Sneeu! Wat is dit?

Ek het al voor Kersfees van sneeu geleer, maar ek verwonder my nog steeds aan hierdie sagte, wit goed. Ek ruik baie daaraan, want ek kan net nie gewoond raak aan hierdie wit kombers nie! Ek sak lekker weg in dit en dis prettig om daardeur te hardloop. As ek my business klaar gedoen het, vat ek so ‘n lang draai van die verste hoek van die tuin en laat waai tot by die agterdeur en soms gly ek sommer so in by die conservatory. [ek wonder of Ounooi Tharina van Nelspruit hier gaan uitkom, sy moet vir my ‘n boodskap los as sy my blog kry! sjoe! Ek sien uit na haar boodskap! Woef!] O ja, as julle op die foto’s kliek [soos party slim mense reeds gedoen het], dan kan julle ‘n groter foto sien en ook sien hoe diep my pote in die sneeu is en ‘n idee kry hoeveel sneeu geval het. Ounooi het nou net vir my gesê sy dink dit is sowat 20 cm diep. Maar dit het nog gesneeu nadat die foto geneem is. Die foto is gister oggend geneem en dit het die middag so teen 3nm weer taamlik erg geval]

Hier kan ek net nie genoeg kry van die sneeu nie, my neus is heeltyd teen die sneeu! Dis nogal lekker om daardeur te loop en ek wil nie altyd in huistoe gaan nie, dan roep Ounooi sommer harder en dis wanneer ek daardie lang draai hardloop.

Hier is ek naby die ou hok van die marmotte – hulle het lankal ‘n baie oulike nuwe hok gekry en hulle is altyd wintertyd in die garage – waar hul lekker warm snoesig is. Hier kan julle sien hoe dik die sneeu op die ou hokkie lê. Ai, sneeu is lekkkkkkkeerrrr!

4 Responses

  1. Lyk asof jy die sneeu geniet Zandie. Hier moet ons arme honde in die woestynduine rondhardloop🙂

  2. Hi Ounooi Sandra! Ja, ek geniet my gate uit, Ounooi het my so pas uit gehad vir ‘n “draaitjie” en ek het sommer los getrek en soos ‘n wille weghol-hond begin rondhol in die sneeu, kruis en dwars, ounooi het gedink ek is laf en sy se ek’s soos opgewonde tieners wat vir die eerste keer sneeu beleef. haha..ek geniet die sneeu baie en druk gedurig my neus effens in dit – ek dink daar is sneeuskatte begrawe onder hierdie dik laag sneeu! Ek voel jammer vir julle honne wat so in die hitte moet rondhardloop. Oubaas se my pels is lekker dik en hierdie koue maak my regrig niks nie, ek dink ek is “gebou” vir hierdie koue.🙂

  3. Hi Zandie jou foto’s is baie mooi en as ek nou ‘n hond was het ek ook mal gegaan in die sneeu, dit lyk so sag soos ‘n wol kombers. jy moet dit baie geniet hier in SA kry die honde baie warm ek dink Joey my hondjie beny jou baie. liefdetjies

  4. Hi Ounooi Tharina!! Ek is soooo baie bly jy het my blog gekry! Ja sjoe, die sneeu is lekker sag en my neus gly sommer so diep in dit in as ek so speel-speel ruik, ek druk my neus so in die sneeu in, net vir die grap!🙂 As ek klaar my draaie geloop het, is ek gewoonlik in die verste hoek van die tuin en as Ounooi my inroep, dan hol ek soos ‘n mal haas in die sneeu – so woerts warts kruis en dwars – net om dit bietjie te geniet voordat ek moet ingaan.🙂 Baie dankie vir my boodskappie en se hallo vir Joey! Jy moet vir my ounooi ‘n foto van Joey stuur, dan kan sy dit ook hier opsit, soos my ander honne-maatjie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: