Ou Engelse Spel

Hierdie speletjie het Oubaas en Boeta vandag met ander ooms gaan speel. Hulle noem die speletjie “bat and trap”. Ounooi het die spel glad nie verstaan toe die een oubaas-omie aan haar dit verduidelik het nie en dit het sooooo ingewikkeld geklink. Ek het net my kop geskud en my ore plat getrek toe Ounooi my vertel het, maar nou weet ons altwee dat dit maar ‘n eenvoudige speletjie is en jy maar lekker kan ontspan terwyl jy speel. Die van julle wat meer wil weet moet bietjie hier gaan lees oor die reĆ«ls. http://www.batandtrap.org