Brrrmmm-Brrrrmmm’s en lappe

DSC02334

Wat ‘n dag! Liewe land, kan ‘n honne dan so moeg raak dat sy net so hang van moegheid en boonop vasslaap! Ek was sommer helemal in ‘n honnewêreld van my eie, ek wonder of julle dit kan sien. Ounooi kon met my toor, ek sou nie eers daarvan geweet het nie! Dit kom nou daarvan as sy en Poplap met my gaan hardloop soos wafferse marathonatlete! Weet hulle dan nie dat ek nog ‘n baba is nie. Sjoe, daardie lang grasse wat julle gister gesien het, was net te lekker. Ek het elke keer myself daarin neergegooi en wou partykeer nie opstaan nie. Dit was van pure moegheid en dan dink Ounooi dat ek wil wegkruipertjie speel. Honne se pote raak ook lam, nes Ounooi s’n. Sy sê sy is nie meer ‘n kind nie, ek kan sien sy is nie meer ‘n kind nie, ek wonder net hoekom sy nie self kan sien dat sy nie meer ‘n kind is nie. Woef!

[English readers…slide down please]

DSC02267

Ek het eergister iets nuuts geleer. Oubaas en Ounooi het my mooi geleer om langs die pad te sit en doodstil te sit. Dit is net wanneer daar allerhande brrrmmm-brrrmmm’s aankom. Hulle raas so hard en ek is baie bang vir hulle, maar ek het mooi geleer dat as ek net stilsit, dan weet hulle nie eers van my nie. Ek dink ek is deurskynend en daarom sien hulle my nie en dan kan hulle my nie vang nie.

DSC02268

Kyk hoe bang raak ek vir hierdie baie groot brrrmmm-brrrrmmm! Ek draai net my koppie so eenkant toe en weet dan hulle sien my nie raak nie. Julle weet dit nie, maar ek sê ook sommer so saggies ‘n gebedjie op. Ai, dis swaar om ‘n baba te wees!

DSC02265

Ek het van nog iets geleer. Ek leer hier van perde! Kyk net hoe oulik sit ek en kyk terwyl Oubaas my alles leer van perde. Ek dink ek weet die meeste van alle honne. Ek raak net al hoe slimmer, hoe meer dae, hoe meer dinge! Julle moet dit net weet.

DSC02247

Een woef vir iemand wat weet watter lap hier in die lug rondwaai. ‘n Leidraad, dit is nie my kombers nie. Ek wonder net wie hang sy kombers so in die lug. Ek weet nie of dit ‘n laken is nie. Al wat ek weet is dat ek voel daar kom so ‘n snaakse grom in my keel op as ek hierdie lap sien. Ek gee net een woef, want dit is nie ‘n mooi lap nie.

DSC02277

Vyf woefe vir iemand wat vir my kan sê wat hierdie is en Oubaas Connie, ek hoop jy kan hierdie keer sien dat Ounooi nie meer ‘n skelm is nie. Ek weet nog nie van skelms nie, maar ek weet net van groter foto’s. Ek moet nog leer van skelms. Ek wonder of julle ook van hierdie goet in die foto by julle het. Hier by ons is baie daarvan.

English readers:

From my first photo you can see how exhausted I am. I’m in dreamland with Alice in Wonderland! You could do anything to me, I wouldn’t know about it. I’m still a baby and Poplap and Ounooi jogged with me with miles without end! Wow! that was so exhausting. Sometimes I threw myself into the tall grass and they thought I was playing hide-and-seek! My paws were aching.

I also learnt how to be a good girl when all those brrrrmm-brrrrmmm’s were coming towards us. The country road is really narrow and I’m scared of these strange noisy machine-thingies! Look how clever I am. I know just to sit and wait – and sometimes I say a little prayer too!

You can also see how I learnt about horses! I’m a very clever doggie!

On the last photo, see if you can guess what that is. Fives woofs if you can tell. Do you know what piece of cloth is on that pole? I think someone has forgotten his sheet here and they want everyone to see it so that person can see it and knows where to find it. I’m glad my sheet doesn’t look like that one.

4 Responses

  1. Hi Zandie! ek is seker vandag gaan ek weer ‘n woef kry! Daardie lap ly vir my soos die St George’s Cross, dis nou die vlag van Engeland, die land waar julle nou bly en ja, ‘n Afrikaanse honne sal nogal snaaks voel oor die rooinek lap. Ounooi kan jou verduidelik van rooinek.

    Die laaste foto… laat ek sien, janee, ounooi is nie meer so skelm nie! Die een is mooi groot. Ek weet net nie mooi of ek reg is nie. Dit lyk soos gras saadjies van baie naby daar waar julle gaan stap. Hier by ons is ook baie van hulle in die veld. Dis net nie so mooi groen hier waar ek bly nie maar hier is ook baie brrrmmm-brrrmmm’s .

    • Hi Oubaas Connie! Woef! Jy is so doodreg met daardie naam van die lap en ja, ek voel baie snaaks as ek hom sien. Ek dink daar wil bietjie kotties in my keel opstoot van die snaaksheid wat ek voel! Ek sal Ounooi vra van rooinek, ek weet nog net van nek. Woef-woef-woef-woef-woef! Jy is darem ‘n slim oubaas om te weet dat dit gras is. Ek speel baie lekker in die gras en hap sommer daarna! Jy moet net mooi oppas vir al die brmm-brmm’s!🙂

  2. Jinnie Zandie jy was darem moeg gewees jong! Maar dis ook reg so, as jy speel speel jy voluit en as jy slaap doen jy dit ook voluit. Dis baie goed van jou ounooi om jou te leer van die brmmm want hulle het geen respekte vir honde nie. En jy sal nog slimmer wees as jy mooi luister wat hulle vertel.

    • Woef! Ounooi Sandra, jy sal nie glo hoe moeg ek was nie, pure honne-moegheid. Ek leer elke dag om bietjie beter te stap met al die brmm-brmm’s wat so langs die pad ry. Die vee-arts het gesê ounooi-hulle moet my nie optel as daar een aankom nie, anders gaan ek nooit leer om net gewoonweg aan te stap en hulle sommer maar te ignoreer nie. Hulle is sommer net stout as hulle nie respek vir honne het nie. Ek wonder hoe jou honne met hulle maak?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: