Tekens en dinge

DSC02153

Ek het nog soveel foto’s van stappaadjies wat ek julle nog nie gewys het nie. Julle sal die perde met hulle maskers onthou, hierdie twee paadjie-foto’s het Ounooi geneem toe ons huistoe gestap het van die perde af. Ek dink nou nog die maskers oor hul oë is snaaks.

DSC02140

Hier het Ounooi sommer vir my hardop gelees, gelukkig het ek nie ‘n motor nie, Ounooi moes darem eers woes aan my verduidelik het wat die teken beteken. Sy sê toe die teken help nie veel nie, want party mense ry steeds die paadjies – Oubaas was ook een van daardie “party mense”. Sie jy Oubaas, jy moet die reëls en wette van die land gehoorsaam wees.

DSC02128

Toe ek die teken sien, het ek gedink hierdie mens is bietjie moeg. Hy lê sommer so snaaks-plat op sy sy met ‘n snaakse lat-ding en ek was bang hy spring op my, daarom het ek maar net so entjie terug gestaan. Ounooi het gelukkig langs my gestaan.

DSC02136

Oe! Ounooi het so baie van hierdie foto gehou toe ons dit hier op my blog sit. Sy het net aanhoudend gesê sy wil ook so iets hê, ek weet nog nie mooi wat dit is nie, maar ek het die woord water baie gehoor, dit sal lekker wees, dan kan ek dit ook drink.

DSC02138

Hierdie plaas – julle sal die tiener-kuikens onthou en die skapies wat ek ontmoet het – is ‘n “free range”-plaas. Onthou ook, ek is ‘n “free range”-honne! Ek is “free” om te gaan waar ek wil gaan, onthou nê! Nou kan julle lees wat sê die teken, ek sal na die baba-skapies kan gaan kyk as hulle gebore word! Miskien kan ek hulle sommer bymekaarbring ook, maar ek leer nog van “bring”, ek is bietjie agter met my leerdery.

DSC02152

P290809_11.55

Aita! hoe lekker lê hierdie opslaanbank in die “conservatory”. Ounooi-hulle het gesê dis my bank en ek het gister te heerlik hier gelê en slaap. Kyk net hoe skelm is Oubaas met sy selfoon. Hy was bang dat Ounooi met wakker gaan maak met die ander kamera. Ek dink dis nogal ‘n kewl foto van my!

P290809_10.21

P290809_10.21[01]

Oubaas het gistermiddag weer fotograaf-fotograaf met my gespeel. Hy sê ek is ‘n goeie model-honne, want ek lê en “pose” vir die foto’s. Julle kan mooi sien hoe wil my oge net toeval op die eerste foto en kaplaks, daar is hulle mooi toe, albei lede bo-op mekaar! op die tweede foto. Die swart het darem so vinnig agter my oge ingekom, ek kon net nie langer wag nie.

6 Responses

  1. Jy’s ‘n gelukkige honde wat sulke lekker en mooi paadjies het om te gaan stap – g’n wonder jy wil net slaap nie. Jou mensie-familie hou jou beslis lekker besig🙂

    • Hi Ounooi Sandra! Ja, sjoe, hulle kan soms bietjie uitputtend wees en ander dae weer doodstil. Ek is so effe bly die skole begin die week, dan kan ek so bietjie rus kry.😆

  2. Dis baie oulike fotos. Lyk my oubaas word ook nou ‘n Papparazzi.🙂

    • hi Oubaas Connie, jy weet, Oubase hou altyd van die dinge van die Ounoois en dan wil hulle dit ook doen, Ounoois is slim, nê!😆 Oubaas het gehoor ons praat van mamma-razzi en toe voel hy bietjie alleen. Nou’s hy bly jy praat van pappa-razzi!🙂

      • Jy is gelukkig dat jou ounooi so slim is, meeste ounoois dink net hulle is slim.🙂 Miskien is jy so slim omdat jy ook ‘n dogtertjie honne is?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: