Regte honnesport

 zandie01

Zandie02

Zandie03

Zandie04

Zandie05

Zandie07

Sjoe, het Ounooi nie lanklaas iets hier kom sê nie! Sy is ook so besig met haar werk en al die boetas en sussas se werk dat sy skaars lyk of sy lewe. Ek sien haar party dae ook net so vir ‘n vinnige vryfie en dan moet ek weer “skoert”, anders kry Ounooi ook nie haar werk gedoen nie. Maar Oubaas, sjoe, is hy nou uitputtend! Julle kan sommer sien hoe lyk ek op hierdie foto’s en dis als net sy skuld. Hy speel my poegaai en leer my sommer flink-flink allerlei speletjies. Julle moet net sien wat ek als kan doen – en dit deur al sy slimmigheid. Oubaas steek my speelgoed weg, eers druk hy my oë toe met sy een hand, dan gooi hy my speelding sommer net in ‘n rigting! Dan sê hy vir my loop soek! Dan weet ek dat ek my reuksintuie baie goed moet inspan en ek beruik elke hoek en draaitjie. Party keer gooi hy dit in dieselfde rigting, dan’s dit sommer maklik om dit te kry, maar ander kere gooi hy dit so ver weg dat dit my ure vat om dit te kry..ok, ek oordryf nou, eerder minute lank! Ek hou van die wegkruipspeletjie. Hy kruip my goed weg en ek moet dit soek! [ja, ja, daar hoor ek Ounooi sê dis nie wegkruip nie, maar weggooi-speletjie, maar ek hou van die wegkruip]. Op die een foto kan julle sien hoe gereed staan ek wanneer Oubaas sommer net die bal vir my gooi en soms verander ek my staanposisie – soos julle op die ander foto kan sien. ‘n Honne is ook net ‘n honne en jy kan ook net so lank in een posisie staan en wag. Julle kan sien hoe flou gespeel was ek hier, want op die een foto het ek nie eers meer krag gehad om die bal vlak voor my op te tel nie en op die laaste foto was ek sommer helemal hond-gedaan! Ounooi het nou ook slim geraak [of is dit nou pure luigeid], as ek vir haar my speelgoed bring en vlak by haar neersit, sê sy vinnig nee!  en hou haar hand uit na my, dan weet ek dat ek dit moet optel en in haar hand vir haar gee en as dit per ongeluk afval, dan sê sy weer vinnig nee!, dan moet ek dit weer optel en mooi in haar hand neersit. Sjoe, dit is darem harde werk as jy ‘n hond is en jy wil speel! Dan doen ek dit maar ewe gedweë, maar dan weet ek dat ek moet hardloop en my posisie inneem, want dan is sy gereed om te gooi!

Ek wonder of Ounooi Brandnetel en Oubaas Connie gaan opmerk dat my ore nou permanent regop staan.[o ja! Oubaas het my geweeg en ek weeg nou 12kg!][Jammer Ounooi Sandra, jou naam moes ook hier gewees het!!]

8 Responses

  1. Ek sien ook jou oortjies staan mooi regop en daai vriendelike lag van jou is te mooi. Slim honne.

  2. Jis maar dis ‘n pragtige hond. Ons het ook twee jong(swart) border collies en hulle het die pragtigste persoonlikhede. Hulle soek net baie aandag en volg my soos ‘n skaduwee.

    • Woef! Groot Voet, welkom hier! Ek hoop ek kan jou twee honnes sien. Ek gaan kom inloer by jou! Ek soek so graag honne maatjies en nou is ek gister “reggemaak” – so babatjies gaan ek nie nou meer kry nie!🙂

  3. Ek sien jy word nou ‘n regte dame. So fyntjies en fraai, en ja, tot die oortjies speel nou saam. 😉

    Ai, ek wens ek kon Zumie inruil vir jou. Ek glo my lewe sou heelwat makliker gewees het. 😆

    • Hi Ounooi Vlam! Arme ou Zumie, Ounooi-hulle sal hom graag hier wil he. Ek dink ek sal lekker by jou kan kuier! Ek is sommer ‘n baie maklike honne!🙂 Nou gaan ek na gister ook nie meer babas kan kry nie.

  4. jinne maar jy is ‘n pragtige kind!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: