My speel-video

In hierdie video kan julle sien hoe woes ek ‘n deel van ‘n ketting swaai. Oubaas het die ellelange ketting vir my gegee en ek het altyd heerlik op my rug gelê en met die ding gespeel. Soms het dit vir Oubaas gelyk asof ek die ding insluk en dan weer uitryg met my voorpote. Die ketting was gelukkig so lank dat ek hom nie heeltemal sou kon insluk nie, maar ek moet herken, ek het hom nogal ver in my keel afgekry! Toe kom Oubaas aan die gedagte om slegs ‘n deel te neem en dit te heg aan hierdie rubberspeelgoed van my! Slim van hom…nou kan ek die stuk heen-en-weer swaai, soos julle hier sien ook. Die video is deur die eetkamervenster geneem, want die oomblik as Oubaas by my inkom, hou ek sommer op speel en wil ek hê dat hy vir my die bal moet gooi. As julle baie mooi fyn luister, kan julle hoor hoe ek grom terwyl ek speel. Soms kan ek hierdie stuk speelding nogal erg rondskud. Ounooi het al gesê dat ek my nek nog eendag gaan afruk.

2 Responses

  1. Wow, that’s quite a game she’s playing there. 🙂

  2. hi Master Dan! Yes, it is quite a game I’m playing. My master has put together the chain and rubber ball with the rubber rings at the 2 ends and I can then swing it around…like you saw me doing in this video of mine. The chain was very long and I liked to play with it, lying on my back and letting it down my throat! then pulling the whole thing out of my tummy…LOL! that is why the length was cut so I can’t kill myself with a chain.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: