Seisoene

DSC082599

Woef! Hallo julle almal, my voetspoortjies raak darem nou te skaars op hierdie blog van my. Ounooi sê ook dit raak vir haar darem nou te erg, maar sy hardloop ook deesdae rond soos ‘n dronk hoener met ‘n afkop. Party van julle weet al goed hoekom. Hier is ek vanoggend afgeneem in die lou-herfs-sonnetjie. Ai, my ogies is net-net oop, maar dit was so lekker om te kon sit in hierdie sonnetjie. Ek en Ounooi het bietjie na al die baie herfskabouters se werk gekyk. Ai, hulle raak darem nie moeg nie, net Ounooi!

DSC08268

Party herfskabouters verf baie mooi, dis wanneer hulle sulke spikkeltjies van die ander kleure ook meng met hulle kleure. Ounooi en ek hou veral van die gemengde blare. Ons dink dis te oulik geverf.

DSC08265

DSC08263

Ek hoop julle hou ook van al die kleure. Ek wonder wattter kleure daar by julle als is!

DSC02822

Hierdie Ingilse pub het ook in sy naam ‘n kleur. Die pienk kabouters was seker baie doenig hier. Die Pink Lily is waar Ounooi-hulle Vrydag na die inspeksie – wat so goed afgeloop het – ‘n doppie gaan drink het. Ounooi sê sy kon net ‘n halwe pint drink, want sy moes nog bestuur en Oubaas Alistair – op die foto – het nogal gedink sy is baie wys. [hehe] Ounooi sê die hoof was so bly gewees dat hy sommer vir almal ‘n gratis drankie gegee het. Sjoe, hy het heerlik en baie breed geglimlag!

DSC02824

Hier is ek, op die mat en moeg gespeel. Hierdie familie is bietjie uitputtend by tye en ek kan ook nie voorbly met al hulle idees van speletjies nie.

DSC08240

Kyk nou net byvoorbeeld hier, poegaai nadat ek hierdie besige familie moes entertain. Dit is baie, baie harde werk om ‘n honne te wees en ek wil net vir Ounooi Vlam sê, beloftes maak skuld – en as sy dalk nie weet waarvan ek praat nie, dan moet ek net een woord sê: Zumie!

4 Responses

  1. Hi Zandie, Pragtige herfskleure daar by julle!! Vannaand voel ek ook ek kan net gaan lê op ‘n plek en bietjie rus. Ek wonder darem ook wanneer kom daai Zumie foto🙂

    • hi Oubaas Connie, ons voel almal so op ‘n stadium, Ounooi voel vanaand ook so, sy het ‘n seer keel en haar stem is weg, sy fluister-fluister so vir my!🙂 Ek sien Ounooi Vlam roep my vir ‘n foto van Zumie!!!!

  2. Beloftes maak skuld, ja. Kry daai skewe ore van jou oor na my blog, oukei?! Zumie wag. :mrgreen:

    • Aitsa!!Ounooi Vlam, ek is so wakker soos ‘n rakker en in ‘n blits gaan ek NOU daar wees, se vir Zumie hy moet vir my waaaaaaaaaaaaaaaaagggg!!! My skewe ore kom ook saam!!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: