Vroue honne dinge

P251009_18.43

P281009_15.55

P281009_16.58

Eish! Julle weet nie wat ek gister deurgemaak het nie! Ai, hierdie familie van my…hulle het ook nie hond-se-genade nie. Dis sommer reguit veearts toe en daar moes ek eergisteraand slaap! Ek het sommer gedink ek word weggegooi. Niemand sê mos vir my niks nie! As ek weer sien, dan gebeur dinge net! Ek is nou 6maande oud en julle wat weet van honne “regmaak”, sal presies weet waardeur ek nou moes gaan. Gelukkig het ek dit alles ge-oorleef – soos julle kan sien. Oubaas was my baie genadig en het dadelik my speel-been met grondboontjiebotter gevul en en het heerlik gelê en lek-lek. Ek was nog nie behoorlik wakker nie! Kyk net hoe aan die slaap lê ek op die my matras. Almal wil my net rond dra en ek het heeltemal te dronk gevoel. En daardie “recovery collar” wat ek so moet dra, sodat ek my wond nie kan lek nie…ai, was dit nou heeltemal te groot vir my en het Oubaas dit so bietjie kleiner gesny. Die foto’s het Oubaas met sy selfoon geneem en hulle lyk nie te goed nie, maar gelukkig het ek iets om vir julle te wys! Ek wonder wat gaan Zumie sê as hy hoor van my operasie! [hehe]