Wow! Warmlugballonne en partytjie!

P170809_19.25[01]

Wow! Kyk net hierdie wonderlike ballonne! Ek het julle gister gesê van “hoe meer dae, hoe meer dinge!” Liewe land, ek het nie geweet daar gaan sulke “meer dinge” op my pad kom nie! Ek het na hierdie ballonne gekyk en het net gedink hoe lekker sal ek hulle kan vang as Poplap hulle vir my kan rol. Ons het tog te heerlik vir hulle gekyk en Oubaas moes hierdie keer met sy selfoon foto’s neem, want Ounooi het nie met die kamera saam gekom nie. Ek hoop julle hou van warmlugballone, want ek hou sommer baie van hulle.

P170809_19.19

Al wat Poplap gedoen het, was om te sit en my vas te hou! Ek het ook vir hulle gekyk, maar ek wou hulle baie graag gaan vang het. Dit is nog die mooiste en die grootste balle wat ek gesien het. Ek wil graag hê my bal moet ook so kan vlieg en verskillende kleure hê. Dit sal so lekker wees! Binne-in hierdie balle was daar baie vriendelike mense wat vir ons boodskappies geskree het en hallo gesê het en boonop gewaai het ook. Ek het gehoor hulle sê iets van Frankryk. Ek weet nog nie van Frankryk nie. Ek wil ook dit graag in so ‘n ballon vlieg en dan vir al die ander honne woef wat ek sien.

P170809_19.20[01]

P170809_19.29

Die mense in die warmlugballonne was nie eers bang nie en Oubaas het ook terug boodskappies geskree en ons het vir mekaar gewaai. Ek dink Ounooi kan spyt wees dat sy nie die keer saam met ons kom stap het nie. Sy sou ook baie van die lugballonne gehou het, maar ek sal haar alles baie mooi vertel. Ek doen dit altyd. Ek lek altyd haar ore dan agterna en sy dink dis baie kielierig.

P170809_19.20

Die warmbal-mense het vir Boeta gewaai en hier waai Boeta vir hulle ook. Boeta wil graag in een gaan ry. Ek weet nie of hy regtig wil nie. Ek dink hy sal dit net doen as ek saam met hom is. Ek is nie eers bang vir hulle nie.

DSC02339

Terug by die huis het ek myself baie besig gehou, kyk net hier. Ek dink ek is ‘n soet honne. Ek knaag nie aan meubels nie. Die een Oubaas het gewonder of ek dit doen. Ek weet nie eers wat knaag is nie, maar ek het Poplap hoor sê dat die marmotte knaag, ek weet nie waarom honne sal knaag nie. Ek is mos nie ‘n marmot nie!

DSC021339

Ek wonder hoeveel woefe ek vir julle moet gee om te raai wat in hierdie foto is. Oubaas Connie kry die meeste antwoorde reg, ek wonder of iemand anders ook dit wil regkry. Julle moet al julle kossies opeet, nes ek en lekker speel met julle speelgoed!

puppy 001

Woef-Woef! Partytjie! Het julle al gehoor van honne partytjies! Ounooi sê sy het ook nog nooit van ‘n honne partytjie gehoor nie. Die vee-arts sê ek moet leer om te sosialiseer met ander baba-honnes. Ek weet nog nie mooi van sosialiseer nie, maar as dit klink soos na ‘n partytjie, dan moet dit lekker wees. Dit klink darem nie soos inspuitings nie. Ek sien so uit na my partytjie en al die ander baba-honnes soos ek. Ek hoop om vir julle mooi foto’s te wys van my partytjie. Woef-woef! Ek wonder net wat doen mens alles op ‘n honne-partytjie. Ek hoop daar is sommer baie balle om te jaag. Wil julle nie ook na my partytjie toe kom nie? Dit gaan sommer baie lekker wees as ons almal saam kan partytjie hou!

6 Responses

  1. Hi Zandie die ballonne is baie mooi. Ek sal graag soos boeta ook in een wil ry. Ek gaan nie vandag raai nie, kom ons gee vir iemand anders ‘n kans. Ek het nog nooit van ‘n honne partytjie gehoor nie. Miskien is daar baie bene om te kruis. Ek sal darem baie graag wou kom maar dis bietjie ver om te loop.

  2. Hi Oubaas Connie! Ek het gedink jy gaan weer lus wees vir raai. Jy raai dan altyd reg! Daardie foto is eintlik deel van die koeie-foto, maar dit was voordat Ounooi hom so bietjie kleiner gemaak het! 🙂 Ek sal baie beslis uitkyk vir daardie bene op die partytjie en dan kan ander baba-honnes my help om hulle te kruis as die grond bietjie te droog is. Sjoe! Jy sal regtig baie ver moet loop, maar ek het al die tyd gedag jy is bietjie fiks soos ek! 🙂

  3. Zandie , dit lyk vir my die ander is bang om te raai. Ounooi is darem ‘n stouter met daai oulike kamera. Ek gaan maar weer probeer. Dit lyk soos blaartjies en saadjies aan ‘n takkie. Ek weet nie van wat se plant nie, maar dis nie ‘n bloekomboom nie. Ek dink nie ek het dit al hier by ons gesien nie. Ek dink jy is dalk bietjie fikser as ek. Miskien moet jy maar hier kom kuier. 🙂

    • hi Oubaas Connie, ja, jy’s reg! Nee, dis nie ‘n bloekomboom nie, ek ken ook nie die plant se naam nie, Ounooi sê sy ok nie. Sy sê sy is bietjie dom as dit by plantname kom maar Ouma-Ounooi is die slim ene, sy kyk net na ‘n prentjie dan weet sy hulle almal sonder dat sy eers van hulle geleer het. Ek sal met Ounooi moet praat oor die kuier, ek sal eers ‘n honne-paspoort moet kry. Ek wonder of jy geweet het dat ‘n mens ‘n honne-paspoort kry! 🙂

  4. honne paspoorte? regtig?

    • Hi Oubaas Connie, ja! As jy hier na Europa gaan en jy vat hou honne net ‘n dag of twee of drie saam, kry hy ‘n paspoort om saam met jou in die kar te gaan! Ek ook nou eers van honne-paspoorte geleer. Ek raak ook net slimmer, nes Pikkie. 🙂

Kommentaar is gesluit.