Snuif-Snuif

Ounooi-hulle dink ek is nie ‘n opregte Kollie nie. Hulle het al so gedink toe hulle my gered het. Hulle dink ek is ‘n kruising tussen ‘n Kollie en ‘n Beagle. Siestog, kyk net daardie Beagle-foto wat Ounooi hier vir julle wys. Daar is ander wat meer opvreetbaar is. Hierdie foto’s van my het Ounooi vanoggend deur die sitkamervenster geneem. Sy wou nie die agterdeur oopmaak nie, anders sou my aandag afgetrek wees en sou ek sommer dadelik ophou snuif-snuif ronddraf oor die hele grasperk. Dus, Ounooi maak so bietjie verskoning, want sy moes dit deur die venster neem en op een stadium het my oog haar gevang, kyk net hoe loer ek vir haar.

Elke oggend moet ek eers oor die hele grasperk rondhardloop, ek moet elke graspolletjie uitsnuffel en deursoek en seker maak van al die diertjies en goggatjies wat die vorige nag hier rondgesluip het. Soms herken en die spoortjies van dieselfde besoekertjies en waai my stert geweldig as ek dieselfde diertjie se reuk kry. Ounooi dink ek wil die hele grasperk opruik, soos ek tekere gaan. Sy’s reg, ek moet seker maak wie ons tuin besoek en seker maak dis nie intruders nie. Ek weet hier loop baie keer krimpvarkies oor die grasperk. Oubaas het al enetjie gekry en my aan hom laat ruik, dit was so oulik om hom te sien en ek weet hy besoek ons tuin elke aand.

Op hierdie twee foto’s kan julle sien hoe speel ek met ‘n dik buiteband wat Oubaas vir my gegee het. Ek gebruik selfs my poot om die ding te rol en te kyk wat gebeur. Oubaas is baie slim as dit by speelgoed vir honne kom, hy gee altyd vir my goed wat my lank kan besig hou.

Hier ruik ek weer my krimpvark-maatjie. Ek het my stert so bietjie woes gewaai, maar julle kan dit ongelukkig nie op die foto sien nie.


Image: findoutaboutdogbreeds

Ek dink hierdie Beagle brakkie is baie, baie cute. Ounooi-hulle het lank terug ‘n Oubaas geken, Oubaas Johan, en hy het ‘n Beagle gehad en toe word sy hond gesteel! Dis darem nie mooi nie. Oubaas Johan was baie hartseer en Ounooi-hulle het my vertel watse oulike hond die honne was.

5 Responses

  1. Hi Zandie, dis rerig ‘n baie oulike foto! Eks ook bly jy hou die “intruders” bietjie weg daar . Dit begin seker nou al koud word daar by julle? Gelukkig het jy darem ‘n dik pels. 🙂

    • hi Oubaas Connie, dankie vir jou kommentaar, ja, my pels is gelukkig warm en dikkerig. Jammer dat ek nou eers hier vir jou woef!🙂

  2. Ja, die eerste ding wat ek gedink het, is dat dit maar lekker koud lyk daar! Brrrrr!! 😉

  3. Shame, Zandie, jy snuif nou al van 21 November af. Hoop jou Ounooi vat jou veearts toe. :mrgreen:

    • Sjoe! Ounooi Vlam, ek snuif-snuif so aanmekaar, jy sal dit net nie glo nie, ek snuif al die balle uit! en ja, dis brrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr koud hier by ons, Ounooi gaan nou sneeufoto’s van my hier plaas. Ek snuif-snuif so aan die sneeu dan sit daar so bietjie sneeu op die punt van my neus!!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: