Lekker dik en baie sneeu!

Sjoe, hierdie foto het Ounooi vandag geneem, byna ‘n week nadat die eerste vlokkies begin val het. Ounooi is gek oor die wit wêreld, ek ook, ek gee die sneeu sulke groot happe, ek het eers gedink dis spookasem![julle kan op hierdie foto’s kliek en dan sommer ‘n groter foto sien]

Hier sien julle my by my gunsteling boom, ek staan weer gereed vir die bal. Ek is ‘n sneeu-honne en hou van die sneeu, my pootjies kry nie eens koud nie, ek bokspring rond in die sneeu en kan nie verstaan hoekom Ounooi nie so lank in die sneeu kan bly nie.

Hier is ek besig om die bal uit die sneeu te grawe. Ek klap die bal met my poot om te sien waar hy is, Ounooi-hulle dink dis baie snaaks. Soms gooi boeta vir my ‘n sneeubal! Jitte, hoe dink hy moet ek dit sien en kry! Weet hy dan nie wat is ‘n ordentlike bal nie!

Hier is my gunsteling paadjie. Kyk net hoe mooi lyk dit!

Ai, om die bal net raakgevat te kry! Sneeu is groot pret!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: