Ekke vandag

Klik op die cartoon vir ‘n groot afbeelding wat maklik leesbaar is! Ounooi net so bietjie op Toondoo.com gaan rondspeel, dis ‘n heerlike website vir kinders om lekker cartoons te maak. Selfs Onderwysers kan dit gebruik – veral ook vir daardie kinders wie se eerste/tweede taal bietjie swak is en hulle op ander maniere geleer moet word of net om bietjie kreatief te wees!  Ounooi was baie lanklaas op Toondoo en sy was verbaas oor hoeveel jy nou kan doen, jy kan selfs jou eie prentjies ook oplaai en gebruik.

Op hierdie foto kan julle sien hoeveel meer vryheid word ek deesdae toegelaat. Ek sluip soms die trappe stilletjies op en gaan na Boeta se kamer om vir hom hallo te sê. As Ounooi in die studeerkamer is, dan hoor sy my natuurlik, maar ook nie altyd nie, want ek het slimmer geraak. Ek weet presies hoe saggies ek moet opgaan sodat niemand my hoor nie! Hierdie foto het Oubaas vanoggend geneem toe ek wou afsluip! Ek dink julle kan sien hoe skuldig ek hier lyk, hoor! Gelukkig kry ek darem nie raas nie. Ek weet darem ook om te bly as iemand vir my bly sê, dan sal ek dit glad nie die trappe opwaag nie.

Hierdie foto is net na die trap-foto geneem. Ounooi wou ‘n foto hê van presies vandag – nie gister of verlede week nie, nee, dit moes vandag geneem wees sodat almal kan sien hoe ek nou lyk. Hier is ek, net reg vir speel, maar Oubaas-hulle is oppad straatmark toe en Ounooi is op my blog, dus…As julle mooi kyk, sal julle sien dat my pels al dunner raak – agv die weerveranderinge, maar met hierdie skielike koue, kry ek maar bietjie koud as ons buite gaan stap en het Oubaas my vir die eerste keer gesien bewe en het hy my so jammer gekry.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: