Harvy en vriend

SONY DSC

Ek het twee nuwe maatjies gekry – net vir ‘n kort rukkie, want Ounooi het gesê dat hulle ‘groot skool’ toe moet gaan om die kinders te gaan help leer! Ek het net begin gewoond raak aan Harvy, toe moet hy skooltoe gaan! Ai, arme ekke.

SONY DSC

Hier lê ekke met my maatjies en op die volgende foto fluister Harvy vir my iets! Ek het so aandagtig gelê en luister om te hoor wat presies hy vir my wou sê. Ongelukkig was dit ‘n geheim wat ek gevra is om met niemand anders te deel! Harvy is my beste maatjie en ek kan hom nie in die steek laat nie! Kyk na die video, dan sal julle sien hoekom my nuwe maatjie se naam ‘Harvy’ is.

SONY DSC

SONY DSC

Ounooi het gesê ek kan vir julle hierdie foto ook wys. Sy het vandag hierdie paadjie gery toe dit so erg gesneeu het! Sy het aanmekaar vertel hoe bang party mense is om in die sneeu te ry, dan ry hulle net 0.5 km per uur en dan wou sy die piephorries gekry het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: