Pos honne


Image:coverbrowser

Oeee! Ounooi het so pas die foto vir my gewys. Dis presies wat ek ook nou kan doen en ek het so opgewonde geraak toe ek sien Lassie kon dit ook doen! Ounooi gaan nog my foto hierby plaas om te wys hoe ek die pos vir Oubaas bring. [watch this space!]

Sjoe, Oubaas-hulle leer my baie werkies. Ek het onlangs geleer om die pos aan te dra [hulle is darem ‘n lui familie, laat ek julle vertel!] Ek moes maar self leer hoe ek te werk moes gaan om hierdie plat goeters op te tel. Darem was ek gou om te leer om my pote te gebruik!

Hier is ek besig om die hoek van die posstuk met my poot om te keer sodat ek dit met my bek kan neem.

Hier kan julle sien hoe ek dit soort van dubbel vou om dit beter te kan vat.

Kyk net! Slim honne, ekke! [nes Lassie]

Oeee…en hier kom ek aangehardloop met my fonds! Ai, ek geniet dit baie. Ek kan al vir die afgelope twee maande [of meer] Oubaas se pantoffels bo in die kamer gaan haal. Eers was dit net hier onder by die trap. Nou weet ek al om boontoe te gaan vir dit. Ek weet ook om sy tekkies te gaan haal! Ja, ek ken die verskil tussen pantoffels en tekkies! [ek sê mos, hierdie gesin is pure luiaards! lol]

Klik HIER vir meer Lassie-voorblaaie.

4 Responses

  1. Kan jy ook so hoog spring?

  2. Hi Ounooi Sandra
    Ja, ek kan net so goed spring, Ounooi jy moet bietjie gaan kyk by een van die onlangse inskrywings, daar is ‘n foto waar ek oor pale spring, soos ‘n wafferse Lassie🙂

  3. Yep, just like Lassie. LOL!

  4. hi Master Dan…yes, exactly! I’m just as clever as Lassie.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: