WordPress is gemors

Ounooi is nou so vies, sy is nie eers lus om oor my te skryf hier op my blog nie! Sy wou baie graag vir julle vertel het van hoe ek my stert jaag, – as jy net stert sê! –   watse speletjies ek al uitgedink het, watse groot woordeskat ek al het, ens. Sy is nou so die duiwel in vir hierdie stupid WordPress, dat sy kan hoenders vang, sommer honderde van hulle. Wat haar met Blogger 3 minute sou neem, het haar nou 20 minute geneem en nou wil sy nie eers aangaan met my inskrywing nie. WordPress: jy is GAMORS! Dankie, oor en uit.[Oubaas wil hê dat Ounooi hierdie inskrywing moet afhaal, maar Ounooi weier, sy sê dis presies hoe sy gevoel het nadat sy 2 foto’s probeer oplaai het en WordPress net nie haar dit toelaat nie en net ‘n blokkie met ‘n rooi kruisie wys en na byna 20 min se gesukkel, het sy nou opgegee! Sy is sommer ook spyt sy het die blog met WP begin.]

6 Responses

  1. 🙂 hoop ounooi voel al bietjie beter. Sien jy loer baie oulik vir daai stert van jou. Kry jy hom darem gevang? En as jy hom het wat doen jy daarmee🙂

    • Hi Ounooi Sandra, Ounooi voel darem nou beter, Oubaas het gevra dat sy die inskrywing moet afhaal, maar sy wil nie!🙂

  2. 😆 Shame, dis rerig ‘n hondelewe! 😆

  3. Ounooi sal daaroor kom. As sy nou pofadders gekraam het, het een haar dalk gepik en dan was dit tickets.😉

    • Hi Ounooi Xena, Welkom hier op my blog! LOL!! Ounooi het so byna-byna gekraam hier, jy moes haar net gesien en gehoor het, ek het net my ore plat getrek en my kop op my voor pote neergesit en my oe styf toegeknyp!🙂
      [Ek hou baie van jou perd-avatar. Ounooi het vorige inskrywings van my geplaas met perde-foto’s, perde is oulike diere!]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: