Koningskind

English-Bulldog

Foto: Allposters

Oeeee!!! Ounooi is sooooooooo opgewonde! Sy het my byna onderstebo gehardloop van pure opgewondenheid. Sy het ‘n boek van die Kaap af bestel en uiteidelik die lang pad deur Centurion hier aangeland. Sy gaan vir julle bietjie van hierdie boek oor die naweek vertel en dit klink vir my hierrie honne het net so ‘n lekker lewe soos ek gehad. Sy naam is Keiser en hierdie honne storie gaan oor Keiser en al sy bedrywighede. [sjoe, nou klink dit soos ek!] Die boek was ‘n pryswennerboek in ‘n kinderboekwedstryd 1984 en het eerste prys gekry. Die honne in die storie lyk soos hierdie honne op die foto. Drie woefe vir iemand wat kan raai watter soort honne hierdie is. Ek sal nie vir Oubaas Connie hierdie keer kan vra nie, want ek het gehoor [by Ounooi] dat hy ‘n begrafnis die naweek in Bloemfontein het en Ounooi het ook vir my berigte gewys van Kimberley wat oorstroom het [Oubaas Connie het vir haar die link gestuur]. Siestog, Woef! Ek voel jammer vir daardie mense wie se huise nat en deurdrenk met water is. Dit moet darem nie lekker wees nie. Woef…sie julle later! Oeps, amper vergeet ek. Die boek se naam is: Koningskind en die skryfster is: Anita du Plessis. O ja, die van julle wat dalk wonder…my wonde is lankal gesond en ek is weer lankal perdfris en speel weer al die ander honne uit ‘n bos. Oubaas gooi nou glads twee balle vir my in verskillende rigtings en ek moet net kophou waarheen wat gaan en alles in my bek vir hom bring. Partykeer hou hy my vas en sĆŖ bly en eers as hy gaan sĆŖ, mag ek gaan en die balle gaan haal. Later hou hy my nie meer vas nie en ek bly sommer self as hy bly sĆŖ, maar ek moet julle net sĆŖ, ek kan nie wag vir wanneer hy gaan moet sĆŖ nie!

9 Responses

  1. Slim hond wat met twee balle kan speel. Jou oubaas of ounooi moet dalkies probeer wat ek met my hond doen – gooi ‘n handvol sand en se “fetch”. Jinne dan soek hy darem al daai korreltjies šŸ™‚

    • Ounooi Sandra! Dit is nou vrek snaaks! Ek sal bietjie vir Ounooi daarvan se, maar dink net aan arme ekke…hoe gaan ek daardie sandkorreltjies raaksien, sjoe! Arme honnes, ons het darem ‘n harde lewe met die base en ounoois! šŸ˜†

  2. Koningskind? Zandie, ek is nou SO nuuskierig. Se vir daai Ounooi van jou sy moet van haar alie af opstaan en ‘n ordentlike possie daaroor doen! Oukei?

    Ek kan nie ‘n kinderboek weerstaan nie! šŸ˜†

    • Hi Ounooi Vlam! Ek sal vir Ounooi dit sommer NOU se, sy sit in elk geval te veel op haar alie en skoolgoete doen, dis hoogtyd dat sy blog-goete doen. Ounooi is net so erg oor kinderboeke, dis die dat sy hierdie boek bestel het en juis nogal ‘n honneboek! [spesiaal vir my om honnestories vir my te lees] šŸ™‚

    • Ounooi Vlam! My Ounooi het so bietjie van haar alie opgestaan, as jy wil kom loer. šŸ˜†

  3. Zandie, lyk vir my niemand wil raai wat se honne dit is nie

  4. Natuurlik!, Dis ‘n Engelse Boel, en hulle is nie naastenby so slim honne soos jy nie! šŸ™‚

Kommentaar is gesluit.