Sneeu en truuks

Kkkkkkkkoue! Brrrrrrrrrr!! So het ek vandag van sneeu geleer! Ek kan vir julle een ding sê, sneeu is lekker koud! maar sjoe, die wêreld hier in ons tuin het skielik so anders gelyk en ek het nie mooi geweet wat dit was waarop ek getrap het nie. My pote het net baie aanmekaar koud gekry. Ek het gewonder wat Ounooi hier buite gestrooi het, sy het sekere gedink ek gaan daarvan hou. Kyk net hoe beteuterd lyk ek hier in die wit-koue!

‘n Hond moet doen wat ‘n hond moet doen – al sneeu dit! Ek het vinnig gedoen wat ‘n hond moes doen en baie gou teruggehardloop na Ounooi toe. Ek wou haar byna vra wat sy vandag met die tuin aangevang het, want alles is so wit en koud! Dis toe dat sy my leer van sneeu. Ek het so aan die sneeu geruik, dan sit daar ‘n klossie sneeu op my neus! Ounooi het gedink dit lyk snaaks, maar ek het nie mooi geweet waarvan sy praat as sy klossie sneeu sê nie.

Nog bewyse dat ek van sneeu geleer het!

en nog spore…

Oubaas het my ‘n nuwe truuk geleer – Ounooi het met die idee gekom! Sjoe, sy’s altyd die een met die idees…[moenie dat Oubaas dit lees nie!]

Ek rol om as Oubaas of Ounooi vir my rol sê, maar ek doen dit net as ek weet ek gaan ‘n lekker ietsie kry! Sjoe, nou kan julle sien ek is nog steeds ‘n slim honne. Oubaas wys met sy vinger ‘n rol-aksie en ek hou sy vinger goed dop en dan rol ek om!

[Ounooi maak verskoning dat sy lanklaas hier geskryf het. Sy is gelukkig nou klaar gemerk aan die boeta-en-sussa-goeters van die skool. Sjoe! Dit het haar party nagte laat wakker bly tot twee-uur die oggend, veral die laaste week in November het Ounooi bitter min geslaap om alles klaar te hê vir die 1ste Desember. Ounooi was sommer pootuit en sy gaan nou lekker vakansie hou.]

2 Responses

  1. Het jy gevra dat hulle vir jou 4 warm hondeskoentjies vir die koue gee vir Kersfees?

  2. Hi Ounooi Sandra, jongie, my pootjies kry nie so koud in die sneeu nie, ek hou baie van die sneeu. Ek het vandag ‘n windhond-honne gesien wat so beteuterd geloop het, ek dink HY het nou baie koud gekry.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: