Kapoet en mamoet

Ounooi het my nou so lekker moeg gespeel. Oubaas was bietjie slimmer. Hy het vir haar ‘n gholfstok gegee om my gunsteling bal mee te slaan en toe slaan sy sommer baie keer en elke keer sommer baie ver. Ek moes partykeer maar woes rondspring en selfs ander kere die bal binne-in kleinerige struike uithaal! Ounooi het my juis ‘n paar dae gelede gewys hoe om die bal uit een van hulle te kry, dus het ek my klimvaardighede goed toegepas hierdie keer! Julle moes my net sien! Ounooi moes nou eers vir julle wys hoe lyk ek as sy vir my sê: ‘Jou tong hang nou lekker lang uit, Zandie!’ Onmiddellik het ek geweet wat sy bedoel en slaat ek net daar neer – waar die foto’s geneem is! Ek het net gedag sy gaan nooit agterkom dat ek pê was nie! Dieselfde tyd wil sy ook hier vir julle die appelbloeisels wys. Hulle ruik darem heerlik! En arme marmot! Ons dink hy’s doof, want my bal het ‘n paar keer hard teen sy hok gebons, maar hy maak asof niks gebeur nie en ‘wei’ net aan! Hy skrik nie eers vir die bal nie. – of anders moet hy al my balspelery gewoond wees. Die ander marmot was bietjie skaam toe Ounooi die foto’s geneem het. Ounooi bly vir Oubaas sê: ‘Die grasperk is in ‘n toestand na al die sneeu,’ maar ek weet nog nie eintlik van ‘toetstand’ nie, Ounooi sal vir my moet verduidelik. Al wat ek nou wil doen is om by my bal te lê en wag vir die volgende speelsessie. [o ja, net na al die foto’s geneem was, het Ounooi weer die bal vir my vyf keer geslaan, toe’s ek nog steeds kapoet! Toe gaan lê ek sommer vanself by die marmotte se hok, sonder dat Ounooi iets vir my gesê het!]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: