Sonskyn stappie

Hier is ek weer! Hierdie keer om ‘n paar stappie-foto’s vir julle te wys en van hoe rats ek is met die vang van my geel rek! Dan het ek ‘n lekker stappie verlede naweek gehad toe ons heerlike sonskyn gehad het vir ‘n dag. Ek ken al die verskillende kleure speelgoed. Oubaas sit my geel bal, rooi bal, geel rek en ‘n paar kleurlose speelgoed in ‘n ry. Dan sê hy vir my om die geel bal te bring, dan gaan gryp ek my geel bal! Dieselfde vir die rooi bal, geel rek, ens. [Ounooi dink ek is baie slim. Ounooi het ‘n video van my van hoe ek met my bal speel, ‘n speletjie wat ek self uitgedink het, dalk sal sy dit op youtube kan sit en hier kan oplaai om vir julle te wys, sy dink dis baie bright van my op so met my bal te speel. Ongelukkig wil sy nie my blog opgradeer om die video hier op te plaas nie, sy is nog te vies vir WordPress en dink nie die wêreld van WP om haar geld op dit te mors vir ‘n video nie.]

Hierdie gat is my gunsteling gat om my snoet in te druk, net vir ingeval ek iets daarin sien, maar daar is nooit iets in nie, behalwe iets wat lyk soos ‘n rooi stuk lap.

Perde! Hulle is baie vriendelik en gee nie om as ek naby hulle kom nie, maar hulle gee my darem altyd daardie kyk.

Oe! Obaas het hierdie hartjie eerste gesien en toe vir Ounooi gesê dis sy hart aan haar! [oe, hy kan tog so romanties wees, as hy wil!]

Hierdie boom lyk asof hy ‘n bakkie het, maar moenie te bly raak nie, daardie bakkie is eintlik net ‘n deurloop, ek dink die eekhorinkies speel heerlik hier.

Dis mooi, nè!

Ounooi het baie van die trekker gehou en het sommer ‘n paar foto’s van die outjie geneem. Dit het haar sommer laat terug verlang na die dae op die plaas.

2 Responses

  1. Dit lyk na ‘n baie lekker uitstappie en sommer klomp goed om te ruik en ontdek.

  2. Hi Ounooi Sandra, jong! Jy praat so waar! en boonop met die sonnetjie wat so heerlik daarmee saam geskyn het!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: