Pure moegheid

Poplap het vooruit gedraf terwyl Oubaas vir my die bal gegooi het. Oubaas is stout, want hy gooi die bal op allerlei afdraendes en dan moet ek daardie steil opdraende hardloop om dit vir hom terug te neem! Toe Poplap weer by ons aansluit, was sy sommer pootuit – en ek! Ek het sommer bo-oor haar gaan val van pure moegheid – hier was Oubaas nie betyds om my af te neem waar ek byna oor haar gesig gaan val het nie. Op die ander foto kan julle sien hoe moeg gewag was ek op die grasperk. Niemand kom uit om die bal vir my te gooi nie – almal sê hulle is besig! Gmf! besig met wat? Ek het sommer moeg geword en aan die slaap geraak – met my geel bal net reg agter my. Dis my gunsteling bal, want hy hop so lekker en ek vang hom baie maklik uit die lug.

2 Responses

  1. Sjoe …. julle lyk omtrent moeg! So ‘n ou slapie tussen in is darem baie lekker🙂

  2. hi Ounooi Paula! Nou praat jy, ek is sommer weer lus vir so ‘n slapie. Dis reenerig hier en al wat mens kan doen is slaap!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: